Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 August 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Oopmond, langs Lyttelton se treinspoor

Ek het hierdie foto by Liezl Steffens gesteel, uit Oopmond se Facebook-biblioteek. Vir die rekord: Ons het verlede Saterdagaand, 14 Augustus 2010, nog ʼn Oopmond by Steak & Ale in Lyttelton gehou. Dis ‘n poetry slam met ‘n verskil, want die gedigte word op die plek getoonset ook. So ontstaan twee nuwe songs by elke geleentheid. 

Heel voor sit Emile Swiegers van die Tuindwergies, wat sopas ʼn buiging by Oppikoppi gemaak het. Agter, van links na regs, is Melt Sieberhagen, Dawie de Jager (ook van die Tuindwergies), Ronel Nel, Nardus du Plooy (van die Kaalkop Waarheid), Johannes Prins, Rene Bohnen, Johannes van Jerusalem, Jaco Lotter (ook van die Kaalkop Waarheid), Niel van Deventer en ek, met die wynglas in die hand en die hartseer uitdrukking onder die National Union of Mineworkers-pet.

Dis die eerste keer dat een van my pogings getoonset is – deur Emile en Dawie van die Tuindwergies – en ek is heeltemal stomgeslaan oor wat hulle daarmee kon doen. Ek skat as die Oopmond-span genoeg nuwe komposisies het, moet hulle ʼn CD opneem.

Ek dink die volgende een vind op 23 September om 18:00 in Nelspruit se stadsaal plaas.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Foto’s van “Ek sê, Ziyawa”
Andries Bezuidenhout. Oopmond vanaand in Nelspruit →

3e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Oopmond, langs Lyttelton se treinspoor”

  1. Ronel Nel says:
    25 August 2010 at 17:52

    Skies ek val nou so laat in, maar Andries. Daai gedig van jou oor Leica was ongelooflik. En Daaf-hulle het dit SO mooi getoonset.
    As Versindaba wil saamspeel, bring ons daai CD saam uit – MET ‘n bundel van al die impromtu-gedigte oor die afgelope klomp Oopmonde!

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    18 August 2010 at 14:29

    Louis, dankie vir daai link na Annie se verslag en foto’s!

    Reply
  3. Louis says:
    18 August 2010 at 14:14

    Andries, op LitNet het Annie Klopper pas haar verslag oor Oppikoppie (met foto’s) geplaas. Die skakel is: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=91415&cat_id=1536
    Oor “Oopmond” – dit is waarskynlik die eerste (en mees beduidende) geleenthede waartydens Afrikaanse digters en musici op só ‘n daadwerklike wyse handevat … Welgedaan! En jou voorstel van ‘n CD is ‘n goeie een, beslis.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d