Volgens ‘n berig op De Papieren Man het die bekende Russiese digter Jevgeni Jevtoesjenko (77) besluit om sy volledige boek- en kunsversameling aan die Russiese staat te skenk. Die idee is dat die dubbelverdiepinghuis, wat in die skrywerskolonie Peredelkino buite Moskou geleë is, as ‘n museum bedryf sal word. Afgesien van Jevtoesjenko se boekversameling, besit hy ook ‘n kunsversameling waaronder ‘n aantal oorspronklike werke deur Pablo Picasso gereken word. “Men moet deze dingen die ook een geestelijke waarde vertegenwoordigen niet voor de mensen verbergen”, het Jevtoesjenko glo aan die Russiese media gesê.
Jevtoesjenko is natuurlik een van die mees gewilde (en geliefde) digters in Rusland. Hy het reeds in die sestigerjare roem verwerf met sy gedig Babii Jar (1962). Tydens sy optredes het hy maklik ‘n gehoor van etlike duisende betrek. Weens sy sterk teenkanting teen die Kommunisme was hy gereeld in konflik met die vorige bestel; telkens oor kwessies soos antisemitisme en die Kommunistiese owerheid se onvermoë om die uitdelging van die Jode by Kiev te erken en te gedenk.
Tans doseer Jevtoesjenko nog poësie aan die Universiteite van Moskou en Tulsa in die VSA.
Vir jou leesplesier plaas ek die beroemde gedig, wat ook as teks gedien het vir ‘n toonsetting deur Sjostakovitsj, hieronder.
***
Mmm, sedert gister het daar twee nuwe plasing op die webblad bygekom en dit is Jo Prins se ietwat tong-in-die-kies-besinning oor Panjo die Tier en slagspreke wat as moontlike inspirasie vir Nando-advertensies mag geld, en Ingrid Brunkhorst Hurrell wat haar eerste bydrae in die Buiteblik geplaas het …
Dan is dit hierdie naweek natuurlik die Kaapse Boekbeurs. Indien jy in die omstreke is, moet jy beslis ‘n draai maak. Veral Saterdag- en Sondagmiddag vanaf 15:00 se kant by die Poetry Café, aangesien daar wel ‘n paar Afrikaanse digters geskeduleer is om dan op te tree.
Inderdaad ‘n plesierige naweek wat op hande is.
Mooi bly.
LE
Babii Yar
No monument stands over Babii Yar.
A drop sheer as a crude gravestone.
I am afraid.
Today I am as old in years
as all the Jewish people.
Now I seem to be
a Jew.
Here I plod through ancient Egypt.
Here I perish crucified, on the cross,
and to this day I bear the scars of nails.
I seem to be
Dreyfus.
The Philistine
is both informer and judge.
I am behind bars.
Beset on every side.
Hounded,
spat on,
slandered.
Squealing, dainty ladies in flounced Brussels lace
stick their parasols into my face.
I seem to be then
a young boy in Byelostok.
Blood runs, spilling over the floors.
The bar-room rabble-rousers
give off a stench of vodka and onion.
A boot kicks me aside, helpless.
In vain I plead with these pogrom bullies.
While they jeer and shout,
“Beat the Yids. Save Russia!”
some grain-marketeer beats up my mother.
O my Russian people!
I know
you
are international to the core.
But those with unclean hands
have often made a jingle of your purest name.
I know the goodness of my land.
How vile these antisemites–
without a qualm
they pompously called themselves
“The Union of the Russian People”!
I seem to be
Anne Frank
transparent
as a branch in April.
And I love.
And have no need of phrases.
My need
is that we gaze into each other.
How little we can see
or smell!
We are denied the leaves,
we are denied the sky.
Yet we can do so much–
tenderly
embrace each other in a dark room.
They’re coming here?
Be not afraid. those are the booming
sounds of spring:
spring is coming here.
Come then to me.
Quick, give me your lips.
Are they smashing down the door?
No, it’s the ice breaking…
The wild grasses rustle over Babii Yar.
The trees look ominous,
like judges.
Here all things scream silently,
and, baring my head,
slowly I feel myself
turning gray.
And I myself
am one massive, soundless scream
above the thousand thousand buried here.
I am
each old man
here shot dead.
I am
every child
here shot dead.
Nothing in me
shall ever forget!
The “Internationale”, let it
thunder
when the last antisemite on earth
is buried forever.
In my blood there is no Jewish blood.
In their callous rage, all antisemites
must hate me now as a Jew.
For that reason
I am a true Russian!
© Jevgeni Jevtoesjenko (Vertaal deur George Reavey)
Dit is nou verskriklik toevallig: ek het pas gister ‘n opname van Sjostakovitsj se Simfonie 13 (Babii Yar) gekoop en gisteraand daarna geluister, en nadat ek die CD se omslagboekie gelees het, was ek van plan om vanoggend Jevtoesjenko se gedig (en van die ander wat Sjostakovitsj vir daardie simfonie getoonset het) te plaas en bietjie te skryf oor die moeilikheid wat die komponis en die skrywer in die vroee 60’s, rondom die eerste opvoering van die werk, met die sensors opgetel het… Ek sal nog steeds, miskien Maandag, iets oor die simfonie skryf. ‘n Aangrypende werk.
Dis werklik ‘n aangrypende vers hierdie van Jevtoesjenko. Dankie.