Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 May 201010 July 2024

Pieter Hugo. Rugby het ‘n digter nodig soos wat SA ‘n Schuster nodig het

Daar is tog geen twyfel dat digkuns as hoge kultuur gereken word nie. Kultuur kom egter in vele vorme, hoog en populêr. Die meeste van ons kultuurvrate met ons neuse in hoge kultuur staan terselfdertyd met ons voete in die modderbad van populêre kultuur. Soos rugby, byvoorbeeld. Oeps, het ek dalk nou op ‘n paar modderige tone getrap?

Schuks ...
Schuks …

Laat Saterdagmiddag gaan kyk ons toe die nuutste Leon Schuster fliek. Net mooi toe die res van die land letterlik of virtueel op Orlando Stadion sit. Dis nie dat ek nie in rugby belangstel nie. Goeiste, man, ek weet ten minste dit was die tradisionele eindstryd tussen Noord en Suid. Ek weet ook dit was nie die Currybeker finaal nie. En dat die veldslag in Soweto plaasgevind het. Mét vuvuzela begeleiding.

Dit mag dalk ‘n debatteerbare punt  wees, maar ek persoonlik dink nie dis nodig om veel meer as dit te weet van ons grootste georganiseerde nasionale misdaadverskynsel nie. Ons het darem die motorradio op RSG se rugbykommentaar gehad op pad fliek toe. Dit was ter ere van die Stormers wat vir die eerste keer ooit die Super 14 eindstryd gehaal het. (Kyk hoe verbaas ek myself met hoeveel rugbykennis ek wel het. Alles Die Burger se skuld. Suiwer indoktrinasie.)

Op soek na woorde om ‘n besondere stukkie aksie op die veld te beskryf, sê die kommentator toe dat daar eintlik ‘n digter nodig was om dit ráák te beskryf. Dit het my onmiddelik aan die dink gesit, sodat ek nie verder gehoor het wat op die veld gebeur nie.

Dink is natuurlik nie ‘n voorvereiste om ‘n Schuster fliek te geniet nie. Jy skakel jou brein af en lag dat die trane loop vir almal wat uitgevang word met Schuster se “candid camera”.

Na die tyd het ek die fliek weer van voor af oor geniet. Op ‘n denkende manier. Wat éintlik snaaks is in die fliek, is hoe Suid-Afrikaners, keer op keer, onmoontlike of absurde gebeure goedsmoeds as ‘n gegewe werklikheid aanvaar. Hulle protes, wat dikwels met vloekende woede en soms selfs met klappe en stampe gelewer word, is telkens net teen die “oortreders” of “beamptes”, sonder om ‘n oomblik te twyfel aan die werklikheid van die gebeure.

Hiermee wys Schuster dat ons duidelik al so vuisvoos gemoker is met al die absurde nuusgebeure in ons land, dat ons feitlik enigiets sal glo. En dít is juis wat dit so snaaks maak. Én so hartseer. Én so verontrustend. Want soos wat ons al hoe meer belaglike absurditeite as “dis nou maar Suid-Afrika” aanvaar, kom die politieke en ander magshebbers met al hoe meer vergrype weg.

Dankie Schuster. Jou fliek is nie net “slapstick” vermaak nie. Dis ook sosiale kommentaar.  ‘n Soort van “state of the nation” opname wat jou ‘n koue rilling gee na die lagtrane afgevee is. (Ha! Kyk hoe mooi netjies het ek julle nou oortuig dat ons eintlik hoge kultuur gaan pleeg het deur “Schuks Tshabalala’s survival guide to South Africa” te gaan kyk terwyl julle in die modderkultuur van rugby rondgeploeter het!)

Toe ek uiteindelik die uitslag van en kommentaar op die rugbystryd hoor, het dit my vroeëre gedagtes oor die nodigheid van ‘n digterlike invloed in rugby bevestig. Behalwe vir die onbenullige detail van die eindtelling wat in die guns van die Bulls was, is dit tog duidelik dat die Stormers werklik die beste span op die veld was. Hulle het die mooiste gespeel, die meeste én mooiste drieë gedruk, en boonop die dapperste aanhou veg tot aan die einde. Maar blykbaar werk rugbyreëls nou maar so dat die span met die meeste punte wen. Al is feitlik al daardie punte deur een ou met ‘n skopskoen aangeteken.

Dis hier waar rugby se reëlmakers ‘n bietjie digterlike invloed nodig het. In die poësie gaan dit mos nie soseer oor wát gesê word as oor hóé dit gesê word nie. Gedigte kry nie geel kaarte en strafskoppe oor grammatika en punktuasie wat soms nie die gewone taalreëls volg nie. Nee, dis mos kuns, met digterlike vryheid.

Rugby behoort dus ‘n paar digters as bykomende skeidsregters by elke wedstryd te hê. Hulle kan dan ‘n rits punte toeken vir voorbeelde van besonder kunstige spel, maak nie saak of dit wel op ‘n drie of ‘n strafskop uitloop nie. Laasjaar se aanbod van balletklasse vir die Springbokke sal dan ook skielik nie meer so vergesog wees nie. Dit sal boonop ook tot gevolg hê dat rugby heelwat van sy afknouerige misdaadfaktor verloor.

Wie weet, ek mag dan selfs oorweeg om ‘n TV te gaan koop en begin rugby kyk.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

11e gedagtes oor “Pieter Hugo. Rugby het ‘n digter nodig soos wat SA ‘n Schuster nodig het”

  1. Pieter Hugo says:
    2 June 2010 at 17:33

    Ha-ha, Louis. Ek kan nie wag vir maandag se antwoord nie. Intussen sal ek maar net sê dat jy my nog sal leer as meer tong in die kies as nie en voortdurend klippe in die bos aan’t gooi. Maar dit help uiteraard ook met die nimmereindigende soektog na perspektief, nê?
    En , bloot omdat ek nog nooit op Nuweland was nie (nee, ek lieg, ek het al krieket gekyk daar), beteken dit nie ek hou nie van sport nie. Kan ek jou ‘n slag saamnooi Killarney toe vir motorresies?

    Reply
  2. Louis says:
    2 June 2010 at 16:43

    Hei-hei, Pieter. Nou krap jy waar daar geen gejeuk was nie. Die poësie het uitermate te make met perspektief; daarom onderneem ek hiermee om die volgende weke ten minste één Nuuswekker per week te pleeg oor ‘n bepaalde sportsoort waarvan ek ‘n meer as terloopse kontak kennis dra. (Ongelukkig bepaal die volgende twee Nuuswekkers hul eie aard. So, ek sal jou in Maandag s’n antwoord.)
    Vriendelike groete,
    Louis

    Reply
  3. Pieter Hugo says:
    2 June 2010 at 14:40

    STATE OF THE NATION: As jy wil reaksie kry, skryf oor rugby, selfs op Versindaba…

    Reply
  4. Chris Coolsma says:
    1 June 2010 at 14:40

    Vir voetbal (bafana bafana) bestaan in Nederland al tal van jare literêre blade, as ‘Hard Gras’. Skrywers als Cees Buddingh (‘Het bruine monster’), Nico Scheepmaker (skitterend boek oor Cruyff), Henk Spaan, Jan Mulder en tal van andere skrywers het oor hierdie sport gedigte en verhale geskryf. Ek beloof ‘n bydrae aan Wisselkaarte oor dit tema. In die Liechtensteinertyd het ek ‘n spotgedig gemaak oor die Ajax Arena in Amsterdam, ‘n gebou waarin die gras nie wil groei nie en die bobo’s (big bosses) met hulle kommersie die suiwere sport verdring.

    GERECHTIGHEID (Chris) (101) (30-6/11-7-00)

    Ik had vannacht een groots visioen:
    een ruimteschip op hoge poten,
    de deuren dicht, het dak gesloten,
    met daaromheen het legioen

    en in het vliegschip van de poen
    de bobo’s en hun bentgenoten,
    de hooligans, dat pak malloten,
    gevangen, niks meer aan te doen.

    Er werd met gusto afgeteld.
    De galmbak steeg toen met een knal
    van zijn zozeer gemaltraiteerde veld

    en eclipseerde. Reuters meldt:
    ‘Arena maakt een vrije val
    En explodeert op verre vuilnisbelt’.

    Reply
  5. francois verster says:
    1 June 2010 at 08:24

    Nee, dis reg Louis – ek weet van Tom (het ‘n paar rugbyboeke deur Craven, Booyens, Greyvenstein ens.); ek was sarkasties – ons Kapenaars is steeds gekneus na Saterdag! Maar Naas was ‘n grote – love him or hate him, hy was briljant en as hy nou nog gespeel het, was die telling selfs hoer, met respek aan Steyn. Oor kompetisie: dis in ons gene, anders sou ons nie vorder nie. Jammer vir die newe-effekte … as oud-onderwyser weet ek genoeg daarvan!

    Reply
  6. Louis says:
    31 May 2010 at 16:03

    Francois, daar is selfs nog ‘n rugbyspeler wat lánk voor Naas Botha professionele rugby begin speel het en dit is Tom van Vollenhoven. (Volgens Wikipedia is hy aan die einde van die 1950s uit die Springbokspan geskors is nadat hy “rugby league” begin speel het vir Saints, ‘n klub in Engeland. Blykbaar hou hy vandag nog die rekord vir die meeste drieë: 392 in 408 wedstryde.)
    Nietemin, jou slotsin sluit aan by my versugting aan die einde van my kommentaar hierbo. Vroue is sedert die middel 1900s (en beslis in die onlangse verlede) waarskynlik nét so kompeterend soos mans. En met goeie reg, want hoe anders sal hulle staande kan bly – en hulself as individu laat geld – in ‘n hoogs kompeterende samelewing wat grotendeels deur “die man” tot stand gebring is?! Maar nou ja, soos die cliché dit wil hê: Vroue wat aspireer om mans se gelyke te wees, het g’n ambisie nie. Of wat praat ek nou?!

    Reply
  7. francois verster says:
    31 May 2010 at 14:59

    A, ek sien jy het ook “‘Die Goue Seun” gelees – good for you, Pieter. Maar ek wonder – Naas Botha sal mos kapsie maak dat ‘n WP-ou (of is dit Boland?) voor hom met daardie titel behang is! Uys het immers nie vir Rovigo EN die Dallas Cowboys gespeel nie!
    En om aan te sluit by Louis: die sg. swakker geslag is net so kompeterend – dink aan dogters (en selfs met ma) vir pa se aandag!

    Reply
  8. Pieter Hugo says:
    31 May 2010 at 14:34

    Louis, ek wil graag byvoeg by jou opsomming van die essensie van manwees. Ek stem saam met kompetisie, maar voeg daarby mannemoed.

    Dink net watter mannemoed het dit van my geverg om op Versindaba te erken dat ek ‘n Leon schuster fliek gaan KYK en boonop GENIET het!

    Reply
  9. Pieter Hugo says:
    31 May 2010 at 14:30

    Francois, Uys Krige was miskien nie ‘n Springbok nie, maar hy was wel die eerste Suid-Afrikaanse professionele rugbyspeler.
    Absulute abulusie toegestaan. Ek is self ook “skuldig” aan die modderkultuur – het selfs eenslag ‘n HELE rugbywedstryd deurgekyk: DAARDIE finaal in 1995

    Reply
  10. Louis says:
    31 May 2010 at 13:41

    ‘n Klompie weke gelede vra ‘n (vroue)kliënt my heel pertinent na wat die “essensie” van man-wees is. (Dis nou toe ek ewe vreedsaam by haar en ‘n vriendin verbykoes terwyl hulle dié ontwykende begrip bepraat.) In my verbouereerdheid was ek sprakeloos en kon geen antwoord bedink nie, behalwe ‘n vae, dog vriendelike gemompel. Nietemin, ek het die saak bedink en toe sy enkele dae later weer in die winkel kom, kon ek haar antwoord: kompetisie. Van kleins af word die baba-seuntjie al daarmee geborsvoed. Selfs Freud het dit geïdentifiseer deurdat die “pa” as eerste “opponent” gestel word. Dié kompetisie-drif is myns insiens die dryfkrag (en verminking) van ons samelewing; of dit nou in die modder, raadsaal of op papier geskied. Sport is maar gewoon die uitvloeisel daarvan.
    En ja, toegegee: met sulke kragtige/dominerende voorbeelde van “manwees” het vroue die afgelope dekades meteens vinnig bygekom. Sug.
    C’est la vie.
    Louis

    Reply
  11. francois verster says:
    31 May 2010 at 11:40

    Net ‘n kriptiese voetnoot Neef Pieter (skielik dink ek aan Langenhoven se moddepote ha-ga-ga en klink pieter plieter ploeter so na aan mekaar, hehe)- met alle respek, en jy weet ek is jou pel, ek terg maar net; dink so hieroor: Uys Krige het beweer dat as hy gedroom het, was hy ‘n Springbok, nie ‘n digter nie. Sy pa se indoktrinasie miskien,toegegee, maar ek wil vra; vergeef ons ploerte ‘seblief – nadat jy vir Uys vergewe het vir die geweldlus in ons modderige gene. Met permissie, absolusie!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Resensie: “De Ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)
  • Jacobus Swart. Franz Kafka
  • Gerard Scharn. Abstract portret door Wopko Jensma
  • Marthé McLoud. Gogo

Nuutste kommentaar

  1. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  2. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  3. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

  4. Anira van der Walt on Floris van Zyl. ‘n tafereel van haat en lus en liefde7 May 2025

    Pragtige gedig Floris.

  5. Anita Van der Walt on Nuwe Versindaba-kompetisie: Skryf ‘n ekfrastiese gedig7 May 2025

    Ekfrasties se moer Eksellent eksekutief Eksklusief eksegeties Eksoties beproef

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d