Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 June 201020 June 2010

Oxford Professor of Poetry bekend gemaak

Roger Lewis

In ‘n onlangse Buiteblik het Marcelle Olivier geskryf oor die kandidate vir die gesogte pos van Oxford Professor of Poetry, en na die kontroversie wat die vorige verkiesing in ‘n fiasko laat ontaard het, was die belangstelling uiteraard groot oor vanjaar se verkiesing wat Woensdag ten einde geloop het. Die naam van die suksesvolle kandidaat sal later vandag bekend gemaak word.

Nietemin, vanjaar se verkiesing het helaas ook nie sonder die gebruiklike geskrop in die hoenderhok plaasgevind nie. So het een van die kandidate, beat digter Michael Horovitz, in die media uitgevaar teen een van die ander kandidate, Roger Lewis, en hom onder andere van “pseudointellectual chutzpah” beskuldig.

Volgens ‘n berig in The Guardian, het Lewis, wat meer bekend is as biograaf (van onder andere Anthony Burgess) as digter, ‘n stuk in The Telegraph gepubliseer waarin hy sy beskouing en passie vir die digkuns uiteensit; alles natuurlik by wyse van self-promosie. Alison Flood van The Guardian het Lewis se geswymel soos volg opgesom: “From the ‘sea foam in Homer’ to ‘the characters eating the watermelon in Chekhov’s The Lady With the Little Dog – sheer mysterious ecstasy’, the ‘colour of Elizabeth Taylor’s eyes’, the ‘tilt of Garbo’s face in profile’ and the ‘bend of Chaplin’s cane’, Lewis said he hoped ‘this range of knowledge, idiosyncrasy and emotion’ would win him ‘a few votes’.

“I hope you can see that I honour ‘What can be seen, what can be heard, what can be learned’, as Herakleitos put it,” het Lewis glo gesê en bygevoeg dat hy besluit het om hom verkiesbaar te stel na hy genader was deur “various publishers, editors and writers outside Oxford and by people now in the cabinet.”

Horovitz het sy misnoë soos volg in ‘n brief aan The Telegraph weergegee: “If Mr Lewis were to engage students with his avowedly poetic topics, the Herakleitos questions could not revealingly be addressed – Liz Taylor’s eyes being pretty inaccessible for authentic colour-checks; Pinter’s pauses, bereft of the words that frame them, definitively inaudible; and Sir Ralph Richardson per se sadly unavailable as a fount of learning. Mr Lewis could presumably spout the hind legs off a donkey about these subjects, but how does this qualify him to follow Masefield, Auden, Graves and Heaney as the next professor of poetry?”

Nou ja, toe. Ander kandidate vir dié pos is: Geoffrey Hill, Chris Mann (ja, die Suid-Afrikaanse digter) en Stephen Moss. Die enigste vroue-kandidaat, Paula Claire, het haar vroeër reeds aan die wedloop onttrek weens gewaande bevoorregting jeens die gunsteling, Geoffrey Hill.

Nuuswekker sal sy oë vandag gefokus hou en so gou soos die kandidaat benoem is, dit as kommentaar hieronder byvoeg.

Uiteraard hoop ons almal dat die man uit die kolonies gaan septer gaan swaai en daarom plaas ek vir jou leesplesier een van sy gedigte onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Heelwat nuwe plasings het sedert gister op die webblad bygekom;  onder Wisselkaarten skryf Luuk Gruwez onder andere oor Chrétien Breukers se nuwe digbundel, in die Buiteblik lê Carina vand der Walt se bydrae oor Ramsey Nasr, terwyl Desmond Painter en Jelleke Wierenga onderskeidelik oor David Trinidad en selfsensuur skryf.

‘n Hele spul lekker nuwe leesstof vir die naweeek.

So – geniet dit. Nuuswekker hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

A shadow weighs down the eyes

 

O but the love of life it seems
That all once faded into dreams
And swept away what thoughts, what feel
To sway to god and swoop and reel

A thousand paints to shade a blue
Of purest sea, to draw down hue
No more to seek that soon will find
A way of heart and soul and mind

Once heart I felt but now I see
That once I was not like as me
That what I am is no more fake
As words I spit and retch and make

 

(c) Chris Mann

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Oxford Professor of Poetry bekend gemaak”

  1. Louis says:
    18 June 2010 at 15:48

    Dit is pas bekend gemaak dat Geoffrey Hill aangestel is in die gesogte pos van Oxford Professor of Poetry; naas die poet laureate die mees invloedryke amp vir digters in Engeland.
    Op die Klikbord is ‘n blikvanger geplaas met ‘n skakel na The Guardian waar jy die volledige berig kan lees.
    Hieronder is die eerste twee paagrawe as lusmaker:
    “His academic credentials and plethora of literary prizes have meant that Geoffrey Hill has been the frontrunner for the post of Oxford Professor of Poetry from the race’s start – and, this afternoon, the British poet was elected by a landslide.
    Hill, who celebrates his 78th birthday today, was voted in ahead of nine other candidates with 1,156 votes, beating contenders including the Beat poet Michael Horovitz, the biographer Roger Lewis, Oxford-based performance poet Steve Larkin and South African poet Chris Mann.”

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    18 June 2010 at 07:09

    Roger Lewis se boek oor Anthony Burgess is loshande die slegste skrywersbiografie wat ek al in my lewe gelees het. Hy is inderdaad ‘n charlatan. Andrew Biswell was daarna selfs genoop om sy biografie “The real life of Anthony Burgess” (Picador, 2005) te noem.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB
  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d