ʼn Mens is geneig om die Skandinawiese digkunste almal byeen te gooi en as een te sien; iets wat uiteraard hoegenaamd nie billik óf regverdigbaar is nie, want tussen die Deense, Sweedse en Noorweegse digkunste bestaan daar belangrike verskille. Die probleem is egter dat ʼn mens nie te dikwels iets oor hierdie bepaalde digkunste op die internet te lese kry nie.
Daarom dat my oog summier opgeflikker het toe ek via De Contrabas op 3:am Magazine ʼn onderhoud met die jong Deense digter, Endre Ruset, raaklees. En in ʼn land waar sosiale en kulturele ontwikkeling ʼn besonderse prioriteit is, is dit geen geringe prestasie vir ʼn 29-jarige digter om so ʼn oorweldigende reputasie en aanhang soos syne te vestig nie. Afgesien van sy eie digwerk is Ruset glo ook bekend as die stukrag agter die vernaamste letterkundefees in Noorweë wat jaarliks ongeveer 30,000 mense lok.
Die volledige onderhoud kan op 3:am Magazine se webblad gelees word, maar graag hou ek enkele van sy opmerkings aan jou voor; veral omrede die jonge Ruset alles behalwe ʼn positiewe siening het van die Skandinawiese, en meer spesifiek Noorweegse, digkunste.
Op die vraag na sy mening oor die stand van die kontemporêre Noorweegse poësie het hy soos volg geantwoord: ” […] a lot of that discourse in Norway and Sweden is just plain boring, in my opinion. I am afraid that the Scandinavian poetry is becoming too introverted, that it has lost its musicality.”
Oor die Noorweegse publiek se persepsie van die digkuns het hy soos volg reageer: “The poet Steinar Opstad, said that the poet has become a strange form of pariah in society. The most popular political party in Norway (currently in opposition) would like to cut all financial support to culture in Norway. They feel that culture in Norway is being kept artificial alive, and that every artist should make their own money, without help from the state. In their eyes, poetry is the worst form of this cultural ‘elitism’. At the same time, poetry is by many considered as our cultural alibi, our highest cultural expression. Either people love it, or they cannot stand it. When I introduce myself as a poet, I feel a little bit like people look upon me as a tramp and a duke at the same time, a sophisticated alcoholic.”
Sjoe. Vir jou leesplesier plaas ek drie van Ruset se korter verse onder aan vanoggend se Nuuswekker. (Hulle kan ook hier op 3:am Magazine se webblad gelees word …)
***
Vanoggend kan jy ‘n nuwe Buiteblik lees, ‘n nuwe bydrae deur een van ons “nuwe stemme” en ook twee bydraes deur ons gereelde bloggers: Leon Retief het naamlik sy beloofde stuk oor Moose Jaw geplaas, Lize Viljoen skryf oor huise waarin niemand woon nie, terwyl Charl-Pierre Naudé na ‘n lang stilswye sy terugkeer maak met ‘n inskrywing oor Breyten Breytenbach se bydrae tot die bevrydingstryd; so ook Johann Lodewyk Marais met twéé nuwe stukke. Jo Prins sluit vanoggend se koorwerk af met ‘n pragtige bydrae oor sy klein Inka.
Weereens, ‘n mandjievol leesstof vir jou Dinsdag. Hê pret daarmee.
Mooi bly.
LE
Current
the current of your face
one of the earliest evenings
the icy cold spring water that ran
through the pools before we laid down
and I was the age
of the temperature
Breeze
when I breeze through the woods
i see children playing with pinecones
when I play with pinecones
I see shadows breezing through the woods
i am the pinecone playing
with the shadow of the child
the breeze carrying both
Baptism
ships are constructed within bottles
and names are built into the body
I sink into the bathtub
mother washes my hair
the foam runs in straight lines
over lips, along skin, towards the drain
she holds out a towel
in which to enclose me
it resembles a sail
© Endre Ruset