Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 August 201027 August 2010

Antwerpen se ding met reuse

Handwerpen
Handwerpen

Volgens legende het ‘n reus genaamd Druoon Antigoon in die voorgeskiedenis van Antwerpen wydsbeen in die Schelderivier gestaan en tolgeld van alle verbygangers geëis. Tot ‘n romeinse soldaat met die naam Silvius Brabo die reus in ‘n magtige geveg verslaan het. Silvius Brabo het toe die reus se hand afgekap en dit oor die rivier gewerp na waar die stad (h)Antwerp(en) mettertyd tot stand gekom het. (Op die Grote Markt-plein is daar ‘n wonderlike beeld wat dié heroïese daad herdenk.)

Nietemin, my Nuuswekker vanoggend handel eintlik oor Peter Holvoet-Hanssen, Antwerpen se geliefde stadsdigter wat pas sy vyfde “stadsgedig” gelewer het. Die titel daarvan is “Reuzenlied” en is geskryf na aanleiding van die beroemde Franse steltlopers, Royal de Luxe, wat hierdie week op besoek in Antwerpen is. Volgens die berig op Antwerpen se amptelike webblad eindig dié gedig met “een slaapliedje voor de Kleine Reuzin, een berceuse met een knipoog naar Van Ostaijen en alle kinderen van de stad” en vanaf verlede Vrydag kan dié liedjie op 10 meterlange baniere gelees word wat op prominente plekke in die stad aangebring is.

Dié gedig is egter ook deur Walter Mets getoonset en kan hier beluister word. Inderdaad iets besonders …

‘n Verrassing op dié webblad is egter die verwysing na ons eie Charl-Pierre Naudé wat in Junie, op uitnodiging van Holvoet-Hanssen, aan die Felix-poësiefees in Antwerpen deelgeneem het. In reaksie op die stadsdigter se reuse-inisiatief het Charl-Pierre ‘n eweneens ‘n besonderse gedig geskryf wat via ‘n skakel op genoemde webblad gelees kan word. Aangesien dit ‘n lang gedig is, plaas ek net die eerste twee strofes as lusmaker onder aan vanoggend se Nuuswekker.  Maar dalk sal Charl-Pierre sy bydrae mettertyd volledig op sy blog plaas?

Mmm, die hoop beskaam nie.

***

Vanoggend is daar twee besonderse briewe in die Brieweboks. Eerstens, ‘n brief wat van NB Uitgewers ontvang is betreffende die wetsontwerp oor die beskerming van inligting en tweedens, ‘n brief van Peter Holvoet-Hanssen oor die pasafgelope fees van reuse in Antwerpen en die rol wat gedigte daarin gespeel het. (Terloops, dié fees is deur 800,000 mense bygewoon. Lees gerus die berig op De Morgen se webblad.)

Aan die blogkant van sake is daar twee blogs ontvang: deur Niel van Deventer en Andries Bezuidenhout en albei het losweg te make met ontstellende gebeure in die land tans.

Ten slotte – ons het ook gister die program vir vanjaar se Versindaba-poësiefees ontvang en dit lyk besonder indrukwekkend. Gaan kyk gerus hier en begin solank jou planne maak om dit by te woon … Dit gaan beslis iets baie spesiaal wees.

Mooi bly.

LE

 

Reusegedig

(Of Continental interface)

 

Vroeër was daar.

‘n Stad.

‘n Stad was daar.

Soldate het die mure

vol gate geskiet.

Hoe skitter die pokmerke

nie in die maanlig nie …

Soos die klinknaelpak

van Elvis Presley.

O, versiering!

O, dieper betekenis!

Van Berlyn

tot Maputo.

Katanga.

Die flitsende

pangas.

 

——————–

 

Vroeër was daar.

‘n Reus.

Die reus

het ‘n groot gebou

vol klein, klein handjies geplak.

Die handjies

was afkomstig

uit Afrika.

Klein, as jy ‘n reus is.

Reusagtig, as jy klein is.

‘n Kopbeen is al

wat nou van hom oor is.

Swart. Soos silwer.

Sterre. ‘n Skitterring.

Van muskiete.

Malaria! Aa, kinders.

Rat-a-tat!

In die sonlig

(sonlig!)

blink die wande

van die M.A.S.

soos die snykante

van diamante.

 

© Charl-Pierre Naudé

 

* Nota: M.A.S. = Museum aan de Stroom, Antwerpen-hawe

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Antwerpen se ding met reuse”

  1. Desmond Painter says:
    25 August 2010 at 17:58

    ‘n Opstopper van ‘n gedig deur Charl-Pierre.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d