Trompetgeskal vir De Contrabas

Chrétien Breukers

Chrétien Breukers

“Vijf jaar geleden begon ik incidenteel te rommelen in het gezellige onderonsje, dat de vaderlandse poëziewereld is. Niet om er iets aan te veranderen, uiteraard, want dan kun je net zo goed meteen (of beter) tegen een blinde muur gaan praten, maar gewoon – omdat het kon. De steen in de vijver heeft in elk geval kringen gemaakt. Dat is altijd een fijn gezicht.”

So begin Chrètien Breukers die oorsig van die eerste 5 jaar van De Contrabas se bestaan op die internet. En watter segetog was dit nie vir hom en Jan Pollet en vele ander medewerkers nie! In dié bestek het De Contrabas hom nie net gevestig as een van die mees gerekende webtuistes vir die digkuns wêreldwyd nie, maar ook ‘n beduidende rol gespeel in die Vlaams-Nederlandse letterkunde en die debatte wat daar rondom ontstaan het en steeds gevoer word.

Met ‘n besoekerstal van rondom 50,000 per maand en ‘n totaal van 2.3 miljoen besoeke sedert hul vestiging op 21 Augustus 2005 is hulle beslis ‘n krag wat nié geïgnoreer kan word nie … Veral ook weens die feit dat hulle enkele jare gelede begin het met die uitgee van eie publikasies en veral vanjaar ‘n besonderse sukses hiermee behaal het soos ek in ‘n vroeëre Nuuswekker berig het.

Op ‘n meer persoonlike vlak wil ek dan sommer hiermee erken dat De Contrabas vir my en Marlise ‘n belangrike inspirasie was met die vestiging van die Versindaba-webblad ‘n rapsie meer as ‘n jaar gelede, en groot was ons verbasing toe ons kort na ons eie vestiging ‘n brief van Chrètien en Jan ontvang het waarin hulle ‘n alliansie tussen ons webblaaie voorgestel het … ‘n Voorstel wat tot ‘n gesonde (en gewaardeerde) interaksie tussen ons onderskeie inisiatiewe aanleiding gegee het, want tans dui statistiek daarop dat bykans ‘n derde van ons eie besoeke uit die Laer Lande afkomstig is. As sulks is dit iets wat nie net op ‘n groter prominensie van die Afrikaanse digkuns in Nederlandstalige gebiede verseker nie, maar terselfdertyd help dit om die Afrikaanssprekende poësieliefhebber se kennis en insig van een van die mees dinamiese digkunste ter wêreld daadwerklik te verbreed.

En waar die interaksie aanvanklik bestaan het uit die plasing van skakels wedersyds, was daar mettertyd ook die toevoeging van maandelikse Nuusbriewe en meer onlangs, Chrètien en Jan wat as gereelde medewerkers tot Wisselkaarten toegetree het. Om nie eens te praat van die agter-die-skerms skakeling ten opsigte van bemoediging, raad en verskaf van kontakte nie.

Dankie, Chrètien en Jan … Julle is inderdaad ‘n inspirasie vir almal wat rondloop met hul eie droompies van nat vuurpyle. Ons klap saam met al jul ondersteuners hande hier aan die ander kant van die aardbol. Mag die volgende vyf jaar eweneens ‘n glorietydperk vir julle wees.

Saluut!

As huldeblyk plaas ek een van Chrètien Breukers se vroeëre gedigte onder aan vanoggend se Nuuswekker, en ook een van Jan Pollet se wonderlike “typetjes” van Pessoa wat hy onlangs in Wisselkaarten geplaas het.

***

Op hierdie heuglike Maandagoggend is daar drie nuwe plasings om aan te kondig. Aan die blogkant van sake is daar Philip de Vos se huldeblyk (met twee besonderse foto’s daarby) oor Fiona Coyne wat verlede week oorlede is en Desmond Painter wat skryf oor Hollywood en die toring van Babel.

Nog ‘n besonderse stuk om te lees is uiteraard die onderhoud, “Om op ver paaie te loop“, wat Costa André Georghiou met Johann Lodewyk Marais gevoer het.

Geniet dit en mag dié week in alle opsigte iets besonders wees.

Mooi bly.

LE

 

IMPASSE

We stonden in de keuken. Ik dacht:
‘Straks pak ik haar;’ maar pakken deed ik
niet. Mijn handgebaar verplaatste slechts
ijle waterdamp. Ik praatte oude

dichters na. Ik brabbelde wat over mijn
geschrijf, dat uit de dichte la. En zij,
zij speelde dat ze luisterde en keek
hoe wijzers op de klok verschoven

tot het voorgeschreven uur. Er moest,
er zou echt iets gebeuren. Maar mijn armen
hingen naar beneden. Mijn benen stonden stil.

Het werd avond. Het werd nacht. Het was
de tijd voor geesten en veredelde vermetelen.
Zwijgend stonden we. We waren al gestold.

 

© Chrétien Breukers, 2005

 

Typetje Pessoa 

De toekomst zou de toekomst niet zijn als hij zich niet reeds
in deze kleurenprent had verstopt.
Meer zelfs: het echte leven heeft bezit genomen van deze afbeelding
die uit een stille droom geschapen is.

Ach wat doet het er toe.
De droom is de jas van het echte leven.
De toekomst is de paraplu boven de regen
die gisteren de straten van de stad schoonveegde.

En mijn lichaam is de envelop
die dit gedicht naar zijn bestemming brengt
De nachtwinkel waar iedereen vroeg of laat komt.
Niemand weet wanneer.
Zelfs niet ongeveer.

 

(c) Jan Pollet

 

 

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Trompetgeskal vir De Contrabas”

  1. Louis :

    ‘n Interessante toevoeging tot bogenoemde wat ek pas van Daniel Hugo ontvang het, is dat Chrètien Breukers se gedig hierbo ‘n besonderse interteks bewerk met Marthinus Nijhoff se gelyknamige vers. Volgens Daniel het verskeie Afrikaanse digters ook dié gedig van Nijhoff intertekstueel bewerk, by name: TT Cloete, Merwe Scholtz en hyself.
    Graag plaas ek ter verdere toeligting Nijhoff se gedig hieronder. By Meander is daar in hul reeks Klassiekers ‘n bespreking van dié betrokke gedig wat gelees kan word: http://klassiekegedichten.net/index.php?id=24

    Impasse

    Wij stonden in de keuken, zij en ik.
    Ik dacht al dagen lang: vraag het vandaag.
    Maar omdat ik mij schaamde voor mijn vraag
    wachtte ik het onbewaakte ogenblik.

    Maar nu, haar bezig ziend in haar bedrijf,
    en de kans hebbend die ik hebben wou
    dat zij onvoorbereid antwoorden zou,
    vroeg ik: waarover wil je dat ik schrijf?

    Juist vangt de fluitketel te fluiten aan,
    haar hullend in een wolk die opwaarts schiet
    naar de glycine door het tuimelraam.

    Dan antwoordt zij, terwijl zij langzaamaan
    druppelend water op de koffie giet
    en zich de geur verbreidt: ik weet het niet.

    Martinus Nijhoff (1894-1953)

    Uit: ‘Verzamelde gedichten’, vierde druk (1974)
    Uitgever: Bert Bakker

  2. Louis :

    Pas weer van Daniel Hugo verneem en hierdie bydraes is inderdaad besig om interessant te raak … Volgens hom het Nijhoff self twee weergawes van “Impasse” gepubliseer. (Kan iemand dalk help met die ander weergawe as die een wat ek hierbo geplaas het?)
    Nietemin, hieronder volg Daniel se eie antwoord op Nijhoff; ‘n vers waarin hy (net soos Chrètien) inspeel op “Awater”, daardie ander gróót vers deur Martinus Nijhoff.

    Die digter en sy bruid
    (na Martinus Nijhoff)

    Ons-twee staan in die kombuis: ek en sy.
    Ek dink al dae lank: vra dit vandag.
    Maar omdat ek tog skaam is vir die vraag
    moet ek vir die geskikte oomblik wag.

    En nou, hier waar sy die borde blinkvryf,
    het ek die beste kans om dit te waag.
    (So sal ek ‘n spontane antwoord kry.)
    Ek vra: Waaroor wil jy dat ek skryf?

    Presies toe gee die fluitketel ‘n sein
    – ‘n vertrekkende trein wat skielik stoom –
    sodat sy gesluier in damp verdwyn.

    Dan antwoord sy, terwyl sy byna loom
    die water plegtig op die koffie giet
    en die geur om ons sprei: ‘n bruilofslied.

    (c) Daniel Hugo (uit: Die twaalfde letter, Protea Boekhuis, 2002)

  3. Louis :

    Ook die TT Cloete – en Merwe Scholtz-weergawes waarna Daniel verwys het, kon ek opspoor. Ter wille van volledigheid plaas ek hulle hieronder. (Terloops, weet iemand dalk in welke mate daar al navorsing gedoen is oor Nijhoff se invloed op die Afrikaanse digkuns?!)
    Lekker lees,
    Louis

    Impasse
    – ik weet het niet?

    Ons staan in die kombuis, ‘n vrou en ek.
    “Waaroor, Kokkie, wil jy dat ek moet skryf,
    Voorsitter van die Reg van Vrou en Wyf,
    kom sê so ongeveer in die bestek

    van veertien verse, slim Doktor Ciclopia,
    kom sê wat wíl jy hê?” “’n Strak sonnet,
    metries, vol leestekens, en ek belet
    dat jy swaar woorde kies, skryf dom, ek vra

    dat jy my nié moet irriteer nie – vir my
    ook géén Latyn nie, net wat moeiteloos
    kan lees terwyl ek afval voorberei.

    Streel my, maak my plesierig, my ou bielie,
    en geen erns, net teer emosies soos
    ‘n veer wat prettig oppervlakkig kielie.”

    © TT Cloete (Uit: Jukstaposisie, 1982: Tafelberg Uitgewers)

    Impasse

    Ons sit in die slaapkamer, sy en ek,
    en omdat ek al dae lank wag op die vraag,
    dag ek: sal ek dalk.

    Terwyl sy hare kam, die brouers git,
    haar dye bo swart nylons blakend wit,
    dag ek: vra haar vandag.

    En toe begin die voordeurklokkie bel:
    die groenteman of so ‘n hel.
    Ek staan op, trek my broekie aan
    en dag: nader kon dit waaragtig nie,
    nooit lyk sy weer so pragtag nie:
    en koop ‘n kas papajas vir die hel.

    © Merwe Scholtz (Uit: Mantessa, 1986: Tafelberg Uitgewers)

  4. Daniel Hugo :

    Hier is Nijhoff se ander weergawe van die gedig:

    Wij stonden in de keuken, zij en ik.
    Ik dacht al dagen lang: vraag het vandaag.
    Maar omdat ik mij schaamde voor de vraag
    wachtte ik het onbewaakte ogenblik.

    Maar nu, haar bezig ziend in haar bedrijf,
    en de kans hebbend die ik hebben wou
    dat zij onvoorbereid antwoorden zou,
    vroeg ik: waarover wil je dat ik schrijf.

    Juist vang de fluitketel te fluiten aan.
    Weer is dit leven vreemd als in een trein
    te ontwaken en in ander land te zijn.

    En zij antwoordt, terwijl zij langzaam-aan
    het drup’lend water op de koffie giet
    en de damp geur wordt: een nieuw bruiloftslied.

    (“Verzamelde gedichten”, zesde druk, Uitgeverij Bert Bakker, Amsterdam, 1976, p. 450)

  •