Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 June 20106 September 2013

Desmond Painter. Oor Antonia, Nick Cave en begraafplase

Gisteraand het ek weer die Nederlandse rolprent Antonia (Engelse titel: Antonia’s Line) op DVD gekyk. Dit bly ‘n gunsteling, een van die mooiste, eerlikste films oor tyd, die lewe en die dood wat ek al gesien het. Oor hoe om te leef, en hoe om te sterf. Ek wens eintlik skole wou hierdie pragwerk van Marleen Gorris, en ook Wim Wenders se Der Himmel über Berlin (Wings of Desire) en Denys Arcand se Jésus de Montréal, verpligte kykstof maak vir alle skoliere. Nie omdat hierdie noodwendig die drie beste rolprente ooit is nie, maar omdat hulle jou, myns insiens, presies die regte filosofiese en etiese middele gee om mee te leef. Ek verklap dus nou ook my eie lewensbeskouing hier…

Maar dis nie oor my lewensfilosofie waaroor ek vanoggend wou skryf nie. Dit is te koud; ek het nog nie genoeg koffie gehad; en, in elk geval, wie’s ek nou so danig?! Ek wou skryf dat Antonia my gisteraand herinner het aan een van my gunsteling liedjies van Nick Cave, ‘Gates to the Garden’. Dit is een van die snitte op sy skitterende album No more shall we part. Cave se beskrywing van die begraafplaas (“assorted boxes of ordinary bones / of aborted plans and sudden shattered hopes / in unhappy rows”) is suiwer digkuns; oor sy talente as ‘n skrywer van lirieke kan daar darem geen twyfel wees nie. En dan is daar die laaste, lewensbevestigende strofes waarmee hierdie melancholiese liedjie eindig:

Gates to the Garden – Nick Cave

Past the ivy-covered windows of The Angel
Down Athenaeum Lane to the cathedral
Through the churchyard I wandered
Sat for a spell there and I pondered
My back to the gates
My back to the gates
My back to the gates of the garden

Fugitive fathers, sickly infants, decent mothers
Runaways and suicidal lovers
Assorted boxes of ordinary bones
Of aborted plans and sudden shattered hopes
In unlucky rows
ln unhappy rows
In unlucky rows, up to the gates of the garden

Won’t you meet me at the gates
Won’t you meet me at the gates
Won’t you meet me at the gates
To the garden

Beneath the creeping shadow of the tower
The bell from St. Edmunds informs me of the hour
I turn to find you waiting there for me
In sunlight and I see the way that you breathe
Allve and leaning
Allve and leaning
Allve and leaning on the gates of the garden

Leave these ancient places to the angels
Let the saints attend to their keeping of the cathedrals
And leave the dead beneath the ground so cold
For God is in this hand that I hold
As we open up the gates of the garden

Won’t you meet me at the gates
Won’t you meet me at the gates
Won’t you meet me at the gates
To the garden

 

En nou laat dit my sommer ook dink aan ‘n sonnige herfsoggend in 2007. Ek was in Krakau, Pole, en het op my eie deur die stad geloop. Op die ingewing van die oomblik het ek die Joodse begraafplaas besoek: 

Joodse Begraafplaas, Krakau, Pole
Joodse Begraafplaas, Krakau, Pole

 ‘Assorted boxes of ordinary bones’ – inderdaad, in ongelukkige rye.

Joodse Begraafplaas, Krakau, Pole
Joodse Begraafplaas, Krakau, Pole

Maar dan is daar ook hierdie mooi muurwerk wat gemaak is met skerfstukke van die ou grafstene:

Muur in Joodse Begraafplaas, Krakau
Muur in Joodse Begraafplaas, Krakau

En hierdie helder herinnering aan herfs wat, wanneer jy die begraafplaas verlaat, vir ‘n oomblik rooi pols as die sonlig dit vang:

Krakau, Pole
Krakau, Pole

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Desmond Painter. Teen die sotheid: Anti-Digter van die Week
Nini Bennett. Snow →

3e gedagtes oor “Desmond Painter. Oor Antonia, Nick Cave en begraafplase”

  1. Desmond Painter says:
    25 June 2010 at 13:58

    Terloops: hoe skryf mens Krakow in Afrikaans? Ek was nie seker nie, en my woordeboek was nie byderhand nie. Ek dink “Krakau” is die Nederlandse vorm?

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    25 June 2010 at 13:56

    Louis, ja, ek was by die Joodse begraafplaas in Praag — in die dae voor ek ‘n digitale kamera besit het!! (Tydens dieselfde reis was ek ook in die Joodse Museum in Berlyn: ontstellende ervarings, maar dalk ook nodig.)Praag is maklik een van die mooiste stede wat ek al ooit gesien het. Seker die dat ek so vies is oor die naam deur ‘n sekere Afrikaanse Aksiegroep gekaap is!!! 😉

    Paul Cilliers het ‘n mooi essay oor “Wings of desire” in daardie boek essays vir Johan Degenaar. En gepraat van Degenaar: ek het Jesus of Montreal juis gesien by ‘n geleentheid waar hy dit bespreek het. Dit was in my tweedejaar, en beide die film en Degenaar se bespreking het ‘n groot indruk op my gemaak. Een van Arcand se ander films, The Barbarian Invasions, is ook uitstekend.

    Ek het eintlik vergeet dat Cave and the Bad Seeds in Wings of Desire verskyn: dankie dat jy my herinner!

    Reply
  3. Louis says:
    25 June 2010 at 13:43

    Inderdaad noem jy drie onvergeetlike films hier, Desmond. “Wings of desire” – ten spyte van die Hollywood-versuikering met sy “City of angels”-nabootsing – is en bly ‘n lewensbepalende film, myns insiens. En dan is dit vir my interessant dat jy juis Nick Cave aanhaak, want die enigste “bose” element in “Wings of desire” was nog altyd vir my die toneel waar die meisie ‘ter helle neerdaal’ na ‘n ondergrondse nagklub met die engel agter haar aan en in die agtergrond is ‘n groep aan’t musiek maak … En vir ‘n oomblik sien ons die naam van dié groep: Nick Cave & The Bad Seeds.
    Wonderlik. En ken jy die Joodse begraafplaas in Praag?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart
  • Joan Hambidge. George Steiner en die binnespraak
  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d