Volgens ‘n berig op De Papieren Man gaan Shakespeare & Co., die legendariese boekwinkel in Parys wat in 1919 deur die ewe bekende Sylvia Bleach tot stand gebring is, steeds van krag tot krag.
So is daar via ‘n verklaring aan The Publisher’s Weekly bekend gemaak dat hulle vanjaar nie net met die tydskrif Paris Magazine gaan hervat nie, maar ook ‘n prys ten bedrae van € 10,000 gaan instel vir die beste ongepubliseerde novelle.
Ek haal aan uit die genoemde verklaring: “Shakespeare & Company Bookshop, the Paris literary icon originally founded by Sylvia Beach in 1919, and opened by George Whitman in 1951, is launching a literary magazine and literary prize. Both ventures will be officially announced at the famed Left Bank bookstore’s fourth biannual literary festival held the weekend of July 18-20. The magazine, Paris Magazine, is what store owner Sylvia Whitman calls a ‘reincarnation’ of a literary magazine with the same name that her father founded in 1967. The elder Whitman published three issues at sporadic intervals before discontinuing it in the ‘80s. ‘This will be the fourth one, but many, many years later,’ the younger Whitman explained. It has not yet been determined how often this incarnation of Paris Magazine will be published. Paris Magazine, edited by former Granta managing editor Fatema Ahmed, will include fiction, nonfiction, and illustrations. The current issue, with a 5,000-copy print run, contains a new translation of a poem by Apollinaire by Beat Generation writer Lawrence Ferlinghetti, a short story by N’Diaye, and another short story by Jesse Ball.”
Skrywers wat aan die literêre fees (18 – 20 Julie) gaan deelneem, is: Martin Amis, Hanif Kureishi, Philip Pullman, Will Self, Carole Seymour-Jones, Jeannette Winterson, Nobelpryswenner Gao Xingjian en natuurlik ons eie Breyten Breytenbach.
En as dít alles nie goeie nuus is nie, weet ek nie wat is nie …
***
Vanoggend wemel die webblad weer met nuwe inhoud. Ten eerste verwelkom ons Eben Venter met sy eerste plasing in die Buiteblik, ook Carina van der Walt het ‘n nuwe bydrae gelewer. By Wisselkaarten is daar ‘n kostelike bydrae deur Chris Coolsma en Karlien van der Merwe vertel van ‘n besonderse kunsuitstalling. Onder ons vaste bloggers is daar nuwe stukke deur Marius Crous en Desmond Painter. Ten slotte fokus ons jou aandag op ‘n sportgedig deur Chris van der Westhuizen wat op die nippertjie ingekom het vir die pasafgelope Blogfokus.
Dan kan dit nie meer ontken word nie: die naweek is hier. Geniet dit.
Nuuswekker hervat weer Maandag.
Mooi bly.
LE