n Poet in ‘n kroeg, swoeg, moeg, sonder sy notaboek. Hy wroeg; “not da dêm, not da boek, O’ koek, ek sien ‘n poem” en voor die rym hom kon ontgaan maak hy soos die spreekwoordelike boer sonder deksel of is dit nou die pot met ‘n plan en kliek sy woorde in fokus en voeg perspektief tot sy skepping met die druk van ‘n knoppie.
Beste Hennie
Ek sou nie graag wou hê dat die bloginskrywing van my as kritiek gesien moet word nie. Dit is nie regtig so bedoel nie, dalk eerder ‘n poging om ‘n aansluitingspunt tot die digvorm wat jy gebruik te verkry. As te ware ‘n voet in die deur, dan kan ek te minste uit ondervinding praat. ‘n Uitlokking tot gesprekvoering sal ek egter ook nie ontken nie.
Elkeen van jou gedigte krap elke keer my gedigte lees waarde/oordeel sisteem deurmekaar en vind ek telkens dat ek myself die verkeerde vrae in die verkeerde volgorde afvra. Dit sluit natuurlik aan by wat Charl-Pierre Naudé in die Volksblad skryf naamlik dat die digvorm mens dwing om oor die aard van poësie te besin.
Ek is besig met ‘n opvolg blog oor die onderwerp en my gedagtes daaromtrent en sal dan ook my gedig verder toelig.
Sterkte en dig/doen so voort
Ha..ha..dankie vir die kritiek lewies..