The Low Countries 18 nou beskikbaar

TLC 18

TLC 18

Een van die meer gesogte publikasies in Nederland is Ons Erfdeel se “The Low Countries – Arts and Society in Flanders and the Netherlands“. Die 2010-uitgawe daarvan onder die redakteurskap van Luc Devoldere aan die handel beskikbaar gestel en, grootliks vanweë die FIFA Wêreldbeker-sokkerfinaal, geniet ook Suid-Afrika ‘n besonderse fokus in dié betrokke uitgawe; soos die omslagfoto hiernaas (wat deur George Hugo geneem is) van getuig. (Met die meegaande ironie dat dit ‘n rugbybal is wat hier geskop word, bygesê …)

Nietemin, na ‘n wonderlike inleidende artikel deur Luc Devoldere, volg daar vertalings van Elisabeth Eybers se gedigte wat sy self na Engels vertaal het, en ‘n aantal essays oor Suid-Afrika. Hieronder is daar Phillippa Yaa de Villiers se essay, “Lost and found in Vollezele“, Tom Lanoye (“Twelve languages, thirteen perspectives“), Daniel Hugo (“The making of a translator“), Adriaan van Dis (“After the cages, the jungle“), Riana Scheepers (“A tender, bitter mother’s breast“), Alfred Schaffer (“Shadows on the wall – Snapshots from a beloved country“), Fred de Vries (“Bitterkomix – Outrage art from two laaities“), Simon Kuper (“Football – Another Nation-building moment“), Rudy Hodel (“For whom the bell toles – Marlene Dumas and South Africa“), Robert Parthesius en Anouk Fienieg (“Common cultural heritage – Work in progress: South Africa & The Netherlands“), Antjie Krog (“The post-colonal scope for Afrikaans“) en Gerrit Schutte (“The Dutch image of South Africa – Twenty years after 1990“). Verdere vertalings van Elisabeth Eybers – met meegaande kontekstualisering deur prof. Ena Jansen – rond dié belangwekkende gedeelte oor Suid-Afrika af.

En wanneer ‘n mens deur TLC 18 blaai, kan jy nie anders as om onder die indruk te kom van die verskeidenheid en gehalte van die betrokke bydraes nie; inderdaad ‘n pronkwerk waarvoor ‘n mens net kan staan en handeklap.

Die volledige inhoudsopgawe, met ‘n kort opsomming van elke essay, kan hier bekyk word. TLC 18 beslaan 315 bladsye en verkoop teen €34. Vir jou gerief plaas ek Ons Erfdeel se kontak- en bestelbesonderhede onder aan vanoggend se Nuuswekker.

Verdermeer maak ons graag hiermee bekend dat toestemming aangevra is vir Daniel Hugo en Alfred Schaffer se essays, asook die Elisabeth Eybers-vertalings en dat dit goedgunstelik deur die redaksie van TLC toegestaan is. Vanoggend reeds kan jy Daniel Hugo se essay en die Elisabeth Eybers-vertalings te lese kry. Alfred Schaffer se artikel volg hopelik binnekort.

Ten slotte wil ek dié Nuuswekker afsluit met die volgende uitsdpraak deur Adriaan van Dis in sy essay “After the cages, the jungle” (p.34): “Globalisation has made the world smaller, and at the same time increased mutual dependence. North and South meet each other more and more frequently at the negotiating table. South Africa is a social laboratory full of processes that are taking place in Europe as well. Our great European capitals are visibly changing colour. Other cultures are becoming prominent, other ideas about justice, religion and beauty. Stressful debates await us. This is not a time to look the other way. It is a powerful time. You can, of course, take refuge in resignation, indifference and despair; but as far as I am concerned there is only one option – to get involved.”

***

Nog nuwe plasings vanoggend is Marcelle Olivier se tweede aflewering in Buiteblik met interessante nuus uit Engeland en Philip de Vos wat kostelik vertel oor die kwessie van eerbewyse. In die brieweboks is daar ook twee nuwe bydraes: Jacqueline Leuvennink wat entoesiasties vertel van “Speelman“, Helena Conradie se nuutste CD, en Pieter Hugo wat die eerste enjins laat brul vir vandeesmaand se Blogfokus met ‘n gedig oor motorwedrenne.

En daarmee groet Nuuswekker eers weer vir dié week. Ons hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

PUBLISHER

Flemish-Netherlands Association ‘Ons Erfdeel vzw’

Murissonstraat 260, B-8930 Rekkem, Belgium

Tel. +32 56 41 12 01 – Fax +32 56 41 47 07

www.onserfdeel.be and www.onserfdeel.nl

thelowcountriesblog.onserfdeel.be

tlc@onserfdeel.be

 

Price South Africa:  € 45

inclusive of shipping costs (+ € 22.39 for payments by cheque).

 

 

http://www.onserfdeel.be/nl/uit_act.asp?pub=1&jr=2010&nr=18&taal=NL

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •