Hennie Meyer: Onder die belt

Ek het met die werk deelgeneem aan die Sasol Nuwe Handtekeninge kompetisie in 2007.

Die werk het in die ou Things and Times in Pretoria ontstaan toe ‘n dowe man die alfabet

 op ‘n kaartjie aan die mense verkoop het.

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Hennie Meyer: Onder die belt”

  1. Marlise :

    Dit is die winterwind wat waai,
    maar die son skyn darem alte fraai.
    “Ja-nee, wat help dit om te kla oor nuwe stemme?”
    wonder die seevoëls in die baai.
    En tog: Wat het geword van Pieter Hugo?
    “Sy karretjies was nou rêrig cool …”
    En wat het geword van Jannie Malan?
    “O, ja, die een met donkerdiep gedagtes uit die laai.”
    Ai, skink nog wyn vir die keel.
    Luister wat fluit die wind uit die baai.
    Hy wonder ook maar net wat het geword
    Van Fancilie Hoek in die meel.

    L’Envoi

    Hul blogs het ons nog behou.
    Wat het geword van Marius Swart?
    Ek sit in die baai en tuur in die blou…
    Die selfverwyt begin te brand.
    Kry die nuwe stemme nie genoeg aandag nie?
    Voel hulle afgeskeep, verleë, of is hulle stukkend en verlief?
    Het alle woorde nou verdwyn in sand?
    Wat het geword van Suzanne Bezuidenhout?
    Wat het geword van Lize en Lewies?
    Stoei Bibi nog met Oom Olifant?

  2. Ivan Mocke :

    Welkom terug, Marlise! Gehoor van jou dinge … Wonderlik-betigtende vers hierdie. Ja-nee, waar is al die “nuwe stemme” heen? Of het al die gesokker-sokker hul lus vir die poësie gedemp? 🙂

  3. Pieter Hugo :

    En daar tref Marlise toe ‘n SEER kol!
    Eina!
    Ek sou wou sê dat ek (en my mede Nuwestemmers?) so besig is om te soek na die poëtiese G kol, om uiteindelik op te werk na die ekstatiese SOLObundel, dat ons nie eers ‘n oomblik kan afstaan aan ‘n BLOGkafoefeltjie nie,

    MAAR,

    die nare werklikheid (vir my altans) is dat ek vir dieafgelope weke reeds BAIE onpoëties vasgevang is in WERKWERKWERKWERKWANTDIENAGISTEKORTENNIEDAGKOMNADER. Anders as met poësie, kry ‘n mens daarvoor wel ‘n salaris. Vandaar die rymlose prioriteitsdwang (…en futlose slap pen…)

  4. Lewies Botha :

    Marlise, skuldig skuldig dig dig dig

  5. Jannie Malan :

    Eish. Ek ook, soos vanuit onder die skadu van ‘n oer-poëtiese erfsonde, staan skuldig aan intellektuele ledigheid… vanweë daardie lastige en onnodige saalsak genaamd ‘werk’.

    Ek onderneem eger plegtig om teen Maandag weer ietsie op die werf te plaas. Intussen sak ek, net die Bokke, my kop in skaamte!

  6. Bibi :

    Julle beken almal heeltemal te maklik skuld. Dink VERSKONINGS uit, mense. Verskonings maak baie meer interessante leesstof as skuld-erkennings.
    (Jannie en Pieter – julle werk-saalsakke/salaris-betoog is darem amper goeie verskonings, maar dik dit bietjie aan, man!)

  7. Bibi, Ek is eerste met my verskoning in blog neergepen. kom kom ek wag.

  •