Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 August 20102 August 2010

Ritmikaliteit: Die belang van die tradisie

Soos ek in my vorige blog gesê het, ’n groter spektrum van ritmiese formasies kom oënskynlik deesdae in die poësie voor. Dis alles goed en welkom. Maar nie sonder risiko’s nie.

Persoonlik dink ek dat so ’n verskeidenheid van ritmiese en soms oënskynlik a-ritmiese of ekperimentele vorme slegs moontlik word in letterkundes wat ’n stewige klassieke metriese tradisie reeds gevestig het. Overgesetsyne, die poësie in daardie taal moet reeds stewig staan in die vasteversritmes en klassieke ritmes in al sy vorme.   

Dis daarom, myns insiens, belangrik dat hedendaagse digters vir hul eie beswil soveel kennis dra van die tradisie as wat moontlik is. Dit lyk miskien op die oog af of ’n vers wat in een of ander “prosa”-vorm, of losser ritmiese vorm, gegiet is, min met die voorafgaande tradisie uit te waai het. Dis ’n misleidende indruk.  

As leser is dit my ervaring dat die beste hedendaagse eksperimentele of losser geweefde gedigte die geheue van die tradisionele poësie weldeeglik vervat. Jy kan daardie klassieke geheue in die beter hedendaagse vorme aflees, of dit nou die geheue van Nederlands is of van Engels of ’n ander taal. Dis soos ’n genetiese bloudruk iewers daarin versteek.

Waarom ek dit nodig vind om hierdie nootjie aan te slaan, is omdat dit lyk of daar ’n slaggat vir digters is wanneer dit kom by meer eietydse vorme. En daardie slaggat is ’n “ritmikaliese” slaggat.

Per definisie werk die digter, veral die in kleiner tale, vandag met ’n geheue wat nie net kom uit sy eie taal nie. 

En hierin lê die slaggat: Die ritmiese geheue van ’n taal se poësie kan nie uit ’n ander taal geneem word nie. Dit kan slegs uit eie vesel en bodem groei. (Miskien is dit ’n veralgemening, maar dit is my eie ervaring as digter.)

Die ritmiese aard van Afrikaans verskil van al die geografies omringende tale. En dis beslis nie sinoniem met Engels nie. Afrikaans verskil ook van Nederlands. Die versoeking is soms daar om te dink dat jy nie jou eie “homegrown” Afrikaanse ritmikaliteit hoef te vind nie, dat ritme op die een of ander manier “universeel” is.

Ons woon in ’n globale wêreld, maar poëtiese ritmes is bodemgebonde. Elke taal se poësie is in eie wieg gelê. En die ritmikaliteit daarvan is taalgebonde. Vir digters van ons tyd is hierdie dilemma a point well worth interrogating.       

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  2. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  3. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Oratio obliqua8 January 2026

    Maar dan gaan Claes laer op die dieselfde bladsy (deur my vertaald) soos volg voort: "Elke mens deel met sy…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d