Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 May 201027 May 2010

Nijhoff se “Awater” nou in Engels

Martinus Nijhoff
Martinus Nijhoff

De Contrabas berig dat Martinus Nijhoff se klassieke gedig, “Awater“, met sy drie Engelse vertalings nou in een band by Londen se Free Word Centre bekend gestel gaan word. Nie net is Nijhoff een van die grootste digters ooit nie, maar “Awater” (saam met sy gedig “Het uur U“) is waarskynlik van die mees invloedryke tekste wat tot nog toe deur die Nederlandse digkuns voortgebring is. Ook Joseph Brodsky het in 2003 erkenning gegee aan hierdie uitsonderlike digterskap: ‘A very good Dutch poet is Nijhoff. His poem Awater is the poem to reckon with, one of the grandest works of poetry in this century. It’s a completely different thing. This is the future of poetry, I think, or it at least paves the way for a very interesting future.’

Die drie Engelse weergawes word deur Anvil Press Poetry uitgegee en is deur Thomas Möhlmann versorg. “Awater” is die eerste keer in 1949 vertaal deur Daan van der Vat (in samewerking met die digter), daarna deur James Holmes (1956) en nou deur David Colmer; ‘n opdrag wat hy op versoek van die Nederlands Letterenfonds uitgevoer het. Saam met dié drie vertalings sal volgens De Contrabas se berig ook die volgende in dié uitsonderlike publikasie opgeneem wees: ” […] de Engelse vertalingen van Nijhoffs correspondentie met Van der Vat, een essay van David Colmer, Nijhoffs beroemde Enschedese lezing, waarin hij de totstandkoming van Awater toelicht, en een nawoord van Nijhoffkenner Prof. dr. Wiljan van den Akker. “

Vir jou leesplesier plaas ek die eerste strofe uit Nijhoff se beroemde gedig hieronder. Die volledige gedig kan hier gelees word.

***

Vanoggend kan jy Gilbert Gibson se bydrae tot Digstring lees. Dit handel oor die ontstaansgeskiedenis van sy vers “Another roadside attraction“. Aan die blogkant van sake is daar nuwe inskrywings deur Andries Bezuidenhout en Niel van Deventer. Ook kan ons bekend maak dat Willem Fransman jnr. vir Ilse van Staden, wat onlangs haar uittrede aangekondig het, as blogger sal vervang. Hy sal binnekort sy eerste bydrae lewer.

‘n Stiller dag, dus. So – gebruik die geleentheid om op jou agterstallige leeswerk in te haal.

Mooi bly.

LE

 

Awater

 

Wees hier aanwezig, allereerste geest,

 

die over wateren van aanvang zweeft.

 

Uw goede oog moet zich dit werk toe keren,

 

het is gelijk de wereld woest en leeg.

 

Het wil niet, als geheel een vorige eeuw,

 

puinhopen zien en zingen van mooi weer,

 

want zingen is slechts hartstocht van een zweer

 

en nimmer is, wat ook, ooit puin geweest.

 

Een eerste steen ligt nauwelijks terneer.

 

Elk woord vernieuwt de stilte die het breekt.

 

Al wat geschiedt geschiedt nog voor het eerst.

 

Geprezen! Noach bouwt, maar geen ark meer,

 

En Jonas preekt, maar niet te Ninive.

 

 

© Martinus Nijhoff (Uit: Awater)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  2. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  3. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  4. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d