Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 September 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. vir die winterwind om op te hou waai

Albert de Vos het ʼn baie mooi song geskryf met die titel “September 2001”. In die lied is daar ʼn vrou wat in haar BMW langs die see parkeer, waar sy bly sit. “Net nog ʼn siel wat wag vir die winterwind om op te hou waai,” sing Albert. Die lied se titel is al leidraad na waarna daar verwys word.

Vandag, nege jaar gelde.  Ek sit in my kantoor, kyk gou op die internet wat in die nuus gebeur. Op News24 se web is ʼn foto van ʼn brandende gebou. (Ek sou later by my ouer broer Nick, wat toe vir Media 24 gewerk het, hoor dat hulle pas die tegnologie aangeskaf het wat TV beelde oombliklik na ʼn rekenaarformaat toe kan oordra; dis nou om Big Brother op die web ook te kan dek.) Die storie sê dis in New York. Ek roep my Amerikaanse kollega Bridget, wat in die kantoor reg oorkant myne sit. Sy kom kyk. “My God! It’s the World Trade Centre,” skree sy.

Ons hardloop af na die koffiekroeg langs die Wits Theatre. Hulle het ʼn TV. ʼn Hele paar mense staan reeds en kyk CNN. Ons sien hoe nog ʼn vliegtuig deur die tweede wolkekrabber se glas en beton ploeg. Ek hoor hoe ʼn paar mense saggies sê: “Yes!” Amper soos as iemand van jou span ʼn doel skop, of eerste oor die wenstreep hardloop.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Andrea Sieberhagen. Koljander so deur die bos
  • Keith Oliver Lewis. vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway
  • 100 Duitse Bestes: Hermann Hesse (1877-1962)
  • Nini Bennett-Moll. Die veelkantige oeuvre van Marlise Joubert
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns II

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)17 June 2025

    Baie dankie, Ilse. Dié vertaalprojek is ‘n opwindende en uitdagende onderneming soos min vir my en Robert.

  2. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  3. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  4. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  5. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d