Nog ‘n Israeliese digter op wie daar met die nuutste uitgawe van Poetry International Web gekonsentreer word, is die Marokkaans-gebore digter Mois Benarroch. Op 13-jarige ouderdom het sy ouers na Isreal verhuis en het sy liefde-haat verhouding met sy nuwe vaderland begin. Synde een van die mees aktiewe en prominete digters in Israel, tree hy nie net gereeld tydens nasionale en internasionale feeste op nie, maar is sy werk ook in 2009 met die Eerste Minister se Literatuurprys bekroon.
Oor sy drietaligheid het hy hom soos volg in ‘n onderhoud met Lucy Pijnenburg uitgelaat: “Spanish is my mother tongue and my historic tongue, since this language has been spoken by family for the last thousand years, Hebrew is the language of my oppression, and a fight against this oppression, it’s a father tongue and it’s a male phallic chauvinistic tongue, but it is also the sacred tongue, the tongue of the temple, somewhere deep inside. English is a kind of neutral tongue, and also the tongue of the empire.”
Op ‘n vraag oor die toekoms van sy eie kinders in Israel het hy soos volg reageer: “Israel is a country in a state of change. It’s very dynamic and it is hard to say where it will be in a year. I have tried to pass on part of my history and heritage to my children, although this is not very simple, since school texts contradict all that I say to them. I am only one against a big system, and it’s a battle I cannot win. Maybe I can lose it with some dignity and save something from my past that will go on in future generations. As it is, my descendants will probably think that I came to Israel from a cave in Africa. That’s more or less the concept of the Sephardic Jew.”
Vir jou leesplesier plaas ek een van Benarroch se gedigte onder aan vanoggend se Nuuswekker. Op Poetry International Web is daar die onderhoud, ‘n artikel deur Dan Pagis en heelwat ander gedigte deur Benarroch wat gelees kan word.
***
Vanoggend is daar sommer heelwat nuwe leesstof. In die vertaalkamers is daar drie omdigtings deur Leon de Kock van eie gedigte; Desmond Painter het twee stukke geplaas: een oor William Carlos Williams en die gedig as objek, en ‘n resensie wat hy oor Hennie Aucamp se Oor en weer geskryf het. Ook Andries Bezuidenhout het ‘n stuk oor sy bundel rubrieke, terwyl Niel van Deventer weer ietwat nostalgies oor Koos du Plessis en oudword besin. Nog ‘n Nuwe Stemme bydrae is Hennie Meyer se gedig “Onder die belt“, ‘n gedig wat sy inskrywing was vir die Sasol Nuwe Handtekeninge-kompetisie in 2007.
Sommer ‘n kruiwa vol lekkerleesmateriaal. Geniet dit.
Mooi bly.
LE
ANTIPOETRY
Like Nicanor Parra I write antipoetry
antipoems for antipeople in antibooks
antipoems for anticritics for antireaders
antipoetry for antiassholes in the antimatter
antielectrons in the antiatoms for antideaf
in my antiadaptation to the literary world
in the antigroup of the antiliterature
antipoetry for antieditors for antiprizes
for antilecturers for anticorrectors for antipublishers
and it isn’t because I don’t like poetry or
because I don’t like critics, it is because,
like every other antipoet
I only know
how to write
antipoetry.
© Vertaling: 2005, Mois Benarroch (Uit: Bilingual Poems)