Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 June 20106 September 2013

Desmond Painter. Oor CD’s en P-woorde

Ek het oor die naweek twee nuwe CD’s geluister en begin verken. Deur twee P’s: Krzysztof Penderecki en Jack Parow. Twee musikale wêrelde wat min met mekaar te make het, ja, maar dit is nou maar eenmaal hoe ek musiek luister. As die geluide vir my mooi, betekenisvol of uitdagend klink, is ek tevrede en gee ek nie regtig om oor goed soos genres nie.

Die Penderecki CD is ‘n opname van sy werk Utrenja, ‘n tweedelige werk vir koor, soliste en orkes uit 1970 en 1971, wat onlangs by Naxos verskyn het. Naxos bly darem maar ‘n bargain; R69 vir meer as ‘n uur se musiek, en dikwels (dalk toenemend) is dit uitstekende uitvoerings en opnames. Teen hierdie prys is dit vir my moontlik om musiek te koop bloot omdat ek nuuskierig is. As ek nie daarvan hou nie, is die skade darem nie te groot nie. Bietjie duurder as ‘n middagete of ‘n fliek.

As jy die rolprent The Shining gesien het, sal sekere uittreksels uit Utrenja aan jou bekend wees… Penderecki is nogal gewild by regiseurs: Kubrick, Lynch en Scorcese tel onder diegene wat al van sy musiek in hulle rolprente gebruik het. Op die eerste luister af is Utrenja ‘n interessante, by tye aangrypende werk, maar ek is nie seker dit het heeltemal die slaankrag van ‘n tydgenootlike werk vir koor en orkes soos Ligeti se Requiem (ewe gewild by regiseurs) nie. Miskien is dit maar net die piëtisme en oordrewe godsdienstigheid by sommige van die hedendaagse Oos-Europese en Baltiese komponiste wat my soms ‘n bietjie afsit…

Jack Parow het natuurlik nie ‘n probleem met piëtisme nie… ten minste, dit is die een p-woord wat jy níé op sy CD hoor nie! Ironies genoeg is my gunstelingsnit, na so twee luisters, nie ‘n Afrikaans “nommertjie” nie, maar die Engelse I miss. Elke herinnering uit die 1980s en vroeg-1990s wat hy opnoem in hierdie gesofistikeerd-nostalgiese song kon net sowel uit my eie geheue gekom het! Wonderlik! Oor die algemeen klink die CD vir my na ‘n hoogs professionele, goed afgeronde hip-hop album. Jack Parow is beslis meer as net ‘n grapkas, baby.

Jack Parow
Jack Parow

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Die spanning tussen blow en puff
Andries Bezuidenhout. Die storie van drie stede →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d