Volgens ‘n berig op De Papieren Man se webtuiste het daar heelwat kontroversie ontstaan nadat die Portugese Playboy ‘n spesiale huldigingsuitgawe ter ere van die Portugese Nobelpryswenner, José Saramago, gepubliseer het.
Blykbaar is dit veral die omslag van dié spesiale uitgawe wat aanstoot gee: “Op de cover van het julinummer van het magazine knielt Jezus Christus neer naast een topless model, terwijl hij verder in het blad in de weer is met een lesbisch koppel en een prostituee. De foto’s zijn bedoeld als hommage aan Saramago en verwijzen naar zijn destijds geruchtmakende roman Het evangelie volgens Jezus Christus (1991).”
Dié roman, wat in Engels beskikbaar is as The gospel according to Jesus Christ, handel naamlik oor die gewaande verhouding tussen Christus en Maria Magdalena.
Volgens De Papieren Man se berig het die foto’s ontsteltenis veroorsaak by sowel die Roomse kerkleiers as die hoofkantoor van Playboy in die VSA. Volgens hulle is dié voorbladontwerp nooit aan hulle voorgelê vir goedkeuring nie. Hulle (dis nou Playboy VSA) het summier alle bande met hul Portugese eweknieë verbreek en hulle tot groot waardering van die talle Saramago-aanhangers van dié bepaalde uitgawe gedistansieer.
***
Vanoggend is daar nog drie besonderse plasings om die week mee af te skop. Onder Wisselkaarten is daar Edwin Fagel wat sy inspirerende korrespondensie met “O” in ‘n volgende brief voortsit, en Yves T’Sjoen wat in ‘n absoluut meevoerende stuk skryf oor Rein Bloem se stryd met die “vorm”; onder meer verwys hy ook na die digkuns van Gerrit Kouwenaar, Hans Faverey en Jacques Hamelink. En dan is ons bly om Marie-Alice Boshoff se eerste bydrae tot die Buiteblik aan te kan kondig; haar stuk handel oor al die gedigte teen die mure van die stad Gent, waar sy woon.
Lekker lees en geniet die week wat op hande is.
Mooi bly.
LE
Het onlangs weer Georges Bataille se The story of the eye gelees. Pornografie EN kuns? In my uitgawe van die boek is ook twee essays oor die pornografiese verbeelding deur Barthes en Sontag onderskeidelik. Maar ek moet bieg, ek het nog nie hierdie essays gelees nie.
Pornografie en kuns l^e miskien nie lekker lepel nie. Maar kuns en sensualiteit/erotiek -dis weer ‘n ander storie.
Mens moenie moeilikheid soek met sagtepornograwe nie. Hulle is gewoond om hulself sterretjies te gee.
Watter soort estetiese aanvoeling is dit wat met so ‘n pragtige, evokatiewe voorblad ‘n probleem kan he? Nee wat, pornografie is NIE kuns nie. Hier is weer ‘n bewys daarvan.
Kuns kan (toevallig) soms ( gesubsumeerd in ‘n groter konteks) pornografies wees, maar pornografie is waarskynlik nooit ooit kuns nie.