
Andrei Voznesensky, Russiese digter en reus in wêreldpoësie, is eergister in die ouderdom van 77 oorlede na ‘n onlangse beroerte. Voznesensky, wat veral in die 1960s op die voorgrond getree het, was een van die kampvegters vir intellektuele vryheid in Rusland tydens die post-Stalinistiese era.
Hy het hom veral van sy tydsgenote onderskei op grond van sy ongewone verse en gewaagde beeldspraak; verse wat meer vergelykbaar was met die Beat-skrywers as sy Russiese eweknieë. Derhalwe was hy grotendeels bekend en vereer buite sy landsgrense en het in die 1960s verskeie reise na Europa en die VSA onderneem. Dit was juis tydens een van dié besoeke wat Voznesensky vir Ginsberg ontmoet het; ‘n vriendskap wat vir die res van sy lewe sou duur.
Voznesensky, wat ook as musiekliefhebber en -kenner bekend was, het onder ander die volgende pragtige uitspraak oor Russies gemaak: “There is a kind of drawn-out music in Russian speech that comes from the greater distances of the Russian steppes. This cello-like note resounds in the lengths of our names – in our surnames and patronymics. Language is the music of thought; it is what our ancestors called the soul … Russian is especially suited to the transmission of psychological states; the mood landscapes that it evoke are unique and untranslatable.”
En net soos gister se Nuuswekker oor Herta Müller se uitspraak ten opsigte van taal, wil ek ook dié uitspraak net so op ons eie van toepassing maak. Met dalk die volgende as nagedagte: “Poetry is language’s dicovery that it can dance.” (WH Auden)
As huldeblyk plaas ek Andrei Voznesensky se gedig wat as “Self-portrait” vertaal is, onder aan vanoggend se Nuuswekker.
***
Tot my verleentheid moet ek erken dat ek gisteroggend verslaap het en die Nuuswekker inderhaas (en nog half deur die slaap) moes opdateer, voorberei en plaas. In die gejaag na fokus het ek vir die eerste keer die afgelope jaar – sover ek van bewus is – ‘n nuwe plasing gemis en derhalwe nie aangekondig nie en dit was Hennie Meyer se besonderse mooi konkrete vers oor die vlinder. Jammer daaroor, Hennie. Nietemin, sedertdien het daar nog vier plasings bygekom: Lize Viljoen se treffende foto (en gedig) oor ‘n sonsondergang in die Karoo, Andries Bezuidenhout wat vertel van sy jare (en sketse) in Walvisbaai en Jo Prins wat skryf oor Don DeLillo se nuwe roman.
En dan wil dit voorkom asof die akademici in ons geledere besonder besig moes gewees het die afgelope weke; eers is dit Bernard Odendaal en Andries Bezuidenhout wat die spertyd vir verlede maand se Blogfokus net-net gehaal het, gevolg deur Desmond Painter wat net-net te laat was en nou is dit Joan Hambidge wat sommer die spertyd met ‘n paar dae mis … Hoe dit ook al sy, al vier is skitterende bydraes oor vier uitsonderlike bundels wat verdien om weer en wéér gelees te word. Dankie daarvoor.
Ten slotte – Pieter Hugo het nou omtrent die pot aan die kook met sy bydrae oor Leon Schuster en rugby; grootliks gebaseer op die wanpersepsie dat digters nie ook sportliefhebbers kan (of wil?) wees nie … Daarom, bewys hom verkeerd en skryf ‘n sportvers vir vandeesmaand se Blogfokus.
Mmmm, pure lekkerte, dit alles. Geniet dit. En hou tog jou oog op die bal …
Mooi bly.
LE
SELF-PORTRAIT
Unshaven and thin, with an angular face
He’s lain on my mattress
for several days.
A cast-iron shadow hangs down the stair,
the lips, huge and bulging, smuggle and flare.
“Hello, Russian poets, — his voice sounds wistful —
shall I give you a razor or, maybe, a pistol?
Are you a genius? Disdain all this chaos…
Or, p’rhaps, you will say your confessional prayers?
Or take a newspaper, clip out a bar
and roll self-reproach like you roll a cigar?”
Why is he cuddling you when I’m there?
Why is he trying my scarf on? How dare?
He’s squinting at my cigarettes… Oh yes!
Keep off me! Keep off!
SOS! SOS!
© Andrei Voznesensky
Vertaal deur: Alec Vagapov