Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 July 20105 July 2010

WS Merwin nuwe Amerikaanse laureate

WS Merwin
WS Merwin

Die Amerikaanse Library of Congress het einde verlede week bekend gemaak dat WS Merwin pas aangestel is as die 17de poet laureate vir die VSA. Hy sal Kay Ryan, wat sedert 2008 die laureate was, opvolg vir ‘n tweejaartermyn.

Die 82-jarige Merwin is die skrywer van 30 boeke en het al verskeie toekennings, waaronder twee Pulitzer-pryse, ontvang. Sedert 1976 is hy woonagtig in Hawaii vanwaar hy sy amp as poet laureate sal verrig. Hiervoor sal hy ‘n salaris van $35,000 per jaar ontvang, plus $5,000 vir reisonkostes.

Dit is welbekend dat sy bekering tot die digkuns tydens sy studies aan die Princeton Universiteit onder leiding van John Berryman was. Hieroor het hy hom soos volg uitgelaat: “It was not until I had received a scholarship and gone away to the university that I began to read poetry steadily and try incessantly, and with abiding desperation, to write it.” In ‘n onderhoud met die New York Times het hy die volgende oor poësie te sê gehad: “Everything’s got to do with listening. Poetry is physical. As Pound said, poetry has one pole in reason and one pole in music. It’s like making a joke. If you get one word wrong at the end of a joke, you’ve lost the whole thing.” 

Graag hou ek egter ook die volgende veelseggende gedig met die titel “Berryman” aan jou voor:  “I had hardly begun to read / I asked how can you ever be sure / that what you write is really / any good at all and he said you can’t / you can’t you can never be sure / you die without knowing / whether anything you wrote was any good / if you have to be sure don’t write”

As huldeblyk volg nog ‘n WS Merwin-gedig onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Soos gebruiklik skop hierdie week omtrent af met ‘n klomp stewige bydraes op die webblad. Afgesien van Marius Crous se nuwe digstring waarin hy vertel van die onstaansgeskiedenis van sy gedig “Die ander man“, is daar bydraes deur Chris Coolsma, Andries Bezuidenhout, Desmond Painter, Jelleke Wierenga en Charl-Pierre Naudé. In die Briewboks is daar ook ‘n nuwe gedig deur Joan Hambidge oor Diego Maradona waaraan jy jou kan verlustig.

So, geniet dit. En mag hierdie ‘n week van vreugde wees …

Mooi bly.

LE

 

Provision

 

All morning with dry instruments
The field repeats the sound
Of rain
From memory
And in the wall
The dead increase their invisible honey
It is August
The flocks are beginning to form
I will take with me the emptiness of my hands
What you do not have you find everywhere

 

© WS Merwin (Uit: Migration – New and Selected poems, 2005)

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d