‘n Proses soos die pasafgelope verkiesing van die Oxford Professor of Poetry het uiteraard heelwat aandag op die Britse digkuns gefokus en veral die kandidate vir dié gesogte pos het nie net hul beste voetjie voorgesit nie, maar ook op verskillende maniere hul geskiktheid vir die pos probeer demonstreer.
En so was dit ook die geval gewees met Stephen Moss, wat eweneens ‘n genomineerde, dog onsuksesvolle kandidaat was. Sy essay, What is the future of poetry? wat op The Guardian se webblad gelees kan word, is na alle waarskynlikheid een van die insiggewendste kommentare wat ek in ‘n lang tyd oor die aard en stand van die Britse digkuns onder oë gehad het.
Dit is ‘n lang en omvattende essay, maar graag hou ek die volgende aan jou voor by wyse van ‘n leesprikkel. Reg aan die begin van sy relaas verwys hy na die vraag “What is poetry for?” wat hy aan ‘n hele aantal mense gestel het. Nou ja, ‘n belangrike vraag, maar amper per definisie ‘n bykans onmoontlike vraag om te antwoord, is dit nie?
Nietemin, Judith Palmer, Nasionale direkteur van die Poetry Society, het soos volg geantwoord: “One of the things poetry gives all of us is a way of developing an attentiveness to life, a way of observing the world, of noticing things and seeing them differently.”
Die Hongaars-gebore digter, George Szirtes, het weer na die volgende aspek van poësie verwys: “Poems try to capture a reality that is deeper than language. You’re trying to say: I know what this thing is called, it’s called a chair, and that thing is a table. I’ve got this word ‘chair’ and I’ve got this word ‘table’, but there’s something peculiar about this chair and table which using the words chair and table will not actually convey. Readers may race through novels because they want to know what happens, but they should look to inhabit poems. Nobody reads a poem to find out what happens in the last line. They read the poem for the experience of travelling through it.” Volgens hom begin poësie “with a cry – of anguish, fear or frustration,” waarna hy Emily Dickinson aanhaal wat glo gesê het: “A poem is a house that tries to be haunted”. En dan sluit hy sy relaas af met: “A poem should not deliver all its secrets at once, if ever; it is not there to be solved.”
Ek was ook net so beïndruk met Don Paterson se reaksie op Moss se vraag: “There are two ways to take the question ‘What is poetry for?’ You can ask it neutrally, in which case there’s a good answer. But you can also ask it as a challenge – what use is it? But you don’t need to answer that one. Poetry shouldn’t be on the defensive, because poetry doesn’t have a case to answer.” Hy sluit sy betoog af met die volgende inspirerende stelling: “If you burned every poem on the planet and you wiped every poem from every human mind, you would have poetry again by tomorrow afternoon. It’s not something you do to language, so much as language does to itself under specific conditions – mainly shortness of time and emotional urgency. Any time that comes up, its grain and structure suddenly become apparent, all its music, rhythm and capacity for invention.”
Sjoe. Na dié inleidende kommentare bespreek Moss die huidige stand van die Britse digkuns aan die hand van bepaalde stellings soos: ‘Poetry has not been taught well in schools for a long time’, ‘Poetry has not crumpled because of the recession’ en ‘It’s really about the audience’.
Gaan lees gerus die volledige essay. En onthou om sommer die leserskommentare onderaan ook te lees. Inderdaad ‘n inspirerende stuk, hierdie.
***
By Wisselkaarten kan jy vanoggend Chrétien Breukers se kostelike vertelling, mét ‘n gedig van Elisabeth Eybers, lees van hoe hy en sy sewejarige dogter na die sokker gekyk het; ook is daar nuwe blogs deur Andries Bezuidenhout en Jo Prins en ‘n nuwe digstring deur Sydda Essop. Sy vertel van hoe die gedig “ek lewe in stilswye” ontstaan het.
Ten slotte herinner ek jou graag aan die maand se Blogfokus oor sportverse. Ons het tot nou toe nog net een inskrywing ontvang en dit is Pieter Hugo se gedig oor motorwedrenne. So, laat kom daardie inskrywings … Die tyd raak min.
Mooi bly.
LE
Wat ‘n opwindende voorstel, Johan! Maar nou ja, Suid-Afrika het natuurlik reeds ‘n poet laureate, naamlik KW Kgositsile. Gaan kyk gerus by die volgende skakel: http://www.polity.org.za/article/jordan-inauguration-of-kw-kgositsile-as-poet-laureate-08122006-2006-12-08
Of sy kool die sous werd is, is natuurlik ‘n ander saak …
Geagte meneer
Na aanleiding van u skrywe oor die nuwe poet laureate in Brittanje, het ek by myself gedink: gestel daar was ‘n Afrikaanse poet laureate, wie sou die ideale kandidaat vir die titel gewees het? Ek sal graag wil hoor wat julle lesers dink. My keuse sou wees Joan Hambidge – sy is loshande die beste Afrikaanse digter van alle tye en as intellektueel ken sy geen gelyke nie: akademies gesproke stof sy myns insiens selfs mense soos Van Wyk Louw en Susan Sontag uit.
Groete.