Ek het gister toevallig ‘n uitstekende artikel op die Slate webblad raakgelees. Dit handel oor voorstellings, en dikwels wanvoorstellings, van ‘anderstaligheid’ in Hollywood rolprente. Die skrywer, Eric Hynes, identifiseer nege sulke representasionele strategieë, en elkeen word deur ‘n vermaaklike videogreep uit ‘n bekende rolprent geïllustreer. Hier is Hynes se eie verduideliking van sy projek: ‘We tend to take language for granted; how foreign speech is handled in film shapes our experience as viewers, usually without our knowing it. The accompanying slide show explores the various ways that filmmakers negotiate foreign speech, highlighting those films that approach the problem as an opportunity to deepen the story.’ Interessant genoeg verwys Hynes nie na Alejandro González Iñárritu se onlangse Oscarbekroonde Babel nie — ‘n film wat globalisering, veeltaligheid en die moontlikhede van interkulturele vertaling en begrip trompop loop. Nogtans, dit is ‘n uitstekende, insiggewende en vermaaklike stuk, lees dit gerus!
Alejandro González Iñárritu se heel beste film is myns insiens steeds “Amores Perros”. Om daarna te kyk is ‘n bykans fisieke ervaring!