Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 August 20104 August 2010

Espresso boekdrukker ratel voort

Cuppalibris

Volgens ‘n berig op Boekendingen se webtuiste is die veelgeroemde Espresso Book Machine nou vir die eerste keer buite die grense van die VSA in gebruik geneem en wel deur die American Book Center in Amsterdam. Hierdie logge apparaat, wat in 2007 al deur Time Magazine as die uitvinding van die jaar aangewys is, kan binne enkele minute op aanvraag ‘n boek digitaal en wel volgens ‘biblioteekgehalte’ druk. Die lys van beskikbare titels is glo meer as drie miljoen. Hierdie prosedure is veral gewild by die herdruk van boeke wat dekades reeds onverkrygbaar is, of natuurlik vir die druk van ‘n eie boek.

Volgens Lynn Kaplanian, direkteur van die American Book Center, is dié Boek-Espresso ‘n groot aardigheid; veral vir kinders: “Het is een soort van toverlantaarntje. De zijkant is open en je ziet uiteindelijk het boek uit een gleuf vallen.”

Die EBM druk 112 bladsye per minuut en lewer die eindproduk met volkleurvoorblad en professionele binding. Volgens Kaplanian moet 5,000 boeke per jaar gedruk word ten einde die koste van dié masjien te verhaal. Ongelukkig meld die berig nie wat die koste verbonde aan dié drukproses is nie en ook nie in welke mate dit as teenvoeter op die elektroniese boek gesien kan word nie.

Vir jou leesplesier volg Dave Graham se gedig “espresso poem” onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Gister was omtrent ‘n bedrywige dag op die webblad.  So is daar nuwe bydraes deur Jan Pollet, Marius Swart, Andries Bezuidenhout, Philip de Vos, Desmond Painter en Jo Prins om te geniet; asook ‘n nuwe digstring waarin Melt Myburgh meer vertel oor die ontstaan van sy gedig “toeval” en ‘n splinternuwe vers deur Joan Hambidge.

En alreeds is dit Woensdag. Die week is daarmee heen …

Mooi bly.

LE

 

espresso poem

 

a machine scream,

steam belches

fire, through

 

beans, ground fine

packed snug

they let

 

liquid drip, dark

bitter, molten

to cup

 

thus crema sits

golden, thick

atop perfection

 

© Dave Graham

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)

Nuutste kommentaar

  1. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  2. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  3. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  4. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  5. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d