Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 July 201011 February 2011

Jelleke Wierenga. Wat is die poësie ’n vreemde ding

Dit het begin by Oscar en Lucinda. Dit het geëindig by ’n fiktiewe digter wat wêreldbekend geword het. En ek wonder wat poësie nou eintlik is.

Eintlik het dit by ’n reënerige middag begin. Hier op Montagu reën dit nie baie nie, behalwe wanneer dit báie reën. Wanneer die wolke toetrek, die wind die bome rondpluk en die eerste druppels op die sinkdak plons, raak ’n mens baie opgewonde. Jy verklaar dit terstond ’n vakansiedag wat jy in die bed gaan deurbring met ’n boek, by gebrek aan ’n kaggel met ’n knetterende vuur. Maar eers vinnig biblioteek toe – die gedagte aan Isaac Asimov, Ray Bradbury, Kurt Vonnegut of Harlan Ellison saam met my is die bed is hoogs verleidelik.

Een van Vonnegut se stories wat my altyd bybly, is Harrison Bergeron. Alle mense is uiteindelik gelyk. Dié wat bogemiddeld intelligent, atleties of aantreklik is, word ingevolge wetgewing gekniehalter sodat niemand ooit minderwaardig hoef te voel nie. Harrison Bergeron, die hoofkarakter, is buitengewoon begaafd en moet dus buitengewoon swaar belas word … hy dra oorfone wat harde, steurende geluide in sy ore pomp, sleep driehonderd pond se gewigte aan sy lyf saam, dra ’n dik bril wat hom hoofpyn gee, het ’n rooi rubberbal op sy neus, dra swart krone oor sy tande en het geskeerde wenkbroue.

Ek sê niks verder oor die storie nie, ingeval iemand dit dalk wil opspoor en lees.

Terug na die biblioteek. Die menere wat ek so graag in my bed wou hê, blyk deur die swart kolk van die verlede ingesuig te wees – wat ’n teleurstelling om te ontdek hul boeke word nie meer aangehou nie. En wetenskapfiksie het nie meer sy eie rakke nie; als word nou onder “Fantasie” geklassifiseer. Vandag se soort fantasie wat in dik-dik volumes en reekse verskyn, staan my nie aan nie. Ek dwaal verby die rakke met grootdrukboeke en my oog val op Oscar and Lucinda van Peter Carey. Iewers in my agterkop onthou ek hy het die Bookerprys vir dié boek gekry, en dat dit ’n jaar of wat gelede op die kortlys was vir die beste van die Bookers sedert die prys ingestel is. Ag, nou ja, dink ek, dis dalk tyd om by te kom en ’n Bookerpryswenner te lees.

Só ontmoet ek, letterkundige barbaar, uiteindelik vir Peter Carey. Die hardebandboek is vrekswaar oor dit so dik is en nogal moeilik om te lees oor die groot letters – te groot vir my naby-oog en te klein vir my ver-oog. Maar ek is in verrukking oor Carey, sy fenomenale woordgebruik, subtiele humor en buitengewone karakters.

Ná ’n paar dae van aanmekaar lees en geïrriteerde boodskappe op die antwoordmasjien webspoor ek Peter Carey. Wíé is die man wat so fenomenaal skryf? Hy is toe nie so indrukwekkend nie, kom ek agter toe ek ’n video van hom op YouTube bekyk. Is dit N.P. van Wyk Louw wat gewaarsku het ’n mens moenie die mens agter die boek soek nie? Hoe waar – waarom kan ons nie bly by die feestelike vrugte van die skrywer/digter/kunstenaar se verbeelding en die doodgewone skepper met rus laat nie?

In die video oor Carey se boek, My life as a fake, noem die onderhoudvoerder dat dit geïnspireer is deur ’n ware insident: die grootste letterkundige poets van die twintigste eeu waartydens die fiktiewe Australiese digter Ern Malley geskep is. Sy skeppers is lankal dood, maar Malley is fris en gesond en skop steeds stof op.

Van Ern Malley het ek nog nooit gehoor nie, maar ek het my nog nooit geroem oor my uitgebreide letterkundige verwysingsraamwerk nie. Danksy die internet weet ek nou heelwat meer van hom – daar is selfs ’n amptelike www.ernmalley.com

Portret van Ern Malley deur Sidney Nolan
Portret van Ern Malley deur Sidney Nolan

Ernest Lalor Malley en sy gedigte is in 1943 geskep deur twee tradisionele – en volgens sommige bronne, middelmatige – digters, James McAuley en Harold Stewart. Hulle het die modernistiese beweging van hul tyd, wat geassosieer was met anargisme en kommunisme, verafsku. Hul digter Malley sou die modernistiese gedigte ontmasker as pretensieuse bog. McAuley en Stewart se teiken was die jong en briljante Max Harris, redakteur van die linkse avant garde tydskrif Angry Penguins.

Die twee het Malley se onortodokse gedigte blykbaar binne net een geïnspireerde middag geskep, ’n konkoksie van woorde, sinne en idees uit enige boek of teks wat rondgelê het – selfs uit ’n handleiding oor die voorkoming van malaria. Toe het hulle ’n hele geskiedenis vir die fiktiewe Malley uitgedink. Hy het ’n moeilike en tragiese lewe gehad, maar was altyd oortuig van sy genialiteit as digter al het niemand geweet hy skryf gedigte nie. Hy moes natuurlik vroeg sterf – op 25 jaar aan Grave’s Disease (ja, daar bestaan werklik so ’n siekte!) – sodat niemand hom kon kontak nie.

McAuley and Stewart het ook ’n suster, Miss Ethel Malley, gekonfabuleer, wat Malley se gedigte ná sy dood op 23 Julie 1943 “ontdek” het. Sy het aanvanklik twee gedigte aan Max Harris gestuur nadat “iemand” aanbeveel het dat sy dit na hom stuur vir ’n mening. Harris was hoogs beïndruk daarmee. In sy uiters vleiende inleiding by die publikasie van Malley se gedigte in die 1944-herfsuitgawe van Angry Penguins vertel hy van sy reaksie ná ontvangs van die twee gedigte: “At this stage I knew nothing about the author at all, but I was immediately impressed that here was a poet of tremendous power, working through a disciplined and restrained kind of statement into the deepest wells of human experience. A poet, moreover, with cool, strong, sinuous feeling for language.”

Sus Ethel het op Harris se versoek haar broer se hele oeuvre – 16 gedigte met die titel The darkening ecliptic – aan Harris gestuur, asook ’n brief waarin sy haar broer se lewensverhaal vertel.

Harris was geweldig opgetoë met die tragiese en onbekende poeëet se werk en skryf in sy oorsig onder meer: “I am firmly convinced that this unknown mechanic and insurance peddler is one of the most outstanding poets that we have produced here. Yet this is not based on any romantic reaction to the circumstances by which his poetry has come into possession, nor by the great artistic self-possession with which he treated his forthcoming death. It is the perfection and integration of his poetry.

“… Malley approached poetry with a tremendous sense of the imoprt [sic] of what he was doing. In one of his best poems, then, we find such relatively unfamiliar words as apodictic, valency, crenellated, enteric, and bourdon. Yet the poem logically demands these words because of its strict autarchical domestic economy. Language is not master; it is creator!”

Die omslag van die 1944-herfsuitgawe van Angry Penguins met ’n omslagkunswerk deur Sidney Nolan.
Die omslag van die 1944-herfsuitgawe van Angry Penguins met ’n omslag-kunswerk deur Sidney Nolan

Die poetsbakkers was hoogs in hul skik met die sukses van hul grap … ongelukkig verklap Stewart dit toe aan ’n vriendin wat ’n groentjie-verslaggewer is. Die koerantbloedhonde is gou op McAuley and Stewart se spoor, maar hulle weet van geen sout of water nie. Harris word deur akademici in Adelaide daarvan beskuldig dat hy die gedigte as self-satire geskryf het. Hy erken dat Malley fiktief kan wees, maar sê hy staan of val by die letterkundige meriete van die gedigte. Harris verdink op sy beurt weer verskeie kollegas. Vingers word in alle rigtings gewys totdat die Sydney-koerant Fact uiteindelik McAuley en Stewart se erkenning publiseer. Volgens hulle was dit ’n letterkundige eksperiment. Hulle het die verse een Saterdagmiddag in Oktober 1943 aanmekaargeslaan met behulp van ’n lukrake versameling boeke wat op hul lessenaars gelê het … stukkies uit handleidings, woordeboeke, wetenskaplike joernale, aanhalings van dese en gene en vrye assosiasies. Hulle het hul gedigte beskryf as “nonsensical sentences” en “bad verse”, “utterly devoid of literary merit as poetry”. Of dit wel net een middag se pret was, word deur sommige kritici bevraagteken. Hulle meen die gedigte het heelwat meer beplanning en werk geverg as wat McAuley and Stewart bereid was om te erken.

 

Harris is van alle kante afgekraak en verguis; hy moes tot Malley se gedigte in die hof verdedig op aanklagte van onsedelikheid en obseniteite. Hy het egter nooit sy vertroue in die waarde van Ern Malley se gedigte verloor nie. Die tyd het hom reg bewys. Malley het vandag die status van ’n gevestigde, erkende digter. Sy gedigte word in skole en universiteite gelees, bestudeer en bespreek. Talle akademiese geskrifte en selfs doktorstesisse oor hom het die lig gesien. Hy is die muse van skrywers, digters, skilders, komponiste en uitvoerende kunstenaars. In ’n ironiese ommekeer van McAuley en Stewart se grap word hul “onsinnige” gedigte gereken as werke van blywende waarde … hulle is vergete, maar die fiktiewe Malley bly lewe. Sommige kritici meen deurdat McAuley en Stewart hulleself toegelaat het om te “speel”, het hulle hul stilistiese en konvensionele perke deurbreek en iets vars en nuuts uit hul onderbewussyn gepluk.

 

Die verhaal van Ern Malley laat ’n mens wonder wat poësie nou eintlik is. Hoe kan skryfsels wat as onsin bedoel is, wat vinnig en lukraak uit verskillende bronne saamgeflans is, tydlose status as “gerekende poësie” verwerf? Hier is een van Malley se gedigte. Oordeel self:

 

Night Piece

The swung torch scatters seeds
In the umbelliferous dark

And a frog makes guttural comment

On the naked and trespassing

Nymph of the lake.


The symbols were evident,

Though on park-gates

The iron birds looked disapproval

With rusty invidious beaks.


Among the water-lilies

A splash – white foam in the dark!

And you lay sobbing then

Upon my trembling intuitive arm.

 

Ek moet beken dat ek dikwels van magteloosheid wil beswyk wanneer ek skryf of dig … om óór die gekondisioneerde perke en patrone te kom. Om die verharde gedagte-are te ontkalk, soos een van die karakters in daardie briljante kortverhaal Mimsy were the borogroves deur Lewis Padgett dit stel – om soos die jong, ongekondisioneerde kinders in die storie deur speelgoed die onbekende x-dimensie te betree. Drank help nie, dit maak my bloot dof. LSD sou help, maar waar kry ’n mens deesdae die goed?

 

Waarom dan maar nie ’n letterkundige eksperiment à la McAuley en Stewart nie? Hiermee dan ’n gedig uit van die tekste wat op en om my lessenaar rondlê: verskeie woordeboeke, taalhandboeke, digbundels, ’n kortverhaalbundel, koerante, tydskrifte, ’n inkopielys, doenlys, ’n DVS, musiekskywe, ’n kamera, my Hollandspratende selfoon en verskeie blikkies, bottels, sakkies, boksies, flesse en anderlike houers kruideniersware (my studeerkamer is deesdae in die kombuis oor dit die warmste plek in die huis is):

 

Verf sal faal

“It’s pointless,” Paradine complained
In le silence des anges heers
Angs Opties Wissen Antwoorden Bewerken
Butler het die inligting opgevolg
En twee verdagtes in hegtenis geneem
Een skaap is op ’n plaas in die Koo geslag
Honde eet lamgegeurde brokke

Afrikaans my taal
Hy lê daar so stil soos die dood, of
DOODSTIL
Haar hande is so koud soos ys, of

YSKOUD
Bel vir Pa
Stuur geskenkkaarte aan wenners
2 melktertjies

versene teen
die versene teen die prikkels
slaan

prekêr prex bede precarius

Daar is selfhelp, New Age, paganisme
En die okkulte
Nikon neem coolpix
Adaptogene verlig stres
Sweetness lingers longer met Selati
Hart, my hart, jy is so bang

Sojamelk Marmite Gebakte Bone
Gebliksemde vis kies ’n
Gesegde om jou sin te voltooi

Livingstone het die Victoria-waterval …
Oh sisters of mercy oh
Is kleur die allesbepalende faktor
Sal nooit ’n magtige skoonheid kom
Eisj, wat ’n week.

 

Binne ’n halfuur geskryf. Skat dit verklap baie van die malinge in my onderbewussyn.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Jelleke Wierenga. FAE – dit staan vir iets leliks →

4e gedagtes oor “Jelleke Wierenga. Wat is die poësie ’n vreemde ding”

  1. Leon Retief says:
    11 July 2010 at 19:59

    Jelleke, die hele verhaal herinner my aan die poets wat Alan Sokal op die joernaal Social Text gebak het. En as ek nou mag vit: daar is geen, soos in geen, bewyse dat die Rorschach-“toets” van enige waarde is nie.

    Reply
  2. Chris Coolsma says:
    6 July 2010 at 07:29

    Wierenga, ‘n Groningse van, net as Esterhuizen. Ons het ooit die graf van die aartsvader van Louis opgespoor in Bedum. Dalk ken jy nie die familienamenbank nie? http://www.meertens.knaw.nl/nfb/
    Daar is tans 1710 mense met die van ‘Wierenga’ in Nederland. Die stad Groningen is die sentrum van uitsaaing.

    Er versta en stem saam. By die saamstelling speel die onderbewuste ‘n leiende rol en breng verwerkte observasies in die keuse van woorde en sinne. Ek is ook ‘n bietjie beskaam (‘n sufferd), nu ek die gedig bewuster het gelees. Angs en vrees.

    Met die Suid-Afrikaanse werklikheid is ek dalk meer vertroud dan jy sal dink. Sedert 1997 het ek besonder baie belang gestel in SA, ons het die land besoek in 2000 en het in die joernalis Bram Vermeulen en die skrywer Adriaan van Dis betrokke deskundiges. Die WK is in koerante en deur uitsaaijoernaliste begeleid met analises oor die SA werklikheid. Ek loer dikwels na Fear.com en het in gesprekke met boere en lodgebeheerders inligtinge gekry.

    Maar ek gesels nie baie oor die situasie met my SA vriende nie. Dalk ken jy die Nederlandse uitdrukking: ‘in het huis van de gehangene praat men niet over de galg’ .

    Sjoe, ek moet op die fiets Groningen toe. Sal vir jou ‘n bietjie warmte na die Suide toe blaas.

    Reply
  3. Jelleke Wierenga says:
    6 July 2010 at 06:27

    Chris, net my selfoon praat Hollands – my eie Hollands is beroerd, al kan ek dit heel goed verstaan. Skryf gerus in Hollands. Ek geniet veel van woorde soos “sufferd”, “stakkerd”, “verdraaid nog aan toe”, “wat een bende!” (vir ‘n deurmekaar kamer) en soortgelyke woorde wat my pa graag gebruik het. Af en toe dra ek ook die bokkepruik.
    Jy weet, Chris, hoewel die gedig “Verf sal vaal” eintlik uit betekenislose brokke saamgestel is, was ek heel verstom oor hoe die onbewuste wel vir ‘n samehang en deurlopende betekenis gesorg het. Dit is eintlik ‘n bietjie skrikwekkend hoe dit die onderbewuste ten toon stel, nes ‘n vrye assosiasie- of Rorschach-toets versteekte elemente van die persoonlikheid na vore bring.
    Vir my is die deurlopende tema van die gedig die Suid-Afrikaanse werklikheid (waarmee jy dalk nie so goed vertroud is nie): die voortdurende angs (te midde van die stilte van engele – van “anges” (engele) na “angs” is in Suid-Afrika geen groot sprong nie!), misdaad, gewelddadigheid, Afrikaans se bedreigde status, die futiliteit van verset, vrees, Afrika se koloniale verlede, kleur (ras) wat die allesbepalende faktor is, die versugting na ‘n grootse ingryping … alles opgerol in ‘n week.
    Ek sem saam dat poësie waarneming (observasie) is – maar neem die onderbewuste nie ook waar nie? By uitstek?

    Reply
  4. Chris Coolsma says:
    5 July 2010 at 08:19

    Jelleke, nu je een Hollandspratende selfoon bezit, durf ik wel in het Nederlands te schrijven. Liever deed ik dat in ht Afrikaans, om mezelf te oefenen (ik verklap hier waarom ik steeds vaker Afrikaans schrijf – om te oefenen)maar dat kost me op dit moment teveel tijd.
    Ik heb nogal genoten van deze inschrijving (dit is een Afrikanisme). Ik ga proberen om de Ankerpunten (zie mijn bijdragen aan Wisselkaarten) op je gedicht toe te passen. Misschien lukt het nog deze week, maar met het warme weer (had jij in je huis maar de temperatuur die wij hier deze zomer dagelijks overal genieten), het voetbal (we worden wereldkampioen, roept iedereen hier) en mijn werk (dit is de laatste week voor de vakantie) heb ik er een hard hoofd in.

    Daarom hier vast de samenvatting: volgens mij is het op deze manier samengestelde gedicht geen poëzie, omdat het niet betekeniszwanger is, maar betekenisloos. Weliswaar heb je met je ambachtelijke vaardigheden de fragmenten kundig samengesmeed tot iets dat er uitziet als een gedicht en koos je de fragmenten met een poëtische ziel als gids, maar het blijft toch een knutselwerkje dat geen ander doel heeft dan vermaak. Het zegt ook veel dat het je een half uur kostte. Poëzie kan wel zo snel komen, maar vraagt meestal nog om uren, dagen, weken vijlen en poetsen. Denk ik.

    De tweede reden dat het hier geen poëzie betreft, is het ontbreken van observatie. Poëzie begint bij scherpe en hardnekkige observatie (van het geeft niet wat. Hier is voornamelijk geknipt en geplakt.

    Dat doet er volgens mij overigens niet toe. Het gedicht is vermakelijk, kundig gemaakt, roept wel allerlei gedachten op en maakt nieuwsgierig naar de auteur. Die ons bij de neus heeft genomen. Is een ‘mallet’ niet een eend? Kwaak-kwaak.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "aalmoes vir die bootman" (Andries de Beer)

Nuutste bydraes

  • Charl-Pierre Naudé. Mymering
  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)

Nuutste kommentaar

  1. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Barbara, ek waardeer jou terugvoer

  2. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Dankie vir die tyd en die waardering, Ena.

  3. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  4. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  5. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d