LAMENT OF AN IDLE DEMON It’s quiet in Hell just now, it’s very tame.
Satan, the poor old Puritan, sits there
He sips his brimstone at the Demons’ Club
R.P. Lister (1914- ) |
Klag van die duiwel
Deesdae is dit stil in die Hel – tam is die duiwels en die verdoemdes dut. Daar is skaars ’n swawelreuk en min vlam, die siele raak verveeld van die rondsit.
Satan, die ou Puritein, sit en drink, sy spotgegrinnik is net ’n pose. Lusteloos blaai hy deur André P. Brink: Hoe het hy kon droom dis uit die bose?
Hy teug aan sy duiwelsdrek by die Klub (ál troos vir hom vandat hy oorstuur is) en bly hom bekla by Beëlsebub dat hel-op-aarde warmer as Hier is.
(Verse van die ongeloof, HAUM-Literêr, 1989)
© vert deur Daniel Hugo
|