watter water
stroom stoom
‘n minus
nis in mis
ek
wakker in ‘n droom
As jy twee papiere bo-op mekaar sit en jy skryf op die boonste papier, gaan die drukking van die letters deur na die onderste papier. Wanneer ‘n ander met ‘n potlood oor die onderste papier krap, ontdek hy wat jy geskryf het.
By my uitstalling het van die mense die gedig in ‘n koevert gekry om sodoende dit dan self te ontdek.