Desmond Painter. Een jaar later!

Ek besef vanoggend dat ek my eerste bloginskrywing op hierdie webblad presies ‘n jaar gelede gemaak het. Wel, gelukkige verjaardag aan my blog! Dit was en bly werklik ‘n plesier om hier te skryf. Nie net het ek heelwat nuwe vriende gemaak nie (en vyande?), maar ook ‘n ruimte gevind waarin ek my passies, obsessies en irritasies skaamteloos kan paradeer!

Die lewendige, dinamiese aard van hierdie webblad is steeds vir my ‘n plesier. Wat ek die meeste van hou, is dat so baie mense soveel energie, woorde en idees hier kom bestee, sonder om iets materieel in ruil te verwag, sonder dat dit eerstens gaan oor betaling en wins. Die rekenmeester hou nie wag oor ons aktiwiteite hier nie, niemand tel die woorde en die ure nie. As ons hier te make het met ‘n ekononie, dan is dit ‘n ekonomie van oorvloed, nie van skaarste nie. Versindaba bly ‘n ruimte waar mense besoek aflê en deelneem aan gesprekke suiwer omdat hulle belang het by die onderwerp. Mag dit so bly, en mag die webmeesters my nog ‘n jaar lank verduur as blogger!

Siende dat ek nou vandag terugkyk wil ek sommer van die geleentheid gebruik maak om nog ‘n jong Britse digter hier bekend te stel. Dit is David Briggs, en die gedig wat ek plaas is, heel gepas, sy ‘Self-portrait in a rear-view mirror’. Briggs is in 1972 gebore en woon tans in Bristol. Sy debuutbundel, The Method Man, is in 2010 gepubliseer. Hy is ook ‘n musikant en het in 1999 die album Landscape and Liability uitgereik. Kom ons stel hom aan die woord:

 

Self-portrait in a Rear-view Mirror – David Briggs

The road home cuts through a floodplain
pocked with pylons, like those we climbed
when children fleeing the suburb
in expedition to the river.

Myth warned of leeches
snicking piss-warm shallows;
of the kid who peeled off wet trunks
and found one bristling on his bell-end;

of pike teeth snagging foreskins
like barbed-wire. We waded in
timidly, until a silt-ooze
between toes made us hazard

our bodies against currents.
A dense silage-musk seemed to bend
willow boughs low over cold water —
hopeful parabolas we dived

under skies too pure to conceive
drowning, too lucid to believe
the cautionary tales beloved
of adults. Distant tractor engines.

Lowing of milk-glutted cattle.
Marsh bird cackle. Sudden wing-flap
from green rushes. Barely one mile
from the industrial estate,

the motorway, the power plant
(though too far by half
we found in an emergency).
Now, the river is widening

as I drive into the city,
and the pylons retreat behind
a furrowed brow in the rear-view mirror:
the fresh-ploughed thoughts of the child.

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Desmond Painter. Een jaar later!”

  1. Marlise :

    Desmond, baie geluk met die viering van jou eerste jaar as blogger by ons! Jy is een van ons goue bloggers wat altyd iets interessant uit jou mou of laaie kan gooi na ons toe. En dit op gereelde basis. Gedrewe, vermaaklik, soms akademies; leersaam. Ek hoop van harte dat jy nog ‘n jaar of meer by ons sal wees.
    Dankie vir al jou komplimente vir ons webblad!
    Groete.

  •