Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 September 201017 September 2010

Persvrystelling: Breyten Breytenbach wen Protea-poësieprys

Breyten wen Proteaprys vir Poësie

Marlise Joubert & Nicol Stassen
Marlise Joubert & Nicol Stassen

Saterdagaand het Breyten Breytenbach die Proteaprys vir Poësie vir sy digbundel oorblyfsel / voice over ontvang. Die prys is tydens die sesde jaarlikse Versindaba te Stellenbosch deur dr. Nicol Stassen van Protea Boekhuis aan Breytenbach se uitgewer, me. Alida Potgieter van Human & Rousseau, oorhandig. Breytenbach is die eerste persoon wat dit twee keer ontvang het aangesien sy vorige bundel, die windvanger, dié prys in 2008 verower het. Dit is die sesde keer dat die prys oorhandig word en behels ‘n kontantbedrag en ‘n oorkonde. Die Proteaprys vir Poësie is in 2005 in die lewe geroep om meer prominensie aan Afrikaanse digkuns te verleen en word aan die beste Afrikaanse digbundel van die vorige jaar toegeken. Vorige wenners van die prys is Charl-Pierre Naudé, Gilbert Gibson, Antjie Krog en Loftus Marais.

Hoewel Breytenbach in die verlede verklaar het dat die toekenning van poësiepryse ‘n onding is, het hy ‘n pleidooi gelewer vir die stigting van ‘n fonds om jonger digters ‘n bietjie finansiële onafhanklikheid te bied en die prysgeld van die prys geskenk vir ‘n fonds vir die aanmoediging van jong digters. Breytenbach het ook die geleentheid gebruik om hom uit te spreek teen die “beoogde Sensuurhof en die Stalinistiese wetgewing wat dit moontlik gaan maak vir alle sogenaamde Intelligensie-agente, en ander diewe en trogvrate ook, om hulle onbekwaamheid en gekonkel onder ‘n kombers van geheimhouding en intimidasie weg te steek”. “Ons behoort ten minste te kan weet hoe en deur wie ons verneuk word,” het hy voortgegaan.

Breytenbach het ook die Palestynse kwessie aangeroer en die hoop uitgespreek dat die skrywersvolk hulle sal beywer om ‘n toevlugsoord te bied vir Palestynse skrywers en kunstenaars. Die bundel wat die toekenning ontvang het, is juis ‘n voortgesette gesprek met die persoon en die werk van die Palestynse digter, Magmoed Darwiesj, ná die oorlye van Darwiesj.

Gewoonlik word die Ingrid Jonker-prys vir die beste debuutbundel van die vorige jaar ook op dié geleentheid toegeken maar hierdie jaar is dit nie toegeken nie, nadat die komitee, Rustum Kozain, Gus Ferguson en Danie Marais, besluit het om die toekenning van die prys terug te hou.  Dié vreemde besluit het ‘n opstand onder digters ontketen wat met die ter perse gaan hiervan nog nie ontlont is nie.

Nicol Stassen

Besturende direkteur

Protea Boekhuis

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d