Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 May 201018 May 2010

Jong Koerdiese digter vermoor weens satiriese gedig

Koerdiese protesoptog

Die opmerking word dikwels gemaak dat poësie jou lewe kan red. Maar dat dit jou dood kan veroorsaak?! Tragies genoeg is dit presies wat met Zardasht Osman, ‘n 23-jarige Koerdiese joernalis en student aan die Universiteit te Erbil, gebeur het toe hy vermoor is nadat hy dit durf waag het om ‘n satiriese gedig oor Massoud Barzani, president van die Koerdiese semi-outonome streek in Noord-Irak, te publiseer.

Osman, wat glo ‘n geruime tyd al onder ‘n skuilnaam vir die klandestiene Kurdistanpost geskryf het, het sy gewraakte gedig in Desember verlede jaar in dié tydskrif gepubliseer. Daarna het hy etlike dreigoproepe ontvang. Einde laas is hy twee weke gelede uit sy koshuis ontvoer en vier dae later is sy liggaam langs die snelweg gevind; met vasgebinde hande en twee koeëlwonde aan sy kop.

Sy dood, wat allerweë voor die deur van Barzani se veiligheidspolisie gelê word, het wye protes uitgelok en verlede week was daar selfs ‘n opmars deur honderde studente na die parlementsgebou om ‘n brief van protes aan die owerhede te oorhandig waar hulle hul in ‘n barrikade van polisie vasgeloop het.

New York Times se verslaggewer het dit soos volg gestel: “The students scuffled with baton-wielding riot police officers. Some waved their shoes and threw water bottles and pieces of broken glass at soldiers and police officers. ‘Whose hands are stained with the blood of Zardasht?’ they asked […] The killing sent shock waves through the tightly controlled Kurdish region of northern Iraq, which has prided itself over the past few years on being, unlike the rest of the country, a secure haven for foreign investors, including dozens of oil and gas companies […] Traffic came to a standstill in parts of Erbil on Monday as students, most of them dressed in black, marched from the spot where Mr. Osman was abducted to the Parliament building. A group carried a mock coffin draped in black with the word azadi, meaning freedom in Kurdish, scrawled on it. Many waved portraits of Mr. Osman. ‘Democracy is a delusion here,’ said one protester, who spoke on the condition of anonymity for fear of retribution for his comments.”

Lees gerus die volledige berig op New York Times se webtuiste. Die gedig deur Zardasht Osman, in Engelse vertaling, kan op die National Review se webtuiste gelees word.

***

Vanoggend kan jy Bernard Odendaal se Digstring oor sy aangrypende vers “Die kind is steeds nie dood nie” lees.  Verdermeer is daar besonderse blogs geplaas deur Andries Bezuidenhout, waarin hy ‘n argitektoniese waardering gee van die kerk by Op-die-Berg, Jo Prins wat smag na ‘n ekonomiese verandering en Ilse van Staden wat vertel van verlore gunstelingbundels – ‘n bydrae wat haar terselfdertyd kwalifiseer vir vandeesmaand se Blogfokus.

Onthou – die maand lê reeds aan die verkeerde kant van die bed; daarom, indien jy nog wil deelneem aan hierdie maand se blogfokus sal jy jou so stadigaan moet begin haas …

Ons sien uit na jou deelname.

Mooi bly.

LE

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Stephan du Toit. Musk stel ‘slimste KI tot nog toe’ bekend
  • Corlia Fourie. Oë van die tyd
  • Resensie: "Antjie Krog: ʼn  Ondersoekte lewe.  ʼn Huldiging" (Louise Viljoen, Red.)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. La dolce vita
  • Anne-Marie Bartie. riem telegram
  • Anne-Marie Bartie. dialoog
  • Paul Kloppers. die belangrikheid van byhou
  • Andrea Sieberhagen. Die kleur van stilte

Nuutste kommentaar

  1. Bester on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …12 March 2026

    Dankie vir die kommentaar Dietloff. Ek het twee weke terug afgekom op Eklips in ʼn boekwinkeltjie vir R10. Haal sommer…

  2. Jan Breet on Resensie: “Seine” (Koos de Wet)11 March 2026

    Is hierdie 'n resensie of 'n lesing oor die digkuns?

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …8 March 2026

    Baie dankie vir hierdie persoonlike siening en waardering van Breyten se werk.

  4. Gerard Scharn on Gerard Scharn. dirge6 March 2026

    Baie dankie meneer Odendaal.

  5. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d