Militante Russiese digter gevonnis

Yulia Privedennaya

Yulia Privedennaya

In ‘n vreemde toedrag van sake is ‘n jong 34-jarige Russiese digter, Yulia Privedennaya, tot 4½ jaar opgeskorte tronkstraf gevonnis op die aanklag dat sy ‘n jeugkamp in die Lyuberetsky-distrik buite Moskou as ‘n onwettige, militante kommune bedryf het. Deel van die aanklagte teen Privedennaya was ook dat ‘n aantal van die jongmense in dié kamp onwettig deur haar aangehou en aangerand is.

Privedennaya is ‘n senior aktivis vir PORTOS, ‘n organisasie met ‘n Russiese akroniem wat volgens die Moscow Times staan vir “The Poetic Society for Development of the Theory of the Common Good”. In ‘n verklaring na die uitspraak het ‘n skugter, half-bedeesde Privedennaya haar soos volg oor die aangeleentheid uitgelaat: “We have been educating kids and bringing them to museums, but the court didn’t want to find out the truth.” Die feit is egter dat ‘n hele aantal vuurwapens in die kamp gevind is en dat van die jongmense met dié wapens gedreig is. Volgens die regter se uitspraak het Privedennaya vier Ukraïeniese jeugdiges teen hul sin aangehou en hul selfs gedwing om swaar hande-arbeid te verrig en lyfstraf uitgedeel wanneer hulle nie na wense gewerk het nie.

Privedennaya het egter beweer dat die straf nodig was nadat die betrokke jeugdiges hulle skuldig gemaak het aan vloekery en drankmisbruik. Hierdie straf is aangevul deurdat sy hulle gedwing het om gedigte te skryf en ook oor hul daaglikse werksaamhede verslag te doen in wat sy beskryf het as hul “diaries of external happiness.”

Hierdie is egter nie die eerste keer dat daar ‘n botsing tussen PORTOS en die owerhede was nie. Twee lede van dié organisasie, wat in 2000 deur ene Yury Davidov gestig is, is in 2002 tronkstraf opgelê vir soortgelyke optredes. In dieselfde jaar is Davidov vir verpligte psigiatriese waarnemeing verwys en tot 2006 in ‘n inrigting vir sielsiekes aangehou. Hy is verlede jaar oorlede.

Lees gerus die volledige berig op The Moscow Times se webblad. En terwyl dit hier onder andere oor die gebruik van poësie as vorm van straf handel, herinner dit onwillekeurig aan Seamus Heaney se onvergeetlike “Punishment” wat ek graag heelonder vir jou leesplesier aanhaal. (Terloops, op die webtuiste Twentieth-Century Poetry from text to context is daar ‘n fantastiese bespreking deur Peter Verdonk oor die kwessie van kontekstualisering in dié aangrypende vers.)

***

Sedert Vrydag her daar drie nuwe inskrywings bygekom: Andries Bezuidenhout skryf oor die jaar 2000 toe hy begin sing het, Desmond Painter vertel Friedrich Engels en Danie Marais in Bremen en by Nuwe Stemme tree Lewies Botha in gesprek met Hennie Meyer oor die kwessie van konkrete poësie.

Sommer ‘n lekker verskeidenheid om die week mee te begin.

Lekker lees en geniet die week wat op hande is.

LE

 

Punishment

 

I can feel the tug

Of the halter at the nape

Of her neck, the wind

On her naked front.

 

It blows her nipples

To amber beads,

It shakes the frail rigging

Of her ribs.

 

I can see her drowned

Body in the bog,

The weighing stone,

The floating rods and boughs.

 

Under which at first

She was a barked sapling

That is dug up

Oak-bone, brain-firkin:

 

Her shaved head

Like a stubble of black corn,

Her blindfold a soiled bandage,

Her noose a ring

 

To store

The memories of love

Little adulteress,

Before they punished you

 

You were flaxen-haired,

Undernourished, and your

Tar-black face was beautiful.

My poor scapegoat,

 

I almost love you

But would have cast, I know,

The stones of silence.

I am the artful voyeur

 

Of your brain’s exposed

And darkened combs,

Your muscles’ webbing

And all your numbered bones:

 

I who have stood dumb

When your betraying sisters,

Cauled in tar,

Wept by the railings,

 

Who would connive

In civilized outrage

Yet understand the exact

And tribal, intimate revenge.

 

 

© Seamus Heaney

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •