Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 September 201017 September 2010

Dit is feestyd, inderdaad!

Uitnodiging

Vanaand om 19:00 begin die Woordfees se Versindaba met die US Kollokwium in die SASOL Kunsmuseum op Stellenbosch. En watter besondere geleentheid gaan vanjaar se fees nie wees nie! Die Woordfees het werklik ‘n uiters indrukwekkende program saamgestel; ‘n program waar dit bykans onmoontlik is om hoogtepunte op uit te sonder …

Die Kollokwium gaan uiteraard iets besonders wees; veral weens die konseptualisering daarvan. Marlene van Niekerk, wat vir die Kollokwium se organsisasie verantwoordelik is, het ‘n aantal digters genader en hulle gevra om ‘n “Brief aan Suid-Afrika” te skryf in navolging van Allen Ginsberg se beroemde gedig “America“. Digters wat hieraan gaan deelneem, is onder andere Loftus Marais, Marius Crous, Diana Ferrus, Melt Myburgh en Petra Müller. Ook Breyten Breytenbach en Charl-Pierre Naudé het gedigte gestuur wat voorgelees sal word. Toegang is gratis.

Nog hoogtepunte sal sekerlik die drie huldigingsgeleenthede wees: Uys Krige se briewe uit Frankryk en Spanje wat pas in boekvorm verskyn het (09:00, Ou Hoofgebou), Wilhelm Knobel wat vanjaar 75 sou gewees het (14:00, Ou Hoofgebou), en MM Walters wat vanjaar sy 80ste verjaarsdag vier en tydens Saterdagaand se Digtersgala (19:00, De Kelder, Lanzerac Hotel) vereer sal word.

Dan is daar natuurlik ook nog die Dana Mouton-gedenklesing wat vanjaar deur Joan Hambidge aangebied word (10:00, Ou Hoofgebou). Sy gaan praat oor “Die digteres as Lorelei – Ingrid Jonker se tweede lewe in enkele verse van Johann de Lange.”

Iets wat egter ‘n groot handeklap vir die Woordfees verdien, is die manier waarop hulle daarin geslaag het om veral die jonger digters by die fees te betrek. Van die twee werkswinkels vir laerskoolleerlinge (10:00, Ou Hoofgebou), tot die optredes van Scottsville se Piemp-digters (11:00, Ou Hoofgebou) en ander debuutdigters tydens Kraakvars! (15:00, Ou Hoofgebou) en Verras! (21:30, De Kelder, Lanzerac Hotel). En dan moet daar ook nie vergeet word van Koos Oosthuysen en Antjie Krog se gesprek oor die Xhosa-gedigte in Afrikaanse vertaling nie …

Maar nou ja, uiteraard word Saterdagaand se Digtersgala (19:00, De Kelder, Lanzerac Hotel) geoormerk as die spoggeleentheid tydens vanjaar se fees. Nie net vorm ‘n hele galery van ons vernaamste digters, van wie daar bundels hierdie jaar verskyn het, deel van die program nie, maar ook Lize Beekman se optrede gaan iets spesiaals wees; plus natuurlik, die aankondiging (en oorhandiging) van die Protea-prys vir poësie vir die beste bundel wat in die voorafgaande jaar verskyn het. (Terloops, nog iets om na uit te sien tydens die Digtersgala is die voordragte deur die professionele woordkunstenaars Johann Nel en Elsabe Daneel.)

Soos reeds gesê – die US Woordfees verdien ‘n enorme pluimpie vir ‘n geskakeerde, omvattende program. ‘n Program wat inderdaad ons digkuns waardig is …

Al wat nou nog nodig is, is jou teenwoordigheid.

So, maak ‘n plan en wees daar!

Ke Nako. Dit is tyd.

***

Vanoggend fokus ons graag jou aandag op nuwe bydraes deur Marcelle Olivier, Charl-Pierre Naudé en Jo Prins; Marcelle skryf oor ‘n besonderse ateljee in Cambridge, Charl-Pierre vertel van ‘n nuwe webblad en Jo plaas ‘n nuwe vers. In die verskamers is daar nuwe gedigte deur Marius Crous en Loftus Marais. Nog besonderse plasings is Zandra Bezuidenhout se vertaling van Wislawa Szymborska se gedig “Foto van 11 September” en ook ‘n huldeblyk aan Barend J. Toerien wat ‘n jaar gelede oorlede is. Dit is in die Brieweboks geplaas.

Geniet dit alles; dis ‘n fees wat op hande is.

Mooi bly.

LE

  

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, Eddy van Vliet en “Hierdie mens”
  • Wat lees jy? “Klein Konings” deur Theo Kemp.
  • AVBOB Persverklaring
  • Marthé McLoud. Vaart op die Li-rivier
  • Digtersprofiel: Caren Kearley

Nuutste kommentaar

  1. Willem Van der Merwe on Willem S van der Merwe. Haai Koes!9 February 2026

    Dankie Joan! Ek sal mooi luister :)

  2. Joan Hambidge on Willem S van der Merwe. Haai Koes!7 February 2026

    Hoe lekker lag ons nou. Mooi! Luister na Oom Daan. Hy sal kies en uitsoek.

  3. Bernard Odendaal on Willem M. Roggeman. Mettertijd4 February 2026

    Boeiende gedig. Die “oprisping van seconden” later almal opkyk!

  4. Gerard Scholtz on Marius Scholtz. Breyten se reis na vryheid vanuit Pollsmoor2 February 2026

    Aandoenlik Marius. Dankie.

  5. Yves T'Sjoen on Marius Scholtz. Breyten se reis na vryheid vanuit Pollsmoor2 February 2026

    Veel dank, Francis, voor de interessante informatie. Beschik jij eventueel over een kopie van deze bijdragen? Zo niet ga ik…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d