Andries Bezuidenhout. Dagboek, Januarie 1991

In Januarie 1991 was daar ʼn stormloop by ʼn sokkerwedstryd tussen Orlando Pirates en Kaizer Chiefs – 42 mense is dood. Swart kinders word vir die eerste keer in wit staatskole toegelaat. Daar is ook ʼn aanval by die begrafnis van ʼn lid van die ANC waarin 45 mense vermoor word. Nelson Mandela, FW de Klerk en Mangosotho Buthelezi hou vergadering om oor onderhandelings te praat.

In Irak en Koeweit begin Operation Desert Storm – ook bekend as die Golfoorlog. George Bush I is dus in Amerika aan bewind. Koning Olaf van Noorweë sterf daardie maand.

In Januarie 1991 luister ek na Leonard Cohen en lees van sy gedigte. “If you are the Light, give me light, buddy,” val my om een of ander rede op. Ek is linkshandig, maar begin om met my regterhand te teken vir effek.

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •