Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 September 20101 September 2010

Recensieweb vier 5 jaar op die internet

Daan Stoffelsen & kollegas
Daan Stoffelsen & kollegas

Net soos De Contrabas einde verlede maand 5 jaar op die internet gevier het, het nóg ‘n belangrike webtuiste hul vyfjarige bestaan in dieselfde tyd gevier. Dit is naamlik Recensieweb wat onder die redakteurskap van Daan Stoffelsen bestaan en tot op datum reeds ‘n 1,000 resensies oor nuwe publikasies geplaas het en boonop kan spog met ‘n maandelikse besoekerstal van ongeveer 30,000. Gewis laat hulle reg geskied aan hul motto van “Nieuwe literatuur, Nieuwe gidsen“.

In sy oorsig van dié 5 jaar maak Stoffelsen egter ‘n paar vreemde opmerkings ten opsigte van ‘n bepaalde gevoeligheid jeens kritiek op húl kritiek: “In de loop der jaren heeft Recensieweb zijn critici gehad, en een van de terugkerende kritiekpunten is het weinig vernieuwende karakter van de vorm van onze besprekingen. Ons is zelfs verweten te doen alsof we avant-garde zijn (met ‘nieuwe literatuur, nieuwe gidsen’) en niettemin niet allemaal piepjong te zijn. Daarvoor is zowel een positieve als een negatieve reden aan te wijzen. De positieve is dat we denken goed te zijn in deze traditionele besprekingen, met een kop en een staart, aandacht voor boek én taal en met een sluitende argumentatie, en dat we denken dat literaire kritiek in de basis zo hoort te zijn: geïnformeerde, informerende, argumenterende en beargumenteerde recensies.”

Mmmm, miskien moet iemand aan hom vertel van Danie Craven se antwoord toe die vraag aan hom gestel is hoe hy kritiek jeens hom hanteer. Sy antwoord het daarop neergekom dat daar in Afrikaans die spreekwoord bestaan dat hoë bome die meeste wind kry; maar, het hy bygevoeg, dit is ook so dat die meeste honde juis dié bome uitkies om hul been teen te lig. So, wanneer jy kritiek ontvang, moet jy maar besluit of dit die wind is wat deur jou takke waai en of dit gewoon ‘n hond is wat sy been lig …

Nietemin, vroeër vanjaar het Recensieweb ‘n paneelbespreking oor die kwessie van literêre kritiek  en die rol wat die internet het om te speel, gereël. (Die foto hierbo is hoeka tydens dié geleentheid geneem.) Al die bydraes en besprekingspunte kan steeds hier op hul webblad gelees word. So, gaan kyk gerus indien hierdie onderwerp iets van belang is vir jou.

Terloops, die enigste punt van kritiek wat ek jeens Daan Stoffelsen en sy inisiatief het, is dat die digkuns darem maar ‘n bra terloopse teenwoordigheid op dié andersens indrukwekkende blad is. ‘n Meer opwindende ontwikkeling is dat De Contrabas pas bekend gemaak het dat hulle van Oktober af ‘n allianse met Poëzierapport vestig wat beteken  dat soveel as twee poësie-resensies per week op hul webblad gaan verskyn. Inderdaad iets om na uit te sien …

***

Aangesien Desmond Pianter die afgelope tyd op reis is in Engeland het hy sy bydraes  weens die tydsverskil later as wat die gebruik is, geplaas. Die gevolg is dat ek sy twee plasings weens ‘n bepaalde slaperigheid aan my kant gemis het. Graag vestig ek dus jou aandag op sy inskrywings oor ‘n ontroerende skildery en sekere ervarings wat hy tot nou toe in Londen gehad het … Dan is daar ook ‘n plasing deur Andries Bezuidenhout oor ‘n musikale geleentheid in die Musaion in Pretoria en ook ‘n brief in die Brieweboks deur Joan Hambidge oor die Ingrid Jonker-prys wat nie vanjaar toegeken gaan word nie.

 En daarmee eers weer groet.

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  2. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  3. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Oratio obliqua8 January 2026

    Maar dan gaan Claes laer op die dieselfde bladsy (deur my vertaald) soos volg voort: "Elke mens deel met sy…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d