
http://www.muurgedichten.nl/snoek.html
Hierdie is geen ware blogfokus-bydrae nie, wel iets wat sydelings by die tema van hierdie maand aansluit.
Die swemklub waarvan my jongste kind ’n lid is, het eenkeer ’n gedig oor dié sportsoort vir hul nuusbrief gevra, en ek het dadelik gedink aan die Vlaming Paul Snoek se “Een zwemmer is een ruiter” (uit: Gedichten1945-1968, Uitgeverij A. Manteau N.V., Brussel/Den Haag, 1969). Omdat heelparty van die swemmers waarskynlik nie die Nederlands goed sou verstaan nie, het ek dit in Afrikaans omgesit:
’n Swemmer is ’n ruiter
Swem is ’n losbandige geslaap in spartelende water,
is liefhê met iedere nog bruikbare porie,
is eindeloos vry wees en binnetoe seëvier.
En swem is om die eensaamheid af te tas met vingers,
is om met arms en bene oeroue geheime te vertel
aan die altyd allesbegrypende water.
Ek moet beken dat ek dol is op die water.
Want in die water asem ek water, in die water
word ek ’n skepper wat sy skepping omhels,
en in die water kan ’n mens nooit heeltemal alleen wees nie
en tog nog eensaam bly.
Swem is ’n bietjie amper heilig wees.
Inderdaad ‘n manjifieke vers, Bernard. Toevallig ook een van my gunsteling Paul Snoek-verse, soos jy uit my laaste bundel sou kon aflei … 🙂
Beeldskone gedig. Dit maak my oggend!