Philip de Vos. Under Milk Wood

Gisteraand op TV sien ek ’n uitmuntende produksie van Thornton Wilder se Our Town met Paul Newman en onmiddellik trek my gedagtes na die dorpie Llaregubb van Dylan Thomas en onthou ek my eerste kennismaking met die wonderlike eerste woorde van die radiodrama Under Milk Wood:

To begin at the beginning:

It is spring, moonless night in the small town, starless and bible-black, the cobblestreets silent and the hunched, courters’-and rabbits’ wood limping invisible down to the sloeblack, slow black, fishingboat-bobbing sea. The houses are blind as moles (though moles see fine tonight in the snouting, velvet dingles) or blind as Captain Cat there in the muffled middle by the pump and the town clock, the shops in mourning, the Welfare Hall in widows’ weeds. And all the people of the lulled and dumbfound town are sleeping now.

Dit was in die laat vyftigerjare dat ek met hierdie toneelstuk kennis gemaak het. Langspeelplate was ’n nuutjie en ek was lid van ’n plateklub wat elke maand ’n plaat gevraagd of ongevraagd vir jou aangepos het. ’n Maand voor die tyd het hulle reeds aangekondig wat die volgende plaat sou wees, en jy kon dit bestel of afwys. Die maand toe ek vergeet het om te beantwoord het Under Milk Wood ongenooid by my beland.

Alhoewel ek dikwels nie van die woorde verstaan nie, was dit dit dikwels die klanke en klankkombinasies en woordbeelde wat my betower het.

En toe ek begin luister na Richard Burton met ’n Walliese toneelgroep kon ek nie glo dat woorde so mooi kon wees nie. Die plaat was later byna deurgespeel en toe ek vir die eerste keer Europa besoek het ek seker elke woord reeds geken.

In 1971 was ek in Amsterdam by ’n opvoering van hierdie werk in vertaalde vorm. Tien spelers, almal swart aangetrek wat op hoë kroegstoeltjies sit, het die Nederlandse teks voorgedra. En ek kon geen enkele woord verstaan nie en het alleen geluister na die klanke. Is dit dus altyd nodig om elke woord te verstaan of moet jy maar soos met die luister na ’n stuk van Debussy net die klanke om jou laat spoel al weet jy eintlik niks van musiek af nie?

In 1992 is ’n TV-rolprent gemaak van hierdie spel vir stemme met Richard Burton, Elizabeth Taylor en Peter O’Toole. Beelde op ’n skerm moes nou kompeteer met Dylan Thomas se woorde en so het die woorde skielik tweede plek gespeel. Nee, Dylan Thomas het dit a play for voices genoem en dit is hoe dit, myns insiens, moes gebly het.

 

(foto: Philip de Vos)

’n Paar jaar na my ontdekking van Dylan Thomas, ontdek ek die kortverhale van Ray Bradbury. En hierdie keer was dit die omslag van ’n sagtebandboek I Sing the Body Electric wat ek tweedhands in die hande gekry het sonder dat ek enige iets destyds van hierdie skrywer geweet het.

’n Week of wat later het ek ’n naweek alleen in die Kommetjie-hotel deurgebring. Ek onthou dit was ’n koue nag en daar was nie genoeg komberse op die bed nie. Buite was dit mistig en elke keer was daar die blits van die vuurtoring teen my hotelvenster. En daardie aand het ek Ray Bradbury se woorde ontdek:

Die eerste kortverhaal was toevallig The Fog Horn.

Out there in the cold water, far from land, we waited every night for the coming of the fog, And it came, and we oiled the brass machinery and lit the fog light in the stone tower. Feeling like two birds in the grey skey, McDunn and I sent the light touching out, red, then white, then red again to eye the lonely ships. Then there was also our Voice, the great deep cry of our fog Horn shuddering through the rags of mist to startle the gulls away like decks of scattered cards and make the waves turn high and foam.

Die aand daar buite en die verhaal het alles so ’n eenheid gevorm en nou en dan was daar Bradbury se spel met woorde:

The ocean burned. Like lightning in the reversed sky of the sea it was aware. It was old and beautiful. Out of the deeps it came indolently. A shell, a wisp, a bubble, a weed, a glitter, a whisper, a gill. Suspended in its depths were brainlike trees of frosted coral, eyelike pips of yellow kelp, hairlike fluids of weed. Growing with the tides, growing with the ages, collecting and hoarding and saving unto itself identities and ancient dusts, octopus-inks and all the trivia of the sea.

Het ek my dit verbeel of was dit somtyds die stem van Dylan Thomas wat met ’n eenvoudiger, dog steeds poëtiese stem met my gepraat het?

Hoe dit ookal sy. ’n Rukkie later het ek twee bewonderaarsbriewe gekryf. (Die enigste ooit.)

Die eerste een was aan Annie M.G. Schmidt (’n brief wat nooit beantwoord is nie) – ek het in elk geval geen antwoord verwag nie en die tweede een was vir Ray Bradbury.

En voor in my uitgawe van The Stories of Ray Bradbury het ek steeds ’n poskaartjie uit Parys wat op 13 Julie 1994 deur hom aan my geskrywe is:

Thanks for your warm and loving words about my books. To have you mention me along with Dylan Thomas was superb! Bless you! Live long and prosper!

Ray Bradbury.

En al hierdie gedagtes net omdat ek gisteraand na ’n uitsending van Thornton Wilder se Our Town gekyk het.

Vir dié wat graag wil luister. Op You-tube lees Richard Burton die eerste paar minute van Dylan Thomas se Under Milk Wood oor ’n dag in die dorpie Llaregubb (wat agterstevoor gespel eintlik buggerall is)

 

 

 

http://www.youtube.com/watch?v=uuPO2Kvqlms

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Philip de Vos. Under Milk Wood”

  1. booswig :

    Wonderlik, die evokatiewe krag van woorde. Mnr De Vos laat my onthou hoe ek, terwyl die myle onder my motorwiele wegrol, deur die olyf en goud Oos-Vrystaatlandskap ry met Thomas se woorde in sy eie en ander stemme deur my kop weerklink. Dis ‘n opname van die premiere opvoering op 14 Mei 1953. So opgetoë was ek met hierdie werk dat ek dit vir almal wat ek ken wou uitleen. Telkens het ek dit teruggekry met kommentare dat dit regtig onverstaanbaar is, nie eintlik iets om na te luister as ‘n mens ry nie ens. ens. Intussen luister ek na al die jare nog daarna met dieselfde onverdunde vreugde as daardie eerste keer. Ray Bradbury, soos talle ander uitstekende SF skrywers word nie eintlik deur die hogere letterkunde erken nie, laat staan nog geëer. En dis ‘n verlies vir die letterkunde. Ek is ‘n skaamtelose fên van SF. Van Asimov tot Yolen. Bradbury op sy beste kan woorde laat vonk en blits en wat meer is hy laat idees vonk en blits en hoeveel letterkundige kortverhaalskrywers slaag daarin? Vergeet nou maar die middelmatige rolprent, maar wie sal nie Fahrenheit 451 onthou as hy/sy dit eenmaal gelees het nie?Dis jammer dat Annie M G Schmidt hier haar briljante verwerkings van die Spree met Foete
    se brief beantwoord het nie. Soos mense wat nie SF lees nie, het sy heelwat misgeloop. Lank lewe skrywers met verstand en talent.

  2. Philip de Vos :

    Ek moes al lankal geantwoord het, maar met my was dit nog altyd ‘n geval van uitstel, sodat ek selfs eenkeer gradefoto’s van ‘n vriend geneem het en hy dié foto’s eers 20 jaar later gekry het.
    Wat ek wel voorheen wou noem, was ‘n pragopname CD van Under Milk Wood met musiek en sang en met woordkunstenaars soos Anthony Hopkins en Jonathan Pryce.

  •