Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 August 20109 August 2010

Ter viering van die vrou

Vrouedag
Vrouedag

Vandag is Nasionale Vrouedag en uiteraard word die vrou in haar volle geskakeerdheid gevier. Tradisioneel het hierdie dag, wat sedert 1994 elke jaar op 9 Augustus gevier word, ‘n sterk politieke kleur aangesien op dié dag in 1956 het ‘n groot groep vroue ‘n veldtog begin het om ‘n einde te bring aan die paswette wat deur die destydse regering afgedwing is.

Die veldtog het begin toe ongeveer 20 000 vroue in Pretoria na die Uniegebou te voet opgetrek het om beswaar te maak teen bepaalde voorgestelde wetswysigings rakende die paswette as onderdeel van die Stedelike Groepsgebiede Wet van 1950. ‘n Petisie met meer as 100,000 handtekeninge is aan die Eerste Minister van daardie jare, J G Strijdom, oorhandig.

Na die oorhandiging het die groep vir 30 minute in stilte buite die gebou gestaan waarna hulle ‘n lied begin sing het. Die woorde (vertaal) was “Noudat jy die vroue aangeraak het, het jy aan ‘n rots geslaan.” Die woorde het die durf en krag van hierdie vroue uitgedra.

Sedert 1994 dien die Nasionale Vrouedag vieringe enersyds as ‘n herinnering aan die belangrike bydraes van vroue in Suid-Afrika en andersyds is dit terselfdertyd ‘n geleentheid om opnuut te besin oor die regte (en vreugde) van vroue.

As huldeblyk plaas ek ‘n gedig van Petra Müller, wat enkele dae gelede haar 75ste verjaarsdag gevier het, onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Gedurende die naweek het daar net twee nuwe plasings bygekom. In die Brieweboks is die laaste brief wat Hennie Aucamp aan sy vriend en mede-digter, wyle Lucas Malan, geskryf het. By die Wisselkaarten het Chris Coolsma die eerste in ‘n beoogde reeks oor wat Afrikaans vir hom as Nederlandssprekende beteken, geplaas.

Lekker lees en mag die nuwe week ‘n produktiewe een wees.

Mooi bly.

LE

 

Hulle, by die warmbad.

 

Die vrou is hernu in die modderbad.

Geliefdeste, onthul jouself! Jy is jonk vandag,

soos ‘n vroeperske, en jou vel is te teer om aan te raak.

Jy ruik soos ‘n boord vol druppels, ‘n goeie winter.

Het jy die aarde geniet, daarbinne?

 

Die modder maak dors, sê jy, en smak met jou tong.

Ek voer jou glase vol reën, helderversadig en wit.

Próé, sê ek, proe en word koel.

 

Die modder maak warm, sê jy.

Dis altyd warm waar daar herskep word, sê ek,

Skepping is vuur. Jy’t hierheen gekom vir die vuur.

Jy knik met jou kop, ‘n stadige op en ‘n af.  En dan

sit jy skoongeskrop en stil in jou handdoek, die een

wat jou liggaam bedek soos ‘n tent.

 

Dis swaar op die hart, sê jy, kyk, ek beef, gee my iets

teen die beef, en jy reik ver af in jou longe na asem.

 

Ja, lewe is altyd op soek na die sterk hart,

iets wat nie die lawa vrees nie, of die hittebinneste

van die gewoonste ding. Soos dat een mens een-alleen

die ander een kan liefhê tot die grond self afkoel

rondom hulle …

 

Maar ek sê dit nie. Ek voer jou van die sterk wit pepermente

deur jou rittelende tande, in jou dieprooi mond.

 

© Petra Müller (Uit: Versindaba 2006, Protea Boekhuis)

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Ter viering van die vrou”

  1. Gerhard says:
    9 August 2010 at 08:14

    Dit is seker goed dat jy ‘n Nuuswekker doen oor “Vrouedag”, Louis. Vanoggend is daar egter die volgende hartverskeurende berig in Beeld. Dit werp nogal ‘n ironiese blik op die hele kwessie van vrouedag.
    Gaan kyk by: http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Ek-het-R30-se-7-jarige-vir-aanvaller-20100808

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB
  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d