Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 September 201013 September 2010

Briewe van ʼn jong Uys Krige by Versindaba 2010 bekend gestel

Briewe van Uys Krige
Briewe van Uys Krige

Die bekendstelling van Peet van Aardt se versameling briewe deur Uys Krige, Briewe van Uys Krige uit Frankryk en Spanje, beloof om ʼn besondere geleentheid te wees tydens vanjaar se Versindaba. Dié geliefde digter, skrywer en dramaturg is vanjaar ʼn eeu gelede gebore. Krige se dogter, Eulalia, en sy suster Suzanne Fox, sal op Saterdag 18 September om 09:00 in die Ou Hoofgebou op die US-kampus eregaste wees wanneer uitgewer Petrovna Metelerkamp met Van Aardt gesels oor die publikasie.

Peet van Aardt, voormalige Rapport-joernalis en tans nuusredakteur by Nuus24, sê dat sy belangstelling in Krige se briewe geprikkel is deur John Kannemeyer. Toe Van Aardt na afloop van sy studentedae op ʼn reis na Europa vertrek, het die bekende literatuurhistorikus hom aangemoedig om die briewe van ʼn jong Uys Krige saam te neem.

In 2009 het Van Aardt ʼn meestersgraad in Edisiewetenskap onder Kannemeyer, buitengewone professor aan die US se Departement Afrikaans en Nederlands, voltooi. Die onderwerp: Uys Krige se briewe wat hy as jong man tydens sy eerste oorsese reis geskryf het.

“Ek kon identifiseer met die briewe wat Krige in sy vroeë twintigs uit Frankryk en Spanje geskryf het toe hy die wye wêreld vir die eerste keer ingevaar het,” sê Van Aardt. “Dit verteenwoordig die belangrike ontwikkeling van Krige as jong, verlore seun tot die periode toe sy debuutbundel Kentering verskyn het.

“Byna soos in my geval 70 jaar later, was daar die avontuur van Krige se eerste oorsese reis, die familiebriewe, sy verblyf by Roy Campbell in Frankryk totdat hulle voor die skuldeisers moes vlug Spanje toe …

“Campbell het as leermeester natuurlik ʼn groot invloed op Uys gehad. By hom aan huis is hy blootgestel aan die Europese digkuns en het hy digters van oor die hele wêreld ontmoet,” sê hy.

Peet van Aardt
Peet van Aardt

Voordat Krige in 1935, met die uitbreek van die Spaanse Burgeroorlog, teruggekeer het na Suid-Afrika, het hy kennis gemaak met sy eerste groot liefde, Emilia. Briewe aan Uys se familie wat lig werp oor die liefdesverhouding met Emilia is ook in die bundel opgeneem.

Briewe van Uys Krige uit Frankryk en Spanje het ontstaan uit die tesis wat Van Aardt onder leiding van Kannemeyer voltooi het. Die boek, wat deur Hemel en See Uitgewers gepubliseer word, sal vir die eerste keer beskikbaar wees by Versindaba teen R220-00.

Op Saterdag 18 September om 09:00 by Versindaba gesels Metelerkamp met Van Aardt oor die publikasie. Die bekende akteur Nic de Jager lees voor uit Krige se briewe. Kaartjies kan ook by die deur gekoop word teen R30-00.

 

 

 

 

 

Vir die volledige program, klik hier. https://versindaba.co.za/2010/08/23/program-woordfees-versindaba-2010/ Besprekings by Computicket. http://www.computicket.com/web/

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Desmond Painter. Uys Krige se Spaans-Amerikaanse Keuse
Philip de Vos. My Hond (deel twee) →

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Andries de Beer
  • Digtersprofiel: Anita van der Walt
  • Digtersprofiel: Gerhard Barkhuizen
  • Hennie Maartens. geboorteplek
  • Uitnodiging: Imprimatur

Nuutste kommentaar

  1. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  2. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  3. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

  4. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Baie dankie, Joan!

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Skitterende digter! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d