
Ek het lank gewik en weeg of ek ‘n Nuuswekker hieroor moet pleeg aangesien dit nou nie rêrig met poësie te make het nie. Maar, nou ja. Danksy Lina Spies se voortreflike vertaling van Anne Frank se dagboek is sy en die kultus rondom haar darem nou ook ietsie meer as ‘n terloopse teenwoordigheid in ons letterkunde.
En natuurlik sal heelwat van ons lesers dalk eendag op besoek wees in Amsterdam en soos die grootste gros van ons, sal ook hulle besoek wil bring aan die Anne Frank-gedenkhuis te Prinsengracht 263. Dalk sal hulle selfs wil kyk na die kastaiingboom in die agterplaas waaroor die jonge Anne so gereeld geskryf het en waaraan sy soveel vreugde gehad het … Helaas, nou is hulle vir ewig te laat, want dié boom is enkele weke gelede glo tydens ‘n stormwind omgewaai. (Terloops, volgens ‘n berig op De Telegraaf se webblad was daar egter enkele ure ná die boom tot niet is, reeds stukke van die boom op Markplaats.nl te koop aangebied.)
Nietemin, De Contrabas berig soos volg oor dié besonderse aangeleentheid: De Anne Frankboom was jarenlang de stoffelijke vorm, waarin de Anne Frank-industrie zich kon manifesteren zonder de verdenking van commercialiteit op zich te laden. Hij was totempaal, sjibbolet en klaagmuur tegelijk. De boom stond in een eerbiedwaardige, maar gedateerde traditie van boomheiligdommen. Met het meisje Anne Frank, dat is verraden door een Nederlandse politieagent en vermoord in een Duits concentratiekamp, had en heeft het allemaal niets te maken, dat gedrentel rond een kastanje (die nog figureerde in een bloemlezing gemaakt door Nanne Nauta, overigens). Anne Frank schreef haar dagboek, deels als verslag en deels als een werk van verbeelding, kunst. Zij kon toen zij haar regels schreef niet vermoeden (gelukkig maar) dat ze het onderwerp zou worden van bedevaart en mythologie. Als ze uitkeek op de kastanjeboom, zag ze de boom die in haar gedachten was verbonden met vrijheid, met dromen waarvan het uitkomen haar niet is gegund. Ze zag iets, dat wij nooit, zelfs al lezen we haar dagboek vijftig keer en gaan we een maand in haar achterhuis wonen, met de luiken dicht en de lichten uit – iets dat wij nooit kunnen zien.”
En vir die digter? Wel, indien jy ‘n vers oor dié besonderse boom gepleeg het (soos ek), sal jy uiteraard jou vers na die verlede tyd moet herskryf. Met die nodige blosings en verleentheid plaas ek vir jou leesplesier my poging heelonder.
Sug. Is daar dan niks op deeske aarde wat stand kan hou nie?!
***
Sedert gister was dit maar aan die stillerige kant op die webblad. Desmond Painter het darem ‘n nuwe stuk geplaas oor twee besonderse boekwinkels in Londen. Jo Prins vermaak ons weer met ‘n spitsvondige waarneming op sy blogblad.
Inderdaad ‘n goeie geleentheid om in te haal op jou agterstallige leeswerk.
Geniet dit.
LE
in die agtertuin
nu is het voor alles te laat
Martinus Nijhoff (Uit: Het uur U)
binne die westerkerk se haarbreedte
te prinsengracht twee honderd drie-en-sestig
het eens ‘n kastaiingboom krom
in die agtertuin
van ‘n doodnormale huis
gestaan –
vanagter toegetrekte gordyne kon jy sien
hoe tydsaam dié boom sy pas makeer
tussen seisoene deur, maar helaas, geen kind
het dit na buite durf waag
om in sy koeltes
te speel
terwyl honderde mense daagliks op aandag
staan en wag om in geduldige linies
een vir een besoek te bring aan ‘n huis
waar niemand meer
tuis is nie
(c) Louis Esterhuizen
Lolita & Runa – dankie vir die vriendelike woorde. Maar nou ja, die boom was darem bykans ‘n 100 jaar oud, nè. 🙂
Hallo, ik ben van Belgie en ik lees hier regelmatig. Ik vind het een heel knap blog en, Louis, een mooi gedicht. Zucht, nee, er is niets dat eeuwig standhoudt…
Mooi vers Louis! So jammer oor die boom. Ek onthou die huis van lank gelede. Ten minste het Anne se dagboek stand gehou, nie waar nie. Soos die liefde. Soms.