Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 June 201015 February 2011

Bernard Odendaal. ‘n Swemmer is ‘n ruiter

Een swemmer is een ruiter
Een swemmer is een ruiter

 

 

 http://www.muurgedichten.nl/snoek.html

 

Hierdie is geen ware blogfokus-bydrae nie, wel iets wat sydelings by die tema van hierdie maand aansluit.

Die swemklub waarvan my jongste kind ’n lid is, het eenkeer ’n gedig oor dié sportsoort vir hul nuusbrief gevra, en ek het dadelik gedink aan die Vlaming Paul Snoek se “Een zwemmer is een ruiter” (uit: Gedichten1945-1968, Uitgeverij A. Manteau N.V., Brussel/Den Haag, 1969). Omdat heelparty van die swemmers waarskynlik nie die Nederlands goed sou verstaan nie, het ek dit in Afrikaans omgesit:

 

’n Swemmer is ’n ruiter

 

Swem is ’n losbandige geslaap in spartelende water,

is liefhê met iedere nog bruikbare porie,

is eindeloos vry wees en binnetoe seëvier.

 

En swem is om die eensaamheid af te tas met vingers,

is om met arms en bene oeroue geheime te vertel

aan die altyd allesbegrypende water.

 

Ek moet beken dat ek dol is op die water.

Want in die water asem ek water, in die water

word ek ’n skepper wat sy skepping omhels,

en in die water kan ’n mens nooit heeltemal alleen wees nie

en tog nog eensaam bly.

 

Swem is ’n bietjie amper heilig wees.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Bernard Odendaal. ‘n Swemmer is ‘n ruiter”

  1. Louis says:
    8 June 2010 at 08:06

    Inderdaad ‘n manjifieke vers, Bernard. Toevallig ook een van my gunsteling Paul Snoek-verse, soos jy uit my laaste bundel sou kon aflei … 🙂

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    8 June 2010 at 07:19

    Beeldskone gedig. Dit maak my oggend!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d