Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 July 201011 July 2010

Leo Vroman wen groot prys

Leo Vroman
Leo Vroman

Dit is einde verlede week bekend gemaak dat die vyfjaarlikse prys vir poësie wat deur die Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal- en Letterkunde (KANTL) toegeken word, vanjaar aan die 95-jarige Nederlandse digter-bioloog, Leo Vroman, toegeken is vir sy bundel Soms is alles eeuwig.

Gwij Mandelinck was die voorsitter van die paneel beoordelaars en volgens hul verslag is Vroman se bundel “een vaak indrukwekkend en toch relativerend scenario voor zijn eigen dood. Maar er wordt niet geweeklaagd. Als dichter-bioloog beschrijft (Vroman) al wat hij ontdekt met een bijna fysiologische verwondering.” Die beoordelaars het ook hul bewondering uitgespreek vir die manier waarop  “waarop (Vroman) het klassieke vers hanterend, zich ook wispelturige taalstructuren, verbale nonchalance en een springerig ritme permitteert.”

Die prysgeld beloop 6,250 euro en sal in Oktober in Gent aan Vroman, wat in die VSA woonagtig is, oorhandig word. Dit is maar die tweede keer dat dié prys toegeken word. Gerrit Kouwenaar, oor wie Nuuswekker vantevore berig het, is die vorige wenner. Ander genomineerdes was Piet Gerbrandy, Erik Spinoy, Charles Ducal en Rutger Kopland.

Vir jou leesplesier volg een van Leo Vroman se gedigte hieronder.

***

Sedert Vrydag het daar nie veel nuwe inhoud bygekom op die webblad nie.  In die buiteblik is daar egter ‘n bydrae deur Carina van der Walt oor die kunstefees in Watou. Ook is daar ‘n vertaling van RP Lister wat deur Daniel Hugo na Afrikaans vertaal is.

Lekker lees en laat hierdie week jubel van vreugde.

Mooi bly.

LE

 

Drie stenen zitten op een steen…

Drie stenen zitten op een steen.
Acht stenen liggen er om heen.
Daar onder liggen er nog negen.
Andere daar naast en tegen.
Een steen steekt half uit het zand naar buiten
om zich nog eventjes te uiten.
Leert, kinderen, dit uit zijnen mond:
houdt steeds een vuist boven de grond.

Leo Vroman
uit: Tirade 1968

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Leo Vroman wen groot prys”

  1. Charl-Pierre Naude says:
    12 July 2010 at 10:37

    Mmm.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Stephan du Toit. Musk stel ‘slimste KI tot nog toe’ bekend
  • Corlia Fourie. Oë van die tyd
  • Resensie: "Antjie Krog: ʼn  Ondersoekte lewe.  ʼn Huldiging" (Louise Viljoen, Red.)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. La dolce vita
  • Anne-Marie Bartie. riem telegram
  • Anne-Marie Bartie. dialoog
  • Paul Kloppers. die belangrikheid van byhou
  • Andrea Sieberhagen. Die kleur van stilte

Nuutste kommentaar

  1. Bester on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …12 March 2026

    Dankie vir die kommentaar Dietloff. Ek het twee weke terug afgekom op Eklips in ʼn boekwinkeltjie vir R10. Haal sommer…

  2. Jan Breet on Resensie: “Seine” (Koos de Wet)11 March 2026

    Is hierdie 'n resensie of 'n lesing oor die digkuns?

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …8 March 2026

    Baie dankie vir hierdie persoonlike siening en waardering van Breyten se werk.

  4. Gerard Scharn on Gerard Scharn. dirge6 March 2026

    Baie dankie meneer Odendaal.

  5. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d