Wimbledon kry ‘n toernooidigter

Matt Harvey

Matt Harvey

Nou ja, toe. Dit wil voorkom asof daar geen keer is aan die voortstuwende oplewing van die digkuns in Brittanje en die aandag wat dit tans daar geniet nie … Dalk onder invloed van die Iere waar die digkuns dekades reeds as ‘n integrale deel van hul lewenswyse beskou en bedryf word? (Toemaar, ek’s maar net ‘n bietjie moedswillig vanoggend.)

Nietemin, die Britte het nou in hul alwysheid besluit om ‘n toernooidigter vir die Wimbledonse tenniskampioenskap wat oor ietwat minder as ‘n maand begin, aan te stel. Hy is Matt Harvey, ‘n “soft-spoken poet” van Cheshire wat meestal bekend is as ‘n podiumdigter.

Van hom sal verwag word om elke dag van die toernooi ‘n gedig te produseer wat op die amptelike toernooi-blog, twitter en facebook gepubliseer sal word.

Die besluit om in samewerking met die Nasionale Poetry Trust ‘n toernooidigter aan te stel, was glo die inisiatief van die Wimbledon Lawn Tennis Museum. “We are always examining different ways of interpreting the championships and this year the club agreed that having an official Championships Poet would provide a novel and interesting way of doing this,” het die kurator, Honor Godfrey, aan BBC News gesê. En Harvey se reaksie op dié aanstelling? “It’s an honour, and I’m acutely conscious it’s the only time I’ll come first in anything at Wimbledon, unless you count the queue for strawberries,” het hy gesê.

Op ‘n vraag waaroor sy daaglikse verse gaan handel, het hy soos volg hierop in die Times Online reageer: “I want to write about the umpire’s empire. He’s the potentate of an empire that doesn’t extend very far. He doesn’t rule over all, but he can overrule. […] I’ve (also) got to make sure I touch upon strawberries and cream, Cliff Richard and barley water. They are clichés, but I feel I ought to put them in because I want to start with people’s shared experience of Wimbledon and expand upon it.”  

Matt Harvey behoort sy sterre te dank dat Martina Navratilova nie meer by Wimbledon betrokke is nie, want nie net sou dit ‘n helse tandekners afgegee het om haar naam (en van) sinvol binne ‘n bepaalde vaste rympatroon te hanteer nie, maar – deur met háár die gek te skeer – kon jy jou loopbaan as eerste toernooidigter dalk net op ‘n ietwat ongemaklike manier voortydig tot ‘n einde gebring het …

Hoe dit ook al sy, hieronder volg Matt Harvey se gedig “Grandest of Slams“, die gedig wat na alle waarskynlikheid dié ongewone eer aan hom besorg het.

***

Goeie nuus vanoggend is dat ons tans besig is om die moontlikheid van ‘n derde “kollektiewe” blog, “Buiteblik“, te ondersoek. Dit sal ‘n blog wees wat deur ‘n groep “buitelandse korrespondente” bedryf word. Daarom – indien jy weet van iemand met ‘n belangstelstelling in die digkuns wat hom of haar tans iewers in die buiteland bevind en (dalk) bereid sou wees tot deelname, kan jy ons gerus hieromtrent inlig. En dalk kan ons gedurende Wimbledon ‘n eerstehandse verslag kry van Matt Harvey se geskrifte … Sal dit nie wonderlik wees nie?! Ai, mijn ogen die zijn by voorbaat jubelant.

Sedert gister is daar sommer heelwat nuwe plasings: Philip de Vos bring met sy unieke vertelstyl Thornton Wilder, Dylan Thomas en Ray Bradbury, Desmond Painter skryf oor taalstereotipering en liggaamlikheid terwyl Jo Prins weer ‘n besonderse bydrae lewer oor ‘n foto en die storie daaragter. In die vertaalkamers is daar vier gedigte deur Charl-Pierre Naudé (wat hy self vertaal het) geplaas. Dié verse is geneem uit sy bundel “Against the light” (2007: Protea Boekhuis) geneem en word met die toestemming van die uitgewer geplaas. En dan het daar ook nog twee Wisselkaarten bygekom: Edwin Fagel skryf sy derde brief aan “O” en Chris Coolsma lewer sy tweede “Ankerpunten” oor misverstande jeens die aard van die poësie. 

Ten slotte moet ons vandag afskeid neem van Ilse van Staden as blogger. Sy het reeds aan die begin van die maand laat blyk dat sy aan die einde van Mei haar blog gaan opsê. Ilse was van die begin af ‘n staatmaker-medewerker vir ons en het met haar besonderse aanslag ‘n belangrike bydrae tot die webblad gelewer. Hiervoor sê ons namens al haar gereelde lesers baie dankie en wens haar alle voorspoed toe.

En daarmee groet ek eers weer.

Mooi bly.

LE

 

Grandest of Slams

By Matt Harvey

Excuse me. I’m sorry. I speak as an Englishman

For the game of lawn tennis there’s no better symbol than

Wimbledon

The place where the game’s flame was sparked and then kindled in

Where so many spines have sat straight and then and tingled in

Wimbledon

Where strawberries and cream have traditionally been sampled in

Kids’ eyes have lit up and their cheeks have been dimpled in

Wimbledon

Where tough tennis cookies have cracked and then crumbled in

Top seeds have stumbled, have tumbled, been humbled in

Wimbledon

Where home-grown heroes’ hopes have swelled up and then dwindled in

Wimbledon

The Grand Slams’ best of breed, it’s the whizz it’s the biz

The temple where physics expresses its fizz

There’s one word for tennis and that one word is

Wimbledon

 

© Matt Harvey, The Championships Poet 2010

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •