Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 August 201019 July 2024

Niel van Deventer. Wanneer ek skape sien dans op die 7-uur nuus in Afrikaans.

 

“…dis aaklig om te sien hoe die skaap-mentaliteit ons kry…”

Fokofpolisiekar – Tygerberg Vliegtuig

Daar was so paar jaar gelede ‘n moerse trend op ‘n kunstefees waar baie mense skielik ‘n hemp gedra het waarop daar staan: “niemand verstaan my nie, miskien is ek ‘n kunstenaar.”

Dit was aanvanklik vir my half snaaks, maar toe ek die sewende ou sien wat nounet sy two-tone kakie hemp vervang het met daardie hemp, toe het ek maar net ander pad gekyk en vinniger bier gedrink.

Die aanhaling waarmee hierdie blog begin is natuurlik een van die grootste ironië van ons tyd. Die feit dat Fokofpolisiekar as die oorspronklike predikers teen die skaapmentaliteit van Afrikaners een van die grootste sheep-followings tot gevolg gehad het wat ons seker nog onder ‘n jong generasie in hierdie land gesien het laat my lag.

Elke tweede ou probeer deesdae soos Francois van Coke lyk of sing. Die ander helfte ry nog rond op bakkies en soek slagoffers vir flaptrap. Of so voel dit baie keer vir my.

Waar los dit jong Afrikaners?

Ek weet nie, dit voel vir my of ons besig is met ‘n game Monopoly en konstant daardie verlammende kaartjie trek wat sê “gaan reguit tronk toe, moenie by begin verby skuif nie en moenie twee honderd rand insamel nie”

In ‘n gedig uit Danie Marais se bundel Al is die maan ‘n misverstand genaamd “Swart Spookasem” begin hy met die volgende lyne:

“Pathetic earthlings, who can save you now?

Evil Emperor Ming in Flash Gordon (The movie)

Ek was kwaad in my jonger dae,

maar nou is ek hatig.

My woede is ‘n uitgemaakte saak

ingelê in stilte –

‘n Bengaalsetier – fetus in ‘n konfytfles

op die rak.

Ek eet my woede soos swart spookasem

wanneer ek oorlog, armoede en Lotto kyk

op die 7 uur-nuus in Afrikaans…”

Dit is ‘n wonderlike gedig en ek dink elkeen wat hom nog nie gelees het nie, moet hom in die hande kry en lees!

Ek het die ander aand presies so gevoel toe ek op die 7 uur nuus in Afrikaans sien van die impak wat die stakings op onskuldige kinders en babas het. Ek het gewens dat daar meer mense kan wees wat vir hulle self kan dink en minder wat almal so in dieselfde rigting neuk as die voorste ou.

Aan die een kant voel ek vir die onderwysers in Suid Afrika, want ek dink al jare dat hulle salarisse skandalig is, maar aan die ander kant weet ek ook dat ek, as ek nog in die skool was, hierdie staking vir die res van my skoolloopbaan sou gebruik het as verskoning vir ‘n dag of twee af so elke dan en wan.

Ek het verlede jaar die Dinsdag oggend net na die Easter Oppikoppi gesit en die naweek se Rapport gelees en die volgende neergepen, dit is die tipe ding waarvoor ek kan tronk toe gaan as die nuwe voorgestelde mediawet deurgevoer word, so toe dog ek, ek plaas dit maar nou terwyl ek nog kan:

 

Manifesto in Blou

En nou kondig jy die einde so sonder seremonie aan.

Jy sê God het met jou gepraat.

Jy moet rigting kry en jou pad weer gelyk trek.

En ek tjek op die koerant dat hulle ook skepties is

oor Angus se geldmaak aksies.

En ek vra vir die skape waar ek verby ry omverskoning

dat ek mense soms met hulle vergelyk.

Die waarheid ruik nie lekker vanaand nie,

maar hy moet uit en ek drink maar verder whisky

met die hoop dat ek hom uitkots en vind tussen

whisky, gal en hopelik hoop.

Want dié het ook gefokof,

saam met PW, FW of Nelson

en ek het nie gedink ek sal ooit

‘n parallel tussen daai manne kan trek nie,

maar vanaand mis ek hulle almal as ek

Jacob soos ‘n slang sien smile.

God is ook weg en ek,

ek huppel maar so op my eie,

op my eie wysies, want dalk kruip

hy net weg vanaand agter rook,

agter die sterre of die maan.

Of dalk is hy inderdaad in Greytown,

by daai mighty men conference

en dis die dat hy my vanaand weer so

aspris ignoreer.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Niel van Deventer. Wanneer ek skape sien dans op die 7-uur nuus in Afrikaans.”

  1. Mariana says:
    5 September 2011 at 17:28

    Jy het nie nodig om my mail adres te he nie, want as jy soveel nonsens op die web kan skryf wil ek nie eers weet wat skryf jy op jou mails nie. Miskien moet jy gaan stilsit en die Here onverskoning vra vir hierdie gemors wat jy kwytraak en Hom nog ook daarin noem nie. God sal jou NOOIT verlaat of vir jou wegkruip nie, Hy is altyd by ons, dis JY wat agter jou bottel whisky vir Hom wegkruip. Ek sal baie seker maak om nooit weer hierdie webtuiste oop te maak nie. God laat nie met Hom spot nie, onthou dit altyd………….

    Reply
  2. Wysneus says:
    24 August 2010 at 21:31

    Jy sal hou van Peter Hitchens se Rage Against God, of jy nou met hom saamstem of nie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Resensie: “De Ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)
  • Jacobus Swart. Franz Kafka
  • Gerard Scharn. Abstract portret door Wopko Jensma
  • Marthé McLoud. Gogo

Nuutste kommentaar

  1. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  2. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  3. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

  4. Anira van der Walt on Floris van Zyl. ‘n tafereel van haat en lus en liefde7 May 2025

    Pragtige gedig Floris.

  5. Anita Van der Walt on Nuwe Versindaba-kompetisie: Skryf ‘n ekfrastiese gedig7 May 2025

    Ekfrasties se moer Eksellent eksekutief Eksklusief eksegeties Eksoties beproef

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d