Marie-Alice Boshoff. Het Klankenbos
“ Het is geen muziek, of toch niet zoals we die kennen Het is geen gewone kunstwerken, want ze stoeien met geluid. Het is geen poëzie, maar de soundtrack ervan. Good Vibrations is de zomer in je oren, de gloed van geluid, kunst van de beste hedendaagse klankkunstenaars.” Good Vibrations, Neerpelt
In die Belgiese provinsie Limburg, nie ver van die Nederlandse grens, lê die dorpie Neerpelt langs die Dommelrivier in ‘n bos vind jy `n unieke versamelinge opelug klank- installasies. Verskillende klankervarings wag vir die besoeker wat met ‘n inligtingstuk in die hand die wandelpaadjies aanpak.
Die installasies is deur verskillende Europese klankkunstenaars saamgestel.
Die Klankenbos is heeljaar oop vir besoekers en die toegang is gratis.
Hier is vyf van my gunsteling klankinstallasies, elk met sy naam en sy skepper:
Het geheim van Horst
Horst Rickels (Duitsland) 2006
In die bos, al om die 15 minute, word die gekap van verskillende houtkappertjies skielik hoorbaar. Besoekers begin onwillekeurig tussen die digte blaredak na die ontwykende houtkappertjies soek.
Konversation
Erwin Stache (Duitsland) 2006
Twaalf rooi kassies wat soos parkeermeters lyk, groei soos plante uit die grond. As die besoeker hulle nader, begin hulle met mekaar klanke te wissel asof hulle in ‘n gesprek gewikkel is. Sommige kassies maak orkesgeluide waar ander stem- en omgewingsgeluide opneem en weergee. ‘n Eienaardige klankgesprek vind dan tussen die kassies plaas.
Oorsprong
Hans van Koolwijk (Nederland) 2007
‘n Besoeker stap ‘n reusagtige staalpyp, wat soos ‘n fluit lyk binne. Wind word onder lae druk aan die ander uiteinde ingeblaas wat intense voelbare vibrasies veroorsaak as die besoeker die groot ronde deur agter hom toemaak. Aan die labium kan die trilling gehoor word, omdat die vibrasie daar die sterkste is. Dit is dan ook daar waar die klank ontstaan: die plek van oorsprong.
Oor van Noach
Robert Lambermont (Nederland) 2010
‘n Houtbootjie dobber op die Dommelrivier. Die bootjie is met ‘n lang gebuigde arm aan ‘n trompetvormige gehoorbuis op die oewer verbind. Soos die naald van ‘n platespeler tel die gehoorbuis die geklots van die water op.
Springtime in a small town
Peter en Simone Bosch (Nederland) 2006
‘n Groot aantal houtkiste staan op mekaar gestapel met groot staalvere tussenin. Besoekers se beweging aktiveer die installasie. Stadig maar seker word daar vibrasies opgewek en wat deur die sisteem geleidelik vergroot word om later ‘n groot sterk chaotiese klank, soos van ‘n aardbewing, voort te bring. Hierdie installasie is geïnspireer deur ‘n eksperiment van die wetenskaplike ene Nikola Testa wie se eksperiment in 1896 hand- uit geruk het en ‘n klein aardbewing veroorsaak het…
Het Klankenbos Youtube filmpie waar jy die klanke kan hoor.
Op die oomblik is daar ook ‘n tydelike someruitstalling, nl. Good Vibrations in Neerpelt Good Vibrations georganiseerd in Neerpelt deur: MUSICA (Inpulscentrum voor Muziek) www.musica.be die brein agter Het Klankenbos.
‘n Wonderlike blog, Marie-Alice. Hier in SA het ons natuurlik Strijdom van der Merwe as landskapskunstenaar. ‘n Mens staan telkens verstom oor alles waarmee hy vorendag kom. Ken jy sy werk?