Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 July 201012 July 2010

Die hermetiese vers en sy uiteenlopende gedaantes

Dit lyk soms of poësiekommentators die gevaar loop om die hermetiese of eliptiese vers gelyk te stel met sintaktiese of woordvernuf. Daarmee bedoel ek: die sintakties eenvoudige vers word dan per ongeluk gelykgestel met toeganklikheid.

     Om laasgenoemde te doen, is foutief.  Ek glo die gelykstelling vind meestal onbedoeld plaas, maar dit maak dit nie minder misleidend nie.

     Die beste hermetiese verse is soms sintakties totaal eenvoudig, selfs oorvereenvoudig. Die waarheid is dat hermetiese verse dikwels deadpan gestel word.

     Kyk na die volgende stelling van die literator Andries Visagie:

 

In Afrikaans is daar groter waardering vir die verhalende gedig en die serebrale of elliptiese poësie voer nie werklik die botoon nie.  Die eietydse poësie in Afrikaans is sterk liries (en toenemend ook verhalend), maar die aandrang op toeganklikheid is veel sterker as in lande soos in Nederland of the VSA

 

     Wat Visagie sê is heeltemal waar, maar daar gaan ’n moontlike gelykstelling in hierdie stelswyse skuil wat foutief sal wees. Dit klink of die verhalende gedig en die serebrale/eliptiese gedig hier teenoor mekaar opgestel word.

       Van die mees eliptiese en serebrale verse is soms juis verhalend, juis sintakties enkelvoudig, juis tegnies gesproke on-eksperimenteel van aard.

     Helaas, mens kry natuurlik ook elipsis en die hermetiese wat met woordvernuf en sintaksis te doen gaan hê.

    Alle poësie werk egter met die oudste spel: wys en steek weg, wys en steek weg. Elke baba se eerste glimlag – wat dikwels volg op “Daar is hy!/Weg is hy!” – bevat die wortel van alle digkuns.

     In ’n neutedop: Daar is in die breë twee maniere om die wys-en-versteek-spel te speel. Die digter kan konsentreer op die woorde self, en hoe daardie woorde soms verassenderwys ontplooi.

     Of hy/sy kan konsentreer op die elemente en die eenhede van die verbeeldingspel. Dan bly woorde min of meer konstant, want daar is te veel buiten dit wat besig is om rond te skuif.

     Dit sal dus verkeerd wees om van die jonger digkuns, soos aangetref by Ronelda S. Kamfer en andere, per definisie met die aandrang op toeganklikheid gelyk te stel. Dalk is hulle net besig om ’n ander soort spel na te streef wat met die tyd saam ’n ander soort hermetiese vers óók sal oplewer.   

     In die algemeen bevat baie gedigte ’n mengsel van die twee benaderings waarna ek hierbo verwys.

     Dit het alles te doen met wat jy “stil” wil hou terwyl jy die res “laat beweeg”. As jy alles gelyktydig laat beweeg, gaan niemand jou verstaan nie. As jy alles stil hou, soos dit was toe jy dit gekry het, gaan jy dit wat gegewe is herkonstateer of jy gaan ’n cliché kwytraak.

     Ek wil afsluit met ’n gedig wat sintakties uiters eenvoudig is, maar tog uiters hermeties. Hier is geen woordvernuf in die plasties-tegniese sin nie. Die vernuf is elders. Dis geskryf deur Antonio Gamoneda, die Spaanse digter. Die vertaling in Nederlands is gedoen deur Bart Vonck, en die gedig kom uit Brandend verlies (Arden las pérdidas (Uitgeverij P).

 

     Achter het donker staan de gezichten die mij verlaten hebben.

     Ik zag hun huid door bliksems verweerd. Nu,

     in het gele ogenblik, zie ik nog slechts

     de schittering van hun verre oogleden.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Wenners van die kompetisie: “Die gees van die avontuur”
  • Stefanus S. Vivier. Reisiger
  • Uitnodiging na die ATKV-digskool 27 – 29 Maart 2026
  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d