Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 June 201016 June 2010

Felix Poësiefees in Antwerp

Peter-Holvoet-Hanssen
Peter-Holvoet-Hanssen

Vandag is die begin van die tweede Felix Poetry Festival in Antwerp; ‘n fees wat hom reeds met sy nooiensvaart verlede jaar gevestig het as een van die grótes op veral die Vlaamse kultuurkalender. Vanweë sy onlangse aanstelling as stadsdigter vir Antwerp, staan hierdie fees vanjaar grootliks onder Peter Holvoet-Hanssen se invloed en beloof dit inderdaad om “het beste uit de binnen- en buitenlandse poëzie” ten toon te stel, soos die amptelike persverklarings dit wil hê. En met drie gereelde deelnemers aan Versindaba wat daarby betrek is, is dit gewis iets wat ons ook opgewonde maak.

Vanaand open Gerrit Komrij die verrigtinge met ‘n lesing oor die bloemlesing De 21ste eeuw in 185 gedichten wat deur hom saamgestel en onlangs verskyn het: “Met een lezing die het midden houdt tussen een pleidooi en een liefdesverklaring aan de poëzie kan de openingsavond niet beter starten!” (Mmm, meteens wonder ek waar ek al vantevore die frase “my liefdesverklaring aan die poësie teëgekom het?) Nietemin, daarna volg voorlesings deur ‘n ontluikende Vlaamse en Nederlandse digter wat in die bloemlesing opgeneem is en volgens Komrij “tonen wat de nieuwe eeuw voor ons in petto heeft.” Die twee wat hy gekies het, is Delphine Lecompte, vanweë haar debuut wat vir die C. Buddingh-prys genomineer is, en Ester Naomi Perquin wat uit haar twee “fel bejubelde dichtbundels” gaan voorlees.

Charl-Pierre Naudé se optrede vorm deel van “Poésie is not dead” (ja, só gespel) wat geadverteer word as ‘n item wat “met de symbiose van poëzie, muziek en video de toeschouwer in een ultieme vervoering brengt.” Ander internasionale digters wat die verhoog met Charl-Pierre sal deel, is Hiromi Ito (Japan) en Antonio Gamoneda (Spanje).

Donderdagaand is dit weer Alfred Schaffer wat saam met Peter Holvoet-Hanssen en ander digters sal optree.

Die musiek-komponent word verskaf deur die Amerikaanse hip-hop digter Kaïn the Poet, stigterslid van die befaamde The Last Poets,  die “one-love rebel music”-pionier, Babar Luck, en Elvis Peeters met sy literêre rockgroep De Legende.

Ai, wat ‘n fees … Graag wens ons Charl-Pierre, Ester en Alfred voorspoed toe met hul optrede tydens dié besonderse geleentheid.

As lusmaker plaas ek egter vanoggend ‘n totaal onverwante vers onder aan die Nuuswekker. Dit is ‘n gedig, “Hetzelfde“, deur Maartin Embrechts wat ek verlede naweek via Meander se nuutste Nuusbrief te lese gekry het. Nogals ‘n interessante vers, is dit nie?

***

Na die stortvloed van nuwe inhoud die afgelope paar dae is dinge vanoggend ietwat aan die yl kant. Daar is darem die onderhoud met die Namibiese digter, Kobus Lombard, om te lees. (Dit is na aanleiding van sy bundel Vlerke vir my houteend wat vroeër vanjaar verskyn het, met hom gevoer.) In die verskamers is  daar ‘n nuwe gedig deur Johann Lodewyk Marais. 

Geniet dit en ook die rusdag wat voor jou neergelê is …

Mooi bly.

LE

 

Hetzelfde

Jij en ik wij zijn onvolmaakter in elkaar
gezet dan onze vaders We denken dat
we hen herhalen en vechten ‘s nachts

Zal ik het mannetje Zal jij het vrouwtje

Onder de lakens spuwen we hun ergste
zonden uit Steeds willen we van opzij
naar de geboorte van de wereld kijken

 

(c) Maartin Embrechts (Uit: Meander 391)

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d