
Daar bly nie meer mense nie,
maar dis asof ek my geroep voel
daartoe, om die mense te imagine
wat daar sou woon, die gedagtes
te deel langs hul kombuistafel,
so met die verbyry begin
die lang pad uitrafel tussen gesprekke,
fotos, en padkos en vat ek die kiekie
om saam met my te bring na ‘n ver land.
Want my huis is ook leeg sonder my.