Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 August 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. My digterlike stem se byvoeglike naamwoorde

Ek kom nou die dag op ʼn artikel van Marius Crous af, waarin hy ʼn insiggewende oorsig gee oor Afrikaanse digters se debuutbundels wat sedert 2000 gepubliseer is. Lees dit hier.

Ek sien my bundel Retoer word onder “[w]hite heterosexual male voices” geklassifiseer. Ek waardeer nogal Marius se bespreking van die bundel en die feit dat hy een van my obsessies – sosiale klas – spesifiek noem en ʼn gedig aanhaal wat daarmee worstel. Aan die einde van die artikel word daar in die rigting van verdere navorsing gewys: “The voices of white heterosexual males and their phallic obsession with female sexuality need to be examined critically.”

Nou sit en wonder ek oor my gedigte.

Oor die “white” kan ek seker nie protesteer nie, al het ek byvoorbeeld ʼn voorouer wat ʼn slaaf was. Die son herinner my gereeld aan hoe sensitief my vel is en ek is immers as “wit” deur die apartheidstaat hanteer – pens en pootjies weermag toe gestuur in die tagtigs. Van my gedigte handel tog oor die weermag, iets wat Marius ook noem.

Oor manlikheid het ek nog nooit juis sterk gevoel nie, maar die mense wat Caster Semenya moes toets sou seker op biologiese grondslag kon beweer dat ek wel manlik is. Sekere van my meer manlike familielede sou dalk objeksies hê, gegewe die gebrek aan Pascal wat my handdruk genereer. Ek weet nie of hulle die woord “performativity” sal verstaan nie en dis onwaarskynlik dat hulle met Butler of Connell  se werk bekend is.

Oor “heterosexual” kan ek as individu egter luid protesteer, siende dat ek geen sterk seksuele voorkeure het as dit kom by dinge soos geslag en “ras” nie. Dit gaan vir my veel meer oor die individu, seker ook oor dinge soos tyd, plek en konteks. Maar ʼn digter of skrywer se eie identifikasie sê niks as die leser niks daarvan in die teks kan bespeur nie. Ek wonder tog hoe presies ʼn mens seksuele oriëntasie in tekste lees sonder om met harde opposisies te werk.

Dat die heteronormatiewe wêreld in stand gehou word deur stiltes sowel as simboliese geweld (en fisiese geweld) bevraagteken ek nie. Dalk is ek as digter deel daarvan. Maar stiltes word darem vreeslik ruim as ʼn mens al die staanplekke van hedendaagse identiteitspolitiek in ag moet neem.

Ek wonder soms hoeveel byvoeglike naamwoorde ons op die ou einde op mekaar sal moet stapel om vir elkeen se identiteitspolitiek plek te maak; hetsy as posisie van mag of protes.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Digstring: Marius Crous. Die ander man
Digstring indeks →

2e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. My digterlike stem se byvoeglike naamwoorde”

  1. Leon Retief says:
    8 August 2010 at 00:19

    En ook baie diplomaties. “Phallic obsession with female sexuality” goeie grief! Weet nie wanneer laas ek so ‘n stereotiprende stelling gelees het nie.

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    4 August 2010 at 15:35

    ‘n Netjies genuanseerde reaksie, Andries.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d