Die stadsdigter van Antwerpen onthul sy vyfde stadsgedig

Ek het Woensdagmiddag die voorreg gehad om die onthulling van die vierde stadsgedig van die huidige stadsdigter van Antwerpen, Peter Holvoet-Hanssen, by te woon as lid van die publiek.

     Die publiek het sommer so in die straat voor die pas gerestoureerde Palais de Meir, op ’n pleintjie in Antwerpen saamgedrom. Dit was die eerste ware somersdag van Antwerpen, en hoewel dit ’n werksdag was, was almal uit op die strate. Kort rokkies en kort broeke oral waar jy kyk. Selfs ’n paar knape met goedbedeelde bolywe wat rondloop sonder hemp.

     Peter is die vyfde stadsdigter van hierdie ou handelstad van Europa. Die voriges was Tom Lanoye, Ramsey Nasr, Bart Moeyaert en Joke van Leeuwen. Hierdie is almal top-digters en wat mens opval is hoe radikaal, in persoon sowel as digterlike instink, hulle verskil. Die verskille kan nie groter wees nie.  

     Daar is ’n groot muur in Antwerpen wat ’n gedig van Nasr op bevat. Joke van Leeuwen het die eindelose lang voetgangerstonnel onder die Schelde deur met ’n gedig op albei wande beskilder.

     En Holvoet-Hanssen, met sy diep innemende, grapperige, populistiese aanslag, is insgelyks so eiesoortig as wat jy kan kry. Hierdie populistiese aanslag is in akute spanning met die aard van sy werk, wat nogal hermeties is. Dus: geen populistiese digter nie, hoor.  Geen performance poet nie, hoewel hy die lewende bewys is dat moeilike digkuns siself nie as verhewe bo voordrag moet beskou nie.

     Peter aktiveer verskeie historiese argetipes met sy optredes: die boodskapper, die koninklike ambassadeur en selfs die koninklike nar, die “imposter’.

     Sy optrede het my herinner daaraan hoe belangrik dit is dat ’n maatskappy sy historiese argetipes geaktiveerd hou, want so onthou jy jouself, so herinner jy die bewussyn dat dit bewuste syn is, so hou jy die psigiese netwerk wat menslike bestaan beslaan (wat sigself altyd in spesifieke terme eerder as universele terme nie, voltrek), lewendig.

     In Suid-Afrika sal soortgelyke historiese argetipes die volgende kon wees: die pryssanger, die rapportryer, selfs die missionaris en die tolk.

     Holvoet-Hanssen, een van Vlaandere se meer enigmatiese en verbeeldingryke digters, het drie duiwe tydens sy voorlesing oor die aanhoorders onder in die straat losgelaat. Hy het gestaan op die katbalkon van die paleis, waar Napoleon op sy dag oorgebly het kompleet met aangrensende kamers vir sy “maitresses”. Trouens, die stadsdigter het ’n “maitresse” van sy eie aan die gehoor voorgestel! Sy is ’n vroulike mededigter, Ruth Lasters.

     Holvoet-Hanssen is andersins met die Belgiese romansier Noëlla Elpers getroud.

     ’n Stewige perskontingent het die onthulling van sy vierde stadsgedig gedek. Diegene wat nie teenwoordig was nie, kon later op plaaslike televisie na die geleentheid kyk. Daar was verskeie berigte oor, waarvan die dagblad De Morgen se berig tot my aandag gekom het.

     Hier onder volg die gedig van Peter Holvoet-Hanssen. Die gedig beweer dat sy maitresse hom gehelp het om die gedig te skryf. Die volgende gedig gaan deur myself en ‘n klomp skoolkinders geskryf word, sê Peter.

 

Salette

Mijn vorstelyck cauwke,

ontsnapt uit een schouw, ach je bed werd een buffet
het paleis een kooi van bladgoud en kristal – kijk die kakstoel
zat je daar maar in het zonnetje in je kattenjaponnetje
een gele eend parkeert haar rode auto bij de hoge esdoorn
dan landde ik als een lieveheersbeestje op je borst, zochten we
de goudvissen op het dak en zag je in mijn ogen een oude
landbouwer, hij legt een deken over een zieke koe
en vijf chocoladekevers in je mond die de dienstboden opgeilt –

Chevalier chéri,

soms wil ik ‘s nachts met de dienstbode in spiegels stappen
Maar dan hoor ik jou ademen in alle zalen alsof je slaapt onder
de houten vloeren en in je bedstee niet jij ligt maar het licht dat
gisteren hier hing tijdens die ene korte wals. Vannacht heb ik de
grootste, fraaiste goudvis van het bassin op het dak naar onze
dienstbode Gilbert genoemd. En die vale schimmelvis noemde ik
naar jou. Ik ving hem in mijn hand en wilde gauw een scheurtje
maken in zijn linkervin, maar toen stond je plots achter mij, ik zei:
‘Je smaakt naar bloemkoolchocola en je bent kleiner dan je denkt,
behalve ‘s nachts.’

Gij koude korenblomme,

kibbel maar de paarden terug in de stallingen, zadel mij op met je
geheime gangen, gil, krijs, kom klaar – vertoon weer inktvlekken
dit paleis begint er van te zingen

Peter Holvoet-Hanssen en Ruth Lasters

 

           

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •