
Enkele maande gelede het ek berig oor die eerste omvattende bloemlesing van die Ierse digkuns wat op daardie stadium in die vooruitsig gestel was. Intussen het ons wel voorraad van dié allemintige boek ontvang, en watter leesplesier is dit nie! Alles wat ek gehoop het dit sal wees …
Daarom plaas ek graag onderstaande Nuuswekker weer by wyse van aptytwekker.
Dit word vry algemeen aanvaar dat die Ierse digkuns een van die mees dinamiese digkunste ter wêreld is, en indien ‘n mens in ag neem hoeveel digters aktief daarby betrokke is, verbaas dit ook nie. So het Patrick Kavanagh by geleentheid die (ietwat moedswillige) opmerking gemaak dat “the standing army of Irish poets never falls below 20,000.”
Daarom is die publikasie van ‘n nuwe bloemlesing, “An Anthology of Modern Irish Poetry” deur Belknap/Harvard, ‘n besonder welkome gebeurtenis. Hierdie monumentale werk, wat deur Wes Davis saamgestel is, betrek die poësie van meer as 50 digters in ‘n baksteen van ‘n boek van 967 bladsye.
Wat dié bloemlesing egter uitsonderlik maak, is dat dit die digters wat in Engels skryf, sowel as die wat in Iers (of meer korrek: Hiberno-English) skryf, in een band byeenbring. In sy bespreking van die bloemlesing op The Wall Street Journal se webblad stel Richard Tillinghast dit soos volg: “Clearly the long decline of Irish in ordinary life shows no sign of abating-much to the alarm of many Irish poets, even though most of them don’t use the language in their own work. Perhaps inevitably, then, the tension between Irish and English words is also at play in this anthology. Pearse Hutchinson, for instance, who has worked in both Irish and English, writes in the poem “Achnasheen” of ‘The Gaelic names beating their wings madly / behind the mad cage of English.’ His best-known poem, ‘The Frost Is All Over,’ begins: ‘To kill a language is to kill a people.'”
En daarmee wil ek volstaan. Gaan lees gerus die volledige oorsig en bespreking deur Tillinghast. Waar ek met die vorige Nuuswekker Michael Hartnett (1941 – 1999) se hartskeurmooie gedig “Death of an Irishwoman” geplaas het, plaas ek vanoggend ‘n vers van David Wheatley, een van hul jonger digters, hier onder.
***
Sedert gister het daar drie nuwe bydraes op die webblad bygekom. So vertel Andries Bezuidenhout van die pasafgelope Oppikoppi-musiekfees en skryf Jelleke Wierenga oor Vrouedag en hoekom sy soms soos ‘n Maer Maria voel. Ook is daar ‘n nuwe digstring geplaas waarin ek vertel van die ontstaansgeskiedenis van “Melopee“, die sluitgedig in my onlangse digbundel, Wat die water onthou.
En daarmee is die week ook al weer daarmee heen.
Geniet die naweek wat op hande is. Ons hervat weer Maandag.
Mooi bly.
LE
My Back Pages
I crossed the sea. Half my address book
blew away and never came back.
It’s one way to weed the cabbage patch.
I never did like them all that much.
I stopped sending Christmas cards and letters.
The other half went. I never felt better.
Which left me and the takeaway man,
except when I got down to one
I wasn’t so sure I made the cut
so mine was the page that I ripped out.
I’d decided I liked me less and less
I’d done my throwing out in reverse.
I was the lack that I’d always lacked.
Get rid of me and you’re all welcome back.
© David Wheatley (1970)