Gisteraand het ek weer die Nederlandse rolprent Antonia (Engelse titel: Antonia’s Line) op DVD gekyk. Dit bly ‘n gunsteling, een van die mooiste, eerlikste films oor tyd, die lewe en die dood wat ek al gesien het. Oor hoe om te leef, en hoe om te sterf. Ek wens eintlik skole wou hierdie pragwerk van Marleen Gorris, en ook Wim Wenders se Der Himmel über Berlin (Wings of Desire) en Denys Arcand se Jésus de Montréal, verpligte kykstof maak vir alle skoliere. Nie omdat hierdie noodwendig die drie beste rolprente ooit is nie, maar omdat hulle jou, myns insiens, presies die regte filosofiese en etiese middele gee om mee te leef. Ek verklap dus nou ook my eie lewensbeskouing hier…
Maar dis nie oor my lewensfilosofie waaroor ek vanoggend wou skryf nie. Dit is te koud; ek het nog nie genoeg koffie gehad; en, in elk geval, wie’s ek nou so danig?! Ek wou skryf dat Antonia my gisteraand herinner het aan een van my gunsteling liedjies van Nick Cave, ‘Gates to the Garden’. Dit is een van die snitte op sy skitterende album No more shall we part. Cave se beskrywing van die begraafplaas (“assorted boxes of ordinary bones / of aborted plans and sudden shattered hopes / in unhappy rows”) is suiwer digkuns; oor sy talente as ‘n skrywer van lirieke kan daar darem geen twyfel wees nie. En dan is daar die laaste, lewensbevestigende strofes waarmee hierdie melancholiese liedjie eindig:
Gates to the Garden – Nick Cave
Past the ivy-covered windows of The Angel
Down Athenaeum Lane to the cathedral
Through the churchyard I wandered
Sat for a spell there and I pondered
My back to the gates
My back to the gates
My back to the gates of the garden
Fugitive fathers, sickly infants, decent mothers
Runaways and suicidal lovers
Assorted boxes of ordinary bones
Of aborted plans and sudden shattered hopes
In unlucky rows
ln unhappy rows
In unlucky rows, up to the gates of the garden
Won’t you meet me at the gates
Won’t you meet me at the gates
Won’t you meet me at the gates
To the garden
Beneath the creeping shadow of the tower
The bell from St. Edmunds informs me of the hour
I turn to find you waiting there for me
In sunlight and I see the way that you breathe
Allve and leaning
Allve and leaning
Allve and leaning on the gates of the garden
Leave these ancient places to the angels
Let the saints attend to their keeping of the cathedrals
And leave the dead beneath the ground so cold
For God is in this hand that I hold
As we open up the gates of the garden
Won’t you meet me at the gates
Won’t you meet me at the gates
Won’t you meet me at the gates
To the garden
En nou laat dit my sommer ook dink aan ‘n sonnige herfsoggend in 2007. Ek was in Krakau, Pole, en het op my eie deur die stad geloop. Op die ingewing van die oomblik het ek die Joodse begraafplaas besoek:

‘Assorted boxes of ordinary bones’ – inderdaad, in ongelukkige rye.
Maar dan is daar ook hierdie mooi muurwerk wat gemaak is met skerfstukke van die ou grafstene:

En hierdie helder herinnering aan herfs wat, wanneer jy die begraafplaas verlaat, vir ‘n oomblik rooi pols as die sonlig dit vang:

Terloops: hoe skryf mens Krakow in Afrikaans? Ek was nie seker nie, en my woordeboek was nie byderhand nie. Ek dink “Krakau” is die Nederlandse vorm?
Louis, ja, ek was by die Joodse begraafplaas in Praag — in die dae voor ek ‘n digitale kamera besit het!! (Tydens dieselfde reis was ek ook in die Joodse Museum in Berlyn: ontstellende ervarings, maar dalk ook nodig.)Praag is maklik een van die mooiste stede wat ek al ooit gesien het. Seker die dat ek so vies is oor die naam deur ‘n sekere Afrikaanse Aksiegroep gekaap is!!! 😉
Paul Cilliers het ‘n mooi essay oor “Wings of desire” in daardie boek essays vir Johan Degenaar. En gepraat van Degenaar: ek het Jesus of Montreal juis gesien by ‘n geleentheid waar hy dit bespreek het. Dit was in my tweedejaar, en beide die film en Degenaar se bespreking het ‘n groot indruk op my gemaak. Een van Arcand se ander films, The Barbarian Invasions, is ook uitstekend.
Ek het eintlik vergeet dat Cave and the Bad Seeds in Wings of Desire verskyn: dankie dat jy my herinner!
Inderdaad noem jy drie onvergeetlike films hier, Desmond. “Wings of desire” – ten spyte van die Hollywood-versuikering met sy “City of angels”-nabootsing – is en bly ‘n lewensbepalende film, myns insiens. En dan is dit vir my interessant dat jy juis Nick Cave aanhaak, want die enigste “bose” element in “Wings of desire” was nog altyd vir my die toneel waar die meisie ‘ter helle neerdaal’ na ‘n ondergrondse nagklub met die engel agter haar aan en in die agtergrond is ‘n groep aan’t musiek maak … En vir ‘n oomblik sien ons die naam van dié groep: Nick Cave & The Bad Seeds.
Wonderlik. En ken jy die Joodse begraafplaas in Praag?