Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 August 20104 August 2010

Espresso boekdrukker ratel voort

Cuppalibris

Volgens ‘n berig op Boekendingen se webtuiste is die veelgeroemde Espresso Book Machine nou vir die eerste keer buite die grense van die VSA in gebruik geneem en wel deur die American Book Center in Amsterdam. Hierdie logge apparaat, wat in 2007 al deur Time Magazine as die uitvinding van die jaar aangewys is, kan binne enkele minute op aanvraag ‘n boek digitaal en wel volgens ‘biblioteekgehalte’ druk. Die lys van beskikbare titels is glo meer as drie miljoen. Hierdie prosedure is veral gewild by die herdruk van boeke wat dekades reeds onverkrygbaar is, of natuurlik vir die druk van ‘n eie boek.

Volgens Lynn Kaplanian, direkteur van die American Book Center, is dié Boek-Espresso ‘n groot aardigheid; veral vir kinders: “Het is een soort van toverlantaarntje. De zijkant is open en je ziet uiteindelijk het boek uit een gleuf vallen.”

Die EBM druk 112 bladsye per minuut en lewer die eindproduk met volkleurvoorblad en professionele binding. Volgens Kaplanian moet 5,000 boeke per jaar gedruk word ten einde die koste van dié masjien te verhaal. Ongelukkig meld die berig nie wat die koste verbonde aan dié drukproses is nie en ook nie in welke mate dit as teenvoeter op die elektroniese boek gesien kan word nie.

Vir jou leesplesier volg Dave Graham se gedig “espresso poem” onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Gister was omtrent ‘n bedrywige dag op die webblad.  So is daar nuwe bydraes deur Jan Pollet, Marius Swart, Andries Bezuidenhout, Philip de Vos, Desmond Painter en Jo Prins om te geniet; asook ‘n nuwe digstring waarin Melt Myburgh meer vertel oor die ontstaan van sy gedig “toeval” en ‘n splinternuwe vers deur Joan Hambidge.

En alreeds is dit Woensdag. Die week is daarmee heen …

Mooi bly.

LE

 

espresso poem

 

a machine scream,

steam belches

fire, through

 

beans, ground fine

packed snug

they let

 

liquid drip, dark

bitter, molten

to cup

 

thus crema sits

golden, thick

atop perfection

 

© Dave Graham

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d