Philip de Vos. ‘n Versie vir Patrick Mynhardt
En tussen dié programme kry ek eergister een wat sê: PATRICK MYNHARDT celebrates 50 years in the Theatre (1953 – 2003) with BOY FROM BETHULIE.
Elke keer wat Patrick vir my en Peter kom kuier het, was ek bewus van die feit dat ek met ’n ware gentleman te doen het; iemand wat nog kon bel of skryf en dankie-sê nadat hy jou besoek het.
En in dié program kry ek ’n lang vers wat ek spesiaal vir Patrick geskryf het – ’n vers wat nooit êrens in druk verskyn het, of selfs deur iemand – behalwe deur Patrick, gelees is nie.
Destyds was daar nog die S.A.K.R.U.K- toekennings vir (wit) Suid-Afrikaners wat êrens ’n kulturele bydrae gelewer het. Die vorige jaar was dit die dirigent Leo Quayle, Taubie Kushlick, die filmmaker Pierre de Wet, en Anna Cloete, ’n vroeë NTO-toneelspeler vereer is. Ek is juis dié jaar gevra om ’n lang vers vir Anna Cloete te skryf, wat toe deur Albie Louw getoonset is en deur my by die toekenningsaand in die Nico Malan-operahuis gesing is.
Die volgende jaar was dit Patrick Mynhardt se beurt. Weereens is ek genader vir ’n vers wat getoonset sou word. Al die inligting oor Patrick is aangestuur, en nadat ek die versie geskryf het, was die enigste terugvoering dat daar nie genoeg geld was nie, en dié versie het dus vergete gebly tot ek dit weer in die boks ontdek het:
PATRICK MYNHARDT
THE BOYTJIE FROM BETHULIE
Please listen to my story;
Please listen to my song
and when we reach the chorus
you are free to sing along.
CHORUS:
Dear Patrick Mynhardt
Your fans all love you truly!
Dear Patrick Mynhardt
the boytjie from Bethulie! (repeat)
Sy pappa was ‘n boereseun;
Sy ma – an Irish gal,
En dus sal ek sy storie
maar bilingually vertel:
Een aand in die dorpie Bethulie
Die weer was bitterlik koud
Is ‘n bybietjie gebore.
(Gelukkig tog was hul getroud!)
CHORUS:
Dear Patrick Mynhardt
Your fans all love you truly
Dear Patrick Mynhardt
the boytjie from Bethulie!
Ons hoop hy word ‘n dokter;
of dalk ‘n argitek;
or otherwise a salesman
wat glad is met sy bek.
Toe – laat een middag kuier hul
by die buurvrou Missus Barling
en daar sê hy sy eerste woord
en dit was wragtig: “Darling!”
‘n Bybietjie wat “Darling” sê
word eendag mos an actor.
But Mamma really wanted him
to be a chiropractor!
Die jare kom, die jare gaan.
Ja, dis ‘n nare feit .
En toe stuur hul hom Grahamstad toe
na die universiteit.
“Miskien kry hy sy Bachelors,
of anders dalk sy Masters,
Maar – oh, alas – die drie jaar was
vol yslike disasters!
Maar daar hoor hy van Hamlet
“It’s an actor’s life for me!”
In neëntien drie-en-vyftig
join hy die NTO
Want hy dog toe dis vreeslik nice
as mense skree: “Bravo!!”
Then off he went to London
(an actor’s dream of heaven)
But soon became a porter:
Number K 1 0 3 7.
While he was pushing luggage
(With theatre still besotted)
quoting Hamlet as he worked –
by agents he was spotted.
So thanks to dear old Shakespeare’s
and BBC TV!
In nineteen sixty back he came.
Some bitch sighed:” Oh,Good grief!”
But Patrick said:”Ag, shame on you!
Ek het my land te lief!”
He then read H.C.Bosman
in nineteen sixty-nine.
And Patrick cried: “Eureka!
I’ve found a diamond mine!”
“I’ve been in more than ninety plays,
in films and also theatre
Maar nóú weet ek Schalk Lourens
van Marico is veel beter!
Nou doen ek “Jerepigo”
Tot die einde van my dae.
An actor also has to live,
En waarom sal ek kla?
I might not be Clark Gable
Or Lord Olivier …
Maar die Boytjie van Bethulie
Sal vir áltyd hierso bly
The Boytjie from Bethulie!
(Weliswaar ’n weggooiversie, maar tog een wat my destyds groot plesier gegee het en as ’n soort dankie-sê vir Patrick vir sy Boere-ordentlikheid.)
Ag dis pragtig, Philip! het jy geweet dat daar ‘n paar Ierse harpe in sy sitkamer gestaan het? Hy was té geheg daaraan om een te verkoop:-(
Ellen – Van Patrick – larger than life – sal ek vir altyd mooi herinneringe hê. Van die Ierse harpe was ek nie bewus nie, want ek was nooit by hom aan’t huis nie.