Dag I
Ek is op die oomblik bevoorreg om met die oog op `n kursus William Blake te herlees en weer die vreesaanjaende simmetrie van sy verse te ontdek. Maar so met die lees oor Blake se werk het ek gaan draai by Northrop Frye uit die veertigerjare en toe onthou van Camille Paglia se hoofstuk, “Sex Bound and Unbound: Blake”, opgeneem in haar Sexual personae (1990). Reeds met die openingsin het ek besef, hier is ek ver verwyderd van die sublieme en die magiese inslag by Blake: “ William Blake is the British Sade, as Emily Dickinson is the American Sade” (p. 270).
Nadat Lina Spies my in die laat-tagtigerjare vertel het van Camille Paglia, het ek Paglia se boek aangeskaf. Wat my onmiddellik laat lees het, was die vars inslag van die teks – wie sou nou ooit daaraan dink om Byron met Elvis Presley (p.361) te vergelyk. Of om die kluisenaardigter Emily Dickinson gelyk te stel aan die Markies de Sade! Haar onlangse ontleding van `n aantal bekende Engelse gedigte is ewe verkwiklik.
In haar lesing van Blake se bekende “The Crystal Cabinet” het ons vintage Paglia op sig beste. Meeste kritici lees wel die gedig as synde `n verwysing na seksuele penetrasie, maar niemand stel dit so gevat soos Paglia nie:
The male is martyred, a lamb led to the slaughter. The vagina is a sexual crematorium. The crystal cabinet destroys by miniaturizing (cutting an erection dowm to size)… In Blake, the male enters a looking-glass world of sexual antimatter. His pleasant fear is his masochistic delectation at female dominance. The male willfully prolonging his sexual subordination makes his own hell. (p. 284)
So die vagina dentate is nou `n krematorium wat mans se penisse verskroei? Jy gaan my nie byt nie; jy gaan my verskroei.
En dit mis ek in ons (Suid-) Afrikaanse kritiek. Toegegee, Joan Hambidge het al interessante invalshoeke geïllustreer, soos bv haar Tarot-lesing van `n Hennie Aucampverhaal.
Maar waar is byvoorbeeld die Afrikaanse Wayne Koestenbaum? Die gedoktoreerde wat besin oor die borsnaat van Patrizia Lewis. Wat met vars perspektiewe kom op tekste? Apartheid is agter ons en die resessie om ons en Malema wag vir ons voor in die wa-pad so ons kan maar net so goed die solder `n bietjie uitvars en uitskud. Waar is die Memorandum van die Afrikaanse kritiek?
Koestenbaum het boeke geskryf oor opera en Jackie Onassis, Andy Warhol en oor hotelle en het in sy Double Talk (1989) -sy verwerkte doktorale proefskrif- onder meer die volgende te sê gehad het oor tekste: “Within male texts of all varieties lurks a homosexual desire which, far from reinforcing patriarchy, undermines it, and offers a way out” (p. 5).
Seker die interessantste hoofstuk is die een wat handel oor Eliot en Pound se samewerking aan The Waste Land. `n Lusmaker vir diegene wat nie bekend is met Koestenbaum nie:
The first verses revealed that Pound was the midwife of The Waste Land, and that Eliot was the mother, but left ambiguous how he had been impregnated. Insemination depends on sperm that expurgated verses supply: “His foaming and abundant cream / Has coated his world.” Receptive Eliot takes in Pound’s sperm, for E.P., the “blinded him” who, merely masturbatory, cannot “touch his fellow men,” is the source of the upjutting “cream”. Pound, Eliot’s male muse, is the sire of The Waste Land. (p. 121)
Of:
Despite New Critical smokescreens about Fisher Kings and symbolic wounds, castration is not the unmanning that the poem fears. It dreads anal penetration that has already occurred: the cracked earth in “those hooded hordes swarming / Over endless plains, stumbling in cracked earth.” Eliot may have longed for Pound’s editorial insemination, but the poem’s hysterics experience it as rape. Like the raped and tongueless Philomel, the poem has translated its experience of being penetrated (by Pound) into a hysterical method of speaking. (p. 135)
Na die lees van Koestenbaum kan mens nie anders as om met nuwe oë te kyk na Kannemeyer se edisiewetenskaplike uitgawes van briewe en ongepubliseerde manuskripte nie. Die inplant van die voetnoot in die privaat teks open ‘n vista van perspektiewe.
Of na skryfskole, mentorskappe en tesisbegeleiding. Die verhouding tussen die student en die dosent wat sy/haar teks met die pen bekrap. Of wat van die poësiekeurder by die uitgewery? Dis meer as Gilbert en Gubar se metaforiese fallus wat hier skribbel. Wat is daar te sê oor track changes?
Of sal `n koor van kritiese lesers opspring, aanspraak maak op wetenskaplikheid en toetsbaarheid en vrae stel soos: Hoekom kies Bloom juis die Kabbala? Hoe weet Sedgwick Kosofsky dat daar sprake was van masturbasie by Jane Austen of homososiale begeerte by mans? Dan is daar ook nog die Frankofobe onder ons (terloops, Paglia wil Derrida en Foucault in die Bostonse hawe ingooi) en diegene wat vra: wat dan van die Afrika-teoretici? Waar is Soyinka en Fanon en Achebe en Ngugi in analises van Afrikaanse tekste? Pas Ama Ata Aidoo nie beter by Dido as Irigaray nie? Is by X nie sprake van Kurt Darren as precursor eerder as Daniël Hugo nie?
Dag II
In `n essay “An unwritten poem by Heinrich Heine”, opgeneem in Cleavage – essays on sex, stars and aesthetics (2000) sleur die musiek van Schubert se “Dood en die meisie” vir Koestenbaum so mee dat hy onder meer `n kus van Schubert en `n insestuese tango met `n afwesige Teutoniese vader begeer. Dan droom hy die volgende:
A lesbian bookseller handed me an unwritten Heinrich Heine poem, “Mirror”, and asked me to translate it into English. We discussed problems of labor and management, and I pledged fealty to the powers-that-be. She complained about striking workers; despite the bleeding ulcers on her lips, I accepted her kisses. Why did a lesbian want to seduce me? She must have noticed my resemblance to Caligula.(p. 206)
Nog die gedig nog die vertaling word aangeheg, maar Koestenbaum lê dan eerder `n verband met die werklikheid en die man wat hy gister gesoen het, net voordat hulle die argief sou binnegaan om na Carl Van Vechten se pornografiese kladboeke te gaan kyk. Laat my nogal wonder hoeveel Amerikaners kan naas Amerikaans en Engels bv Duits of Frans lees. Tog vind ek meeste van die essays, anders as by bv Barthes of Sontag of selfs Paglia in haar Vamps and tramps, ietwat onaf en onklaar.
Ewe interessant is sy “A brief defense of private poetry” waarin hy veral besin oor kuns en demokrasie en hoe die gewone Jan Alleman wat gedigte skryf, bydrae tot demokrasie. Ons weet reeds poësie laat niks gebeur nie en digters is beslis nie die wetmakers van die samelewing nie. Maar dis veral die volgende opmerking wat almal wat skrywe ter harte kan neem:
I distrust all language that isn’t snaky, and I think it is healthy for a democracy to make room for devilish arts that disobey the straightforward – arts that acquaint us with the church’s former adversary, the erroneous. (p. 306)
En dan is ek weer terug by Blake met sy weersin in geïnstitusionaliseerde godsdiens; die Blake van “The Little Vagabond”:
Dear mother, dear mother, the Church is cold,
But the Ale-house is healthy and pleasant and warm;
Besides I can tell where I am used well,
Such usage in Heaven will never do well.
But if at the Church they would give us some ale
And a pleasant fire our souls to regale,
We’d sing and we’d pray all the livelong day,
Nor ever once wish from the Church to stray.
Then the Parson might preach, and drink and sing,
And we’d be as happyas birds in the spring;
And modest Dame Lurch, who is always at church,
Would not have bandy children, nor fasting, nor birch.
And God, like a father, rejoicing to see
His children as pleasant and happy as He,
Would have no more quarrel with the Devil or the barrel,
But kiss him, and give him both drink and apparel.
Op Vox de Nube, `n CD met Noirin Ni Riain en die Monks of Glenstal, word die volgende gedig voorgelees soos vertaal deur Brendan Kennelly:
I’d like to give a lake of beer to God.
I’d love the Heavenly
Host to be tipping there
For all eternity.
I’d love the men of Heaven to live with me,
To dance and sing.
If they wanted, I’d put at their disposal
Vats of suffering.
White cups of love I’d give them
With a heart and a half;
Sweet pitchers of mercy I’d offer
To every man.
I’d make Heaven a cheerful spot
Because the happy heart is true.
I’d make the men contended for their own sake
I’d like Jesus to love me too.
I’d like the people of Heaven to gather
From all the parishes around,
I’d give a special welcome to the women,
The three Marys of great renown.
I’d sit with the men, the women of God
There by the lake of beer.
We’d be drinking good health forever
And every drop would be a prayer.
Amper soos die sinodale paleis in Kaapstad wat nou `n hotel is?
Dag III
Is Antjie Krog dan die Sade van die Afrikaanse poësie met haar kastrerende vroue en haar voorliefde vir werkwoorde van geweld? Haar swetsende vrou wat `n man sodomiseer met `n besemstok?
Dag IV
Miskien moet ek eerder `n gedig skryf oor Ronaldo se lyf; hy die Portugees vernoem na Ronald Reagan. Wat daagliks glo 3 000 sit-ups doen om daai magie so te hou. Maar wat tog `n besondere lang nek het met die koppie bo-aan, byna soos `n kameelperd.
Lê hy daar oopgetrek vir Armani soos David Beckham en Mark Foster, dan lyk hy soos die seksimbool wat hy is. G’n wonder Paris Hilton moes hom as `n bykomstigheid dra nie. Hoeveel mense het saam gekreun met die meisie met die groot plakkaat by die sokker: Marry me, Ronaldo!?
NS: Gaan kyk gerus na Wynand Olivier se foto in die jongste People (of is dit nou heat?) – en dan praat ons weer. Hy kort dalk bietjie van Ronaldo se nek. En nee, ek stry nie, ek ly aan die liggaamsmisvormingsindroom – uit my spieël loer daar elke dag terug `n kruising tussen Fur en Elephant Man. Ek kan dit altyd afmaak as estetisme of Tadzioïsme.